1 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 2 "Parla ai figli d’Israele e di’ loro: ‘Quando uno farà un voto per consacrare delle persone, queste persone apparterranno all’Eterno secondo la valutazione che ne farai. 3 E la tua stima sarà, per un maschio dai venti ai sessant’anni, cinquanta sicli d’argento, secondo il siclo del santuario; 4 se si tratta di una donna, la tua stima sarà di trenta sicli. 5 Dai cinque ai vent’anni, la tua stima sarà di venti sicli per un maschio e di dieci sicli per una femmina. 6 Da un mese a cinque anni, la tua stima sarà di cinque sicli d’argento per un maschio e di tre sicli d’argento per una femmina. 7 Dai sessant’anni in su, la tua stima sarà di quindici sicli per un maschio e di dieci sicli per una femmina. 8 E se colui che ha fatto il voto è troppo povero per pagare la somma fissata da te, lo si farà presentare al sacerdote, il quale lo tasserà. Il sacerdote farà una stima, in proporzione alle possibilità di colui che ha fatto il voto. 9 Se si tratta di animali che possono essere presentati come offerta all’Eterno, ogni animale che si darà all’Eterno sarà cosa santa. 10 Non lo si dovrà cambiare; non se ne metterà uno buono al posto di uno cattivo, o uno cattivo al posto di uno buono; e se pure uno sostituisce un animale all’altro, entrambi gli animali saranno cosa sacra. 11 E se si tratta di animali impuri di cui non si può fare offerta all’Eterno, l’animale sarà presentato davanti al sacerdote; 12 e il sacerdote ne farà la stima, secondo che l’animale sarà buono o cattivo; e ci si atterrà alla stima fatta dal sacerdote. 13 Ma se uno lo vuole riscattare, aggiungerà un quinto alla tua stima. 14 Se uno consacra la sua casa per essere cosa santa all’Eterno, il sacerdote ne farà la stima secondo che essa sarà buona o cattiva; e ci si atterrà alla stima fatta dal sacerdote. 15 E se colui che ha consacrato la sua casa la vuole riscattare, aggiungerà un quinto al prezzo della stima, e sarà sua. 16 Se uno consacra all’Eterno un pezzo di terra della sua proprietà, ne farai la stima in ragione della semina: cinquanta sicli d’argento per un omer di seme di orzo. 17 Se consacra la sua terra dall’anno del giubileo, il prezzo resterà fissato secondo la tua stima; 18 ma se la consacra dopo il giubileo, il sacerdote ne valuterà il prezzo in base al numero degli anni che rimangono fino al giubileo, e si farà una detrazione dalla tua stima. 19 E se colui che ha consacrato il pezzo di terra lo vuole riscattare, aggiungerà un quinto al prezzo della tua stima, e resterà suo. 20 Ma se non riscatta il pezzo di terra e lo vende a un altro, non lo si potrà più riscattare; 21 ma quel pezzo di terra, quando rimarrà svincolato al giubileo, sarà consacrato all’Eterno come una terra interdetta, e diventerà proprietà del sacerdote. 22 Se uno consacra all’Eterno un pezzo di terra che egli ha comprato e che non fa parte della sua proprietà, 23 il sacerdote ne valuterà il prezzo secondo la stima fino all’anno del giubileo; e quel tale pagherà il giorno stesso il prezzo fissato, poiché è cosa consacrata all’Eterno. 24 L’anno del giubileo la terra tornerà a colui da cui fu comprata, e del cui patrimonio faceva parte. 25 Tutte le tue stime si faranno in sicli del santuario; il siclo è di venti ghere. 26 Però, nessuno potrà consacrare i primogeniti del bestiame, i quali appartengono già all’Eterno, perché primogeniti: sia un bue, sia un agnello, appartiene all’Eterno. 27 E se si tratta di un animale impuro, lo si riscatterà al prezzo della tua stima, aggiungendovi un quinto; se non è riscattato, sarà venduto al prezzo della tua stima. 28 Tuttavia, tutto ciò che uno avrà consacrato all’Eterno per voto di interdetto, fra le cose che gli appartengono, sia che si tratti di una persona, di un animale o di un pezzo di terra del suo patrimonio, non potrà essere né venduto, né riscattato; ogni interdetto è cosa interamente consacrata all’Eterno. 29 Nessuna persona consacrata per voto di interdetto potrà essere riscattata; dovrà essere messa a morte. 30 Ogni decima della terra, sia delle raccolte del suolo sia dei frutti degli alberi, appartiene all’Eterno; è cosa consacrata all’Eterno. 31 Se uno vuole riscattare una parte della sua decima, vi aggiungerà il quinto. 32 E ogni decima della mandria o del gregge, il decimo capo di tutto ciò che passa sotto la verga del pastore, sarà consacrata all’Eterno. 33 Non si farà distinzione fra animale buono e cattivo, e non si faranno sostituzioni; e se si sostituisce un animale all’altro, entrambi saranno cosa sacra; non si potranno riscattare’". 34 Questi sono i comandamenti che l’Eterno diede a Mosè per i figli d’Israele, sul monte Sinai.
1 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand 'n besondere gelofte aflê — mense aan die Heretoewy volgens jou skatting,
3 dan moet jou skatting vir 'n manspersoon van twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees, volgens die sikkel van die heiligdom.
4 Maar is dit 'n vrou, dan moet jou skatting dertig sikkels wees.
5 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan moet jou skatting vir 'n manspersoon twintig sikkels wees en vir 'n vroulike tien sikkels.
6 Maar is dit iemand van 'n maand oud tot vyf jaar, dan moet jou skatting vir die manlike geslag vyf sikkels silwer wees en jou skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.
7 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo — is dit 'n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir 'n vrou tien sikkels.
8 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag, moet hy voor die priester gestel word, sodat die priester hom kan skat; volgens wat hy kan bekostig wat die gelofte gedoen het, moet die priester hom skat.
9 En as dit vee is waarvan hulle aan die Here 'n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die Here gee, heilig wees.
10 Hy mag dit nie omwissel of omruil nie — 'n goeie vir 'n slegte of 'n slegte vir 'n goeie nie; maar as hy tog 'n dier vir 'n ander een omruil, moet dit en die geruilde heilig wees.
11 En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die Here geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,
12 en die priester moet dit skat of dit goed of sleg is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.
13 Maar as hy dit wil los, moet hy die vyfde deel daarvan bo jou skatting byvoeg.
14 En as iemand sy huis as heilige gawe aan die Here toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
15 En as hy wat dit geheilig het, sy huis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit syne wees.
16 En as iemand 'n stuk land van sy besitting aan die Here heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: 'n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.
17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig — volgens jou skatting, so moet dit bly.
18 Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.
19 En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.
20 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan 'n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;
21 maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die Here heilig wees soos 'n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.
22 En as hy aan die Here 'n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,
23 moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as 'n heilige gawe aan die Here.
24 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.
25 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.
26 Maar die eersgeborene van 'n dier wat as eersgeborene aan die Here behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit 'n bees is of 'n stuk kleinvee — dit behoort aan die Here.
27 Maar is dit van 'n onrein dier, dan moet hy dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.
28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan die Here wy, van alles wat aan hom behoort — mense of vee of grond wat in sy besit is — mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die Here hoogheilig wees.
29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die mense met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik gedood word.
30 Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die Here; dit is heilig aan die Here.
31 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg.
32 Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee — alles wat onder die herderstaf deurgaan — die tiende moet aan die Here heilig wees.
33 Hulle mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit en die geruilde heilig wees; dit mag nie gelos word nie.
34 Dit is die gebooie wat die Here Moses by die berg Sinai vir die kinders van Israel beveel het.