1 Allora Giobbe rispose all’Eterno e disse:
2 "Io riconosco che tu puoi tutto, e che nulla può impedirti di eseguire un tuo disegno. 3 Chi è colui che senza intelligenza offusca il tuo disegno? Sì, ne ho parlato; ma non lo capivo; sono cose per me troppo meravigliose e io non le conosco. 4 Ti prego, ascoltami, io parlerò; io ti farò delle domande e tu insegnami! 5 Il mio orecchio aveva sentito parlare di te ma ora il mio occhio ti ha visto. 6 Perciò mi ravvedo, mi pento sulla polvere e sulla cenere".
7 Dopo che ebbe rivolto questi discorsi a Giobbe, l’Eterno disse a Elifaz di Teman: "La mia ira è accesa contro di te e contro i tuoi due amici, perché non avete parlato di me secondo la verità, come ha fatto il mio servo Giobbe. 8 Ora dunque prendete sette tori e sette montoni, venite a trovare il mio servo Giobbe e offriteli in olocausto per voi stessi. Il mio servo Giobbe pregherà per voi; e io avrò riguardo a lui per non punire la vostra follia; poiché non avete parlato di me secondo la verità, come ha fatto il mio servo Giobbe". 9 Elifaz di Teman e Bildad di Suac e Zofar di Naama se ne andarono e fecero come l’Eterno aveva loro ordinato; e l’Eterno ebbe riguardo a Giobbe. 10 Quando Giobbe ebbe pregato per i suoi amici, l’Eterno lo ristabilì nella condizione di prima e gli rese il doppio di tutto quello che gli era già appartenuto. 11 Tutti i suoi fratelli, tutte le sue sorelle e tutte le sue conoscenze di prima vennero a trovarlo, mangiarono con lui in casa sua, lo confortarono e lo consolarono di tutti i mali che l’Eterno gli aveva fatto cadere addosso; e ognuno di loro gli diede un pezzo d’argento e un anello d’oro. 12 L’Eterno benedisse gli ultimi anni di Giobbe più dei primi; ed egli ebbe quattordicimila pecore, seimila cammelli, mille paia di buoi e mille asine. 13 Ebbe anche sette figli e tre figlie; 14 e chiamò la prima, Colomba; la seconda, Cassia; la terza, Cornustibia. 15 In tutto il paese non c’erano donne così belle come le figlie di Giobbe; e il padre assegnò loro un’eredità tra i loro fratelli. 16 Giobbe, dopo questo, visse centoquarant’anni e vide i suoi figli e i figli dei suoi figli fino alla quarta generazione. 17 Poi Giobbe morì vecchio e sazio di giorni.
1 TOE het Job die Here geantwoord en gesê:
2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.
4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!
5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.
6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
7 EN nadat die Here Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die Here aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
8 Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
9 Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die Here aan hulle gesê het; en die Here het Job in guns aangeneem.
10 En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
11 Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die Here oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring.
12 En die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.
13 Daarby het hy sewe seuns en drie dogters gehad.
14 En hy het die eerste genoem Jemíma en die tweede Kesía en die derde Kerenhappug.
15 En in die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Job nie; en hulle vader het hulle 'n erfdeel gegee onder hulle broers.
16 En Job het daarna honderd-en-veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.
17 En Job het gesterwe, oud en afgeleef.