1 Allora Giobbe rispose e disse:
2 "Anche oggi il mio lamento è una rivolta, per quanto io cerchi di contenere il mio gemito. 3 Oh, sapessi dove trovarlo! potessi arrivare fino al suo trono! 4 Esporrei la mia causa davanti a lui, riempirei di argomenti la mia bocca. 5 Saprei quello che mi risponderebbe, e capirei quello che avrebbe da dirmi. 6 Contenderebbe egli con me con la sua grande potenza? No! invece, mi presterebbe attenzione. 7 Là troverebbe un uomo retto a discutere con lui, e sarei assolto per sempre dal mio giudice. 8 Ma, ecco, se vado a oriente, egli non c’è; se a occidente, non lo trovo; 9 se a settentrione, quando vi opera, io non lo vedo; egli si nasconde nel meridione, io non lo scorgo. 10 Ma la via che io percorro egli la conosce; se mi mettesse alla prova, ne uscirei come l’oro. 11 Il mio piede ha seguito fedelmente le sue orme, mi sono tenuto sulla sua via senza deviare; 12 non mi sono scostato dai comandamenti delle sue labbra, ho custodito nel mio cuore le parole della sua bocca. 13 Ma la sua decisione è una; chi lo farà cambiare? Quello che egli desidera, lo fa; 14 egli eseguirà quello che di me ha decretato; e di cose come queste ne ha molte in mente. 15 Perciò davanti a lui io sono atterrito; quando ci penso, ho paura di lui. 16 Iddio mi ha tolto il coraggio, l’Onnipotente mi ha spaventato. 17 Questo mi annienta: non le tenebre, non la fitta oscurità che mi ricopre.
1 MAAR Job het geantwoord en gesê:
2 Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.
3 Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!
4 Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;
5 ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.
6 Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hý sou ag op my gee.
7 Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.
8 KYK, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.
9 As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.
10 Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
11 Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.
12 Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
13 MAAR Hy bly onveranderlik Een — wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.
14 Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.
15 Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.
16 En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.
17 Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.