1 Giobbe riprese il suo discorso e disse:
2 "Come vive Iddio che mi nega giustizia, come vive l’Onnipotente che mi amareggia l’anima, 3 finché avrò fiato e il soffio di Dio sarà nelle mie narici, 4 le mie labbra, no, non diranno nulla di ingiusto e la mia lingua non proferirà falsità. 5 Lungi da me l’idea di darvi ragione! Fino all’ultimo respiro non mi lascerò togliere la mia integrità. 6 Ho preso a difendere la mia giustizia e non cederò; il cuore non mi rimprovera uno solo dei miei giorni. 7 Sia trattato da malvagio il mio nemico e da perverso chi si alza contro di me! 8 Quale speranza rimane mai all’empio quando Iddio gli toglie, gli rapisce la vita? 9 Iddio presterà forse orecchio al suo grido, quando verrà su di lui la sventura? 10 Potrà egli trovare piacere nell’Onnipotente? invocare Iddio in ogni tempo? 11 Io vi mostrerò il modo di agire di Dio, non vi nasconderò i disegni dell’Onnipotente. 12 Ma queste cose voi tutti le avete osservate e perché dunque vi perdete in vani discorsi? 13 Ecco la parte che Dio riserva all’empio, l’eredità che l’uomo violento riceve dall’Onnipotente. 14 Se ha un gran numero di figli, sono per la spada; la sua progenie non avrà pane per saziarsi. 15 I superstiti sono sepolti dalla morte, e le loro vedove non li piangono. 16 Se accumula l’argento come polvere, se ammucchia vestiti come fango; 17 li ammucchia, sì, ma se ne vestirà il giusto, e l’argento lo spartirà l’innocente. 18 La casa che egli si costruisce è come quella della tarma, come il capanno che fa il guardiano della vigna. 19 Va a letto ricco, ma per l’ultima volta; apre gli occhi e non è più. 20 Terrori lo sorprendono come acque; nel cuore della notte lo rapisce un uragano. 21 Il vento orientale lo porta via, ed egli se ne va; lo spazza in un turbine dal suo posto. 22 Iddio gli scaglia addosso le sue frecce, senza pietà, per quanto egli tenti di scampare ai suoi colpi. 23 La gente batte le mani quando cade, e fischia dietro di lui quando lascia il luogo dove stava.
1 EN Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
2 So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het —
3 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus —
4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!
5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.
6 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.
7 MY vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.
8 Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny — as God sy siel wegneem?
9 Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?
10 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?
11 EK sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.
12 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?
13 Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:
14 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
15 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
16 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder —
17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.
18 Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.
19 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en — is nie meer nie.
20 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.
21 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.
22 En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.
23 Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.