1 Non riprendere aspramente l’uomo anziano, ma esortalo come un padre; 2 i giovani, come fratelli; le donne anziane, come madri; le giovani, come sorelle, in tutta purezza.
3 Onora le vedove che sono veramente vedove. 4 Ma, se una vedova ha dei figli o dei nipoti, imparino essi prima a mostrarsi pii verso la propria famiglia e a rendere il contraccambio ai loro genitori, perché questo è gradito davanti a Dio. 5 La vedova che è veramente tale e sola al mondo ha posto la sua speranza in Dio e persevera in suppliche e preghiere notte e giorno, 6 ma quella che si dà ai piaceri, benché viva, è morta. 7 Anche queste cose ordina, perché siano irreprensibili. 8 Se uno non provvede ai suoi, e principalmente a quelli di casa sua, ha rinnegato la fede ed è peggiore dell’incredulo. 9 Sia la vedova iscritta nel registro quando non abbia meno di sessant’anni, quando sia stata moglie di un solo marito e 10 quando sia conosciuta per le sue buone opere: per aver allevato figli, esercitato l’ospitalità, lavato i piedi ai santi, soccorso gli afflitti, concorso a ogni opera buona. 11 Ma rifiuta le vedove più giovani, perché, quando sono prese dal desiderio, lasciano Cristo, vogliono risposarsi 12 e si attirano una condanna perché hanno violato la prima fede; 13 inoltre imparano a essere oziose, andando attorno per le case e non soltanto a essere oziose, ma anche chiacchierone e curiose, parlando di cose delle quali non si deve parlare. 14 Io voglio dunque che le vedove giovani si sposino, abbiano figli, governino la casa, non diano agli avversari alcuna occasione di maldicenza, 15 poiché già alcune si sono sviate per andare dietro a Satana. 16 Se qualche credente ha delle vedove, le soccorra, e non ne sia gravata la chiesa, perché possa soccorrere quelle che sono veramente vedove.
17 Gli anziani che tengono bene la presidenza siano reputati degni di doppio onore, specialmente quelli che faticano nella predicazione e nell’insegnamento, 18 poiché la Scrittura dice: "Non mettere la museruola al bue che trebbia", e: "L’operaio è degno del suo salario". 19 Non ricevere accusa contro un anziano, se non sulla deposizione di due o tre testimoni. 20 Quelli che peccano, riprendili in presenza di tutti, perché anche gli altri abbiano timore. 21 Io ti scongiuro, davanti a Dio, a Cristo Gesù e agli angeli eletti, che tu osservi queste cose senza pregiudizi, non facendo nulla con parzialità. 22 Non imporre precipitosamente le mani a nessuno e non partecipare ai peccati altrui; conservati puro. 23 Non continuare a bere acqua soltanto, ma prendi un po’ di vino a motivo del tuo stomaco e delle tue frequenti infermità. 24 I peccati di alcune persone sono manifesti prima ancora del giudizio; di altre, invece, si conosceranno in seguito. 25 Così pure, anche le opere buone sono manifeste e quelle che non lo sono non possono rimanere nascoste.
1 'n BEJAARDE man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers,
2 bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.
3 Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.
4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.
5 En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.
6 Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.
7 Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.
8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.
9 Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het
10 en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.
11 Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou
12 en kom onder 'n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.
13 En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.
14 Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.
15 Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.
16 As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help.
17 LAAT die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.
18 Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.
19 Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.
20 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.
21 Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.
22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.
24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.
25 Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.