1 Io avevo stretto un patto con i miei occhi: non avrei fissato lo sguardo sopra una vergine. 2 Che parte mi avrebbe assegnato Iddio dall’alto e quale eredità mi avrebbe dato l’Onnipotente dai luoghi eccelsi? 3 La sventura non è forse per il perverso e le sciagure per quelli che fanno il male? 4 Iddio non vede forse le mie vie? non conta tutti i miei passi? 5 Se ho camminato insieme alla menzogna, se il mio piede si è affrettato dietro alla frode 6 (Iddio mi pesi con la bilancia giusta e riconoscerà la mia integrità), 7 se i miei passi sono usciti dalla retta via, se il mio cuore è andato dietro ai miei occhi, se qualche sozzura mi si è attaccata alle mani, 8 che io semini e un altro mangi, e quello che è cresciuto nei miei campi sia sradicato! 9 Se il mio cuore si è lasciato sedurre per amore di una donna, se ho spiato la porta del mio prossimo, 10 che mia moglie giri la macina a un altro e che altri abusino di lei! 11 Poiché quella è una scelleratezza, un misfatto punito dai giudici, 12 un fuoco che consuma fino alla perdizione e che avrebbe distrutto fin dalle radici ogni mia fortuna. 13 Se ho rinnegato il diritto del mio servo e della mia serva, quando erano in lite con me, 14 che farei se Iddio si alzasse per giudicarmi, e che risponderei se mi esaminasse? 15 Chi fece me nel grembo di mia madre non fece anche lui? non ci ha formati nel grembo materno uno stesso Iddio? 16 Se ho rifiutato ai poveri quello che desideravano, se ho fatto languire gli occhi della vedova, 17 se ho mangiato da solo il mio pezzo di pane senza che l’orfano ne mangiasse la sua parte, 18 io che fin da giovane l’ho allevato come un padre, io che fin dal grembo di mia madre sono stato guida della vedova, 19 se ho visto uno morire per mancanza di vestiti o il povero senza una coperta, 20 se non mi hanno benedetto i suoi fianchi, ed egli non si è riscaldato con la lana dei miei agnelli, 21 se ho alzato la mano contro l’orfano perché mi sapevo sostenuto alla porta della città, 22 che la mia spalla si stacchi dalla sua giuntura, il mio braccio si spezzi e cada! 23 Infatti mi spaventava il castigo di Dio, ed ero trattenuto dalla sua maestà. 24 Se ho riposto la mia fiducia nell’oro, se all’oro fino ho detto: ‘Tu sei la mia speranza’, 25 se mi sono rallegrato che le mie ricchezze fossero grandi e la mia mano avesse accumulato molto, 26 se, contemplando il sole che risplendeva e la luna che procedeva lucente nel suo corso, 27 il mio cuore, in segreto, si è lasciato sedurre e la mia bocca ha posato un bacio sulla mano 28 (misfatto anche questo punito dai giudici perché avrei difatti rinnegato l’Iddio che è in alto), 29 se mi sono rallegrato della sciagura del mio nemico e ho esultato quando lo ha colpito la sventura 30 (io, che non ho permesso alle mie labbra di peccare chiedendo la sua morte con imprecazione), 31 se la gente della mia tenda non ha detto: ‘Chi è che non si sia saziato della carne delle sue bestie?’, 32 (lo straniero non passava la notte fuori; le mie porte erano aperte al viaggiatore), 33 se, come fanno gli uomini, ho coperto i miei errori nascondendo nel petto la mia iniquità, 34 perché avevo paura della folla e del disprezzo delle famiglie al punto da starmene tranquillo e non uscire di casa… 35 Oh, avessi pure chi mi ascoltasse!… ecco qua la mia firma! l’Onnipotente mi risponda! Il mio avversario scriva la sua querela 36 e io la porterò attaccata alla mia spalla, me la cingerò come un diadema! 37 Gli renderò conto di tutti i miei passi, mi avvicinerò a lui come un principe! 38 Se la mia terra mi grida contro, se tutti i suoi solchi piangono, 39 se ne ho mangiato il frutto senza pagarla, se ho fatto sospirare chi la coltivava, 40 che invece di grano mi nascano spine, invece di orzo mi crescano zizzanie!".
Qui finiscono i discorsi di Giobbe.
1 EK het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?
2 Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes —
3 is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?
4 Sien Hý nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?
5 As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:
6 laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!
7 As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het —
8 laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.
9 As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste —
10 laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.
11 Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.
12 Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.
13 As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het —
14 wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?
15 Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?
16 As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het
17 en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;
18 (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)
19 as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;
20 as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;
21 as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het —
22 laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.
23 Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.
24 As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!
25 As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;
26 as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,
27 en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het —
28 ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.
29 As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;
30 (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur 'n vloek sy lewe te vorder nie!)
31 as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?
32 ( die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)
33 as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,
34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!
35 Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!
36 Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans.
37 Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom.
38 As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;
39 as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het —
40 laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars.
Hier eindig die woorde van Job.