1 Allora Elifaz di Teman rispose e disse:
2 "Può l’uomo recare qualche vantaggio a Dio? No; il saggio non reca vantaggio che a sé stesso. 3 Se sei giusto, ne viene forse qualche piacere all’Onnipotente? Se sei integro nella tua condotta, ne ricava egli un guadagno? 4 È forse per la paura che ha di te che egli ti castiga o viene con te in giudizio? 5 La tua malvagità non è forse grande e le tue iniquità non sono forse infinite? 6 Tu, per un nulla, prendevi pegno dai tuoi fratelli, spogliavi delle loro vesti gli ignudi. 7 Allo stanco non davi da bere dell’acqua, all’affamato rifiutavi del pane. 8 La terra apparteneva al più forte, e l’uomo influente vi piantava la sua casa. 9 Rimandavi a vuoto le vedove e le braccia degli orfani erano spezzate. 10 Ecco perché sei circondato di lacci e spaventato da improvvisi terrori. 11 O non vedi le tenebre che ti avvolgono e la piena di acque che ti sommerge? 12 Iddio non è forse lassù nei cieli? Guarda lassù le stelle eccelse, come stanno in alto! 13 E tu dici: ‘Iddio che sa? Può egli giudicare attraverso il buio? 14 Fitte nubi lo coprono e non vede nulla; egli passeggia sulla volta dei cieli’. 15 Vuoi tu dunque seguire l’antica via per cui camminarono gli uomini iniqui, 16 che furono portati via prima del tempo, e il cui fondamento fu come un torrente che scorre? 17 Essi dicevano a Dio: ‘Allontanati da noi! Che ci può fare l’Onnipotente?’. 18 Eppure Iddio aveva riempito le loro case di beni! Ah, lungi da me il consiglio degli empi! 19 I giusti, vedendo la loro rovina, ne gioiscono e l’innocente si fa beffe di loro: 20 ‘Vedete se non sono distrutti i nostri avversari! La loro abbondanza l’ha divorata il fuoco!’. 21 Riconciliati dunque con Dio; avrai pace, e ti sarà resa la prosperità. 22 Ricevi istruzioni dalla sua bocca e riponi le sue parole nel tuo cuore. 23 Se torni all’Onnipotente, se allontani l’iniquità dalle tue tende, sarai ristabilito. 24 Getta l’oro nella polvere e l’oro d’Ofir tra i ciottoli del fiume 25 e l’Onnipotente sarà il tuo oro, egli sarà per te come l’argento acquistato con fatica. 26 Allora farai dell’Onnipotente la tua delizia, e alzerai la faccia verso Dio. 27 Lo pregherai, egli ti esaudirà, e tu scioglierai i voti che avrai fatto. 28 Quello che intraprenderai, ti riuscirà; sul tuo cammino risplenderà la luce. 29 Se ti umiliano, tu dirai: ‘In alto!’ e Dio soccorrerà chi ha gli occhi a terra; 30 libererà anche chi non è innocente, egli sarà salvo per la purezza delle tue mani".
1 TOE het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
2 Kan 'n man aan God 'n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige 'n diens.
3 Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?
4 Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?
5 Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?
6 WANT jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.
7 Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.
8 Maar aan die man van geweld — aan hom behoort die land; en die aansienlike — hy moet daarin woon!
9 Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.
10 Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.
11 Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?
12 IS God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
13 Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?
14 Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.
15 Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,
16 wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos 'n stroom,
17 wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?
18 En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)
19 Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
20 Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.
21 SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.
22 Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.
23 As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.
24 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.
25 Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.
26 Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.
27 Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.
28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.
29 As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.
30 Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.