Publicidade

Jó 17

AFR53

1 Il mio soffio vitale si spegne, i miei giorni si estinguono, il sepolcro mi aspetta! 2 Sono circondato da schernitori e non posso chiudere occhio a causa delle loro parole amare. 3 O Dio, dammi un pegno, sii tu il mio garante presso di te; se no, chi altro vorrebbe porgermi la mano? 4 Poiché tu hai chiuso il cuore di costoro alla ragione, perciò non li farai trionfare. 5 Chi denuncia un amico perché diventi preda altrui, vedrà venire meno gli occhi dei suoi figli. 6 Egli mi ha reso la favola dei popoli, e sono diventato un essere a cui si sputa in faccia. 7 Il mio occhio si oscura per il dolore, tutte le mie membra non sono più che un’ombra. 8 Gli uomini retti sono colpiti di stupore e l’innocente insorge contro l’empio, 9 ma il giusto si attiene saldo alla sua via, e chi ha le mani pure si fortifica sempre di più. 10 Quanto a voi tutti, tornate pure, fatevi avanti, ma fra voi non troverò alcun saggio. 11 I miei giorni passano, i miei disegni, i disegni cari al mio cuore, sono distrutti, 12 e costoro pretendono che la notte sia giorno, che la luce sia vicina, quando tutto è buio! 13 Se aspetto come casa mia il soggiorno dei morti, se già mi sono fatto il letto nelle tenebre, 14 se ormai dico al sepolcro: Tu sei mio padree ai vermi: Siete mia madre e mia sorella, 15 dov’è dunque la mia speranza? questa speranza mia chi la può scorgere? 16 Essa scenderà alle porte del soggiorno dei morti, quando nella polvere troveremo riposo assieme".

1 MY gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my.

2 Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus.

Hy beroep hom weer óp God téén God, want van sy vriende is niks te wagte nie, en hy is 'n bespotting van almal.

3 GEE tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen?

4 Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.

5 Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel die van sy kinders sal versmag.

6 Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug.

7 Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee.

8 Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.

9 Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

Tevergeefs spreek sy vriende van 'n nuwe gelukstoestand: net die graf is sy deel.

10 MAAR, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie.

11 My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.

12 Van die nag maak hulle 'n dag; lig, hulle, is naby vanweë die duisternis.

13 As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei,

14 die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster,

15 waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit?

16 Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_12-11-46-