1 Allora Bildad di Suac rispose e disse:
2 "Quando porrete fine alle parole? Ragionate, e poi parleremo. 3 Perché siamo considerati come bestie e perché siamo ai vostri occhi degli esseri impuri? 4 O tu, che nella tua amarezza laceri te stesso, dovrà la terra, a causa tua, essere abbandonata e la roccia essere rimossa dal suo luogo? 5 Sì, la luce dell’empio si spegne, e la fiamma del suo fuoco non brilla. 6 La luce si oscura nella sua tenda, e la lampada che gli sta sopra si spegne. 7 I passi che faceva nella sua forza si accorciano, e i suoi disegni lo conducono alla rovina. 8 Poiché i suoi piedi lo traggono nel tranello, e va camminando sulle reti. 9 Il laccio lo afferra per il tallone, e la trappola lo cattura. 10 Sta nascosta in terra per lui un’insidia, e sul sentiero lo aspetta un agguato. 11 Paure lo atterriscono tutto intorno, lo inseguono, gli stanno alle calcagna. 12 La sua forza viene meno dalla fame, la calamità gli sta pronta al fianco. 13 Gli divora pezzo dopo pezzo la pelle, il primogenito della morte gli divora le membra. 14 Egli è strappato dalla sua tenda che credeva sicura, e fatto scendere verso il re degli spaventi. 15 Nella sua tenda abita chi non è dei suoi, e la sua casa è cosparsa di zolfo. 16 In basso si inaridiscono le sue radici, in alto sono tagliati i suoi rami. 17 La sua memoria scompare dal paese, non si ode più il suo nome per le campagne. 18 È scacciato dalla luce nelle tenebre, ed è bandito dal mondo. 19 Non lascia tra il suo popolo né figli, né nipoti, nessun superstite dove egli soggiornava. 20 Quelli di occidente sono stupiti della sua sorte, e quelli di oriente ne sono inorriditi. 21 Certo sono queste le dimore dei perversi e questo è il luogo di chi non conosce Iddio".
1 TOE het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
3 Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn — sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?
5 JA, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
7 Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
8 Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.
9 'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.
10 'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.
11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.
12 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.
13 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.
15 DAAR woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
16 Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
19 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
20 Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.
21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.