1 Io esorto dunque, prima di ogni altra cosa, che si facciano suppliche, preghiere, intercessioni, ringraziamenti per tutti gli uomini, 2 per i re e per tutti quelli che sono in autorità, affinché possiamo condurre una vita tranquilla e quieta, in ogni pietà e dignità. 3 Questo è buono e accettevole davanti a Dio, nostro Salvatore, 4 il quale vuole che tutti gli uomini siano salvati e vengano alla conoscenza della verità. 5 Infatti c’è un solo Dio e anche un solo mediatore fra Dio e gli uomini, Cristo Gesù uomo, 6 il quale diede sé stesso come prezzo di riscatto per tutti; fatto che doveva essere attestato a suo tempo 7 e del quale io fui costituito araldo e apostolo (io dico il vero, non mento), insegnante dei Gentili nella fede e nella verità.
8 Io voglio dunque che gli uomini preghino in ogni luogo, alzando mani pure, senza ira e senza dispute.
9 Allo stesso modo, le donne si vestano in modo decoroso, con pudore e modestia: non di trecce d’oro o di perle o di vesti sontuose, 10 ma di opere buone, come si addice a donne che fanno professione di pietà. 11 La donna impari in silenzio con ogni sottomissione. 12 Poiché non permetto alla donna di insegnare né di usare autorità sull’uomo, ma stia in silenzio. 13 Perché Adamo fu formato per primo e poi Eva; 14 Adamo non fu sedotto, ma la donna, essendo stata sedotta, cadde in trasgressione 15 tuttavia sarà salvata partorendo figli, se persevererà nella fede, nell’amore e nella santificazione con modestia.
1 IN die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
6 wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
7 waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel — ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie — 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
8 Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
9 SO ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
10 maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.