1 Quei tre uomini cessarono di rispondere a Giobbe perché egli si credeva giusto. 2 Allora l’ira di Eliù, figlio di Baracheel il Buzita, della tribù di Ram, si accese; 3 si accese contro Giobbe, perché riteneva giusto sé stesso anziché Dio; si accese anche contro i tre amici di lui perché non avevano trovato di che rispondere, sebbene condannassero Giobbe. 4 Ora, siccome quelli erano più anziani di lui, 5 Eliù aveva aspettato a parlare a Giobbe; ma quando vide che dalla bocca di quei tre uomini non usciva più risposta, si accese di ira. 6 Allora Eliù, figlio di Baracheel il Buzita, rispose e disse:
"Io sono giovane di età e voi siete vecchi; perciò mi sono tenuto indietro e non ho osato esporvi il mio pensiero. 7 Dicevo: ‘Parleranno i giorni, e il gran numero degli anni insegnerà la saggezza’. 8 Ma quello che rende intelligente l’uomo è lo spirito, è il soffio dell’Onnipotente. 9 Non sono saggi quelli di lunga età, né sono i vecchi quelli che comprendono il giusto. 10 Perciò dico: ‘Ascoltatemi; vi esporrò anche io il mio pensiero’. 11 Ecco, ho aspettato i vostri discorsi, ho ascoltato i vostri argomenti, mentre andavate cercando altre parole. 12 Vi ho seguito attentamente, ed ecco, nessuno di voi ha convinto Giobbe, nessuno ha risposto alle sue parole. 13 Non avete dunque ragione di dire: ‘Abbiamo trovato la saggezza! Dio soltanto lo farà cedere; non l’uomo!’. 14 Egli non ha diretto i suoi discorsi contro di me, e io non gli risponderò con le vostre parole. 15 Eccoli sconcertati! non rispondono più, non trovano più parole. 16 Ho aspettato che non parlassero più, che tacessero e non rispondessero più. 17 Ma ora risponderò anch’io per conto mio, esporrò anch’io il mio pensiero! 18 Perché sono pieno di parole, e lo spirito che è dentro di me mi stimola. 19 Ecco, dentro di me c’è come vino rinchiuso, come otri pieni di vino nuovo, che stanno per scoppiare. 20 Parlerò dunque e mi solleverò, aprirò le labbra e risponderò! 21 Lasciate che io parli senza riguardi personali, senza adulare nessuno; 22 poiché io non so adulare; se lo facessi, il mio Creatore mi toglierebbe subito di mezzo.
1 TOE het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.
2 En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.
3 Sy toorn het ook ontvlam teen sý drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.
4 Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.
5 Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.
6 EN Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.
7 Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.
8 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
10 Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.
11 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.
12 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.
13 Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.
14 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.
15 HULLE staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.
16 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?
17 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.
18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.
19 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.
20 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.
21 Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.
22 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!