1 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 2 "Prendi Aaronne e i suoi figli con lui, i paramenti, l’olio dell’unzione, il giovenco del sacrificio per il peccato, i due montoni e il paniere dei pani azzimi; 3 e convoca tutta la comunità all’ingresso della tenda di convegno". 4 E Mosè fece come l’Eterno gli aveva ordinato, e la comunità fu convocata all’ingresso della tenda di convegno. 5 Allora Mosè disse alla comunità: "Questo è quello che l’Eterno ha ordinato di fare". 6 E Mosè fece accostare Aaronne e i suoi figli, e li lavò con acqua. 7 Poi rivestì Aaronne della tunica, lo cinse della cintura, gli pose addosso il manto, gli mise l’efod, e lo cinse della cintura artistica dell’efod, con la quale gli fissò l’efod addosso. 8 Gli mise pure il pettorale, e sul pettorale pose l’Urim e il Tummim. 9 Poi gli mise in capo il turbante, e davanti al turbante pose la lamina d’oro, il santo diadema, come l’Eterno aveva ordinato a Mosè. 10 Poi Mosè prese l’olio dell’unzione, unse il tabernacolo e tutte le cose che vi si trovavano, e le consacrò. 11 Ne fece sette volte l’aspersione sull’altare, unse l’altare e tutti i suoi utensili, e la conca e la sua base, per consacrarli. 12 E versò dell’olio dell’unzione sul capo di Aaronne, e unse Aaronne, per consacrarlo. 13 Poi Mosè fece accostare i figli di Aaronne, li vestì di tuniche, li cinse di cinture, e assicurò sul loro capo dei copricapi, come l’Eterno aveva ordinato a Mosè. 14 Fece quindi accostare il giovenco del sacrificio per il peccato, e Aaronne e i suoi figli posarono le loro mani sulla testa del giovenco del sacrificio per il peccato. 15 Mosè lo sgozzò, ne prese del sangue, lo mise con il dito sui corni dell’altare tutto intorno e purificò l’altare; poi sparse il resto del sangue ai piedi dell’altare, e lo consacrò per farvi sopra di esso l’espiazione. 16 Poi prese tutto il grasso che era sulle interiora, la rete del fegato, i due rognoni con il loro grasso, e Mosè fece bruciare tutto sull’altare. 17 Ma il giovenco, la sua pelle, la sua carne e i suoi escrementi, li bruciò con il fuoco fuori dall’accampamento, come l’Eterno aveva ordinato a Mosè. 18 Fece quindi accostare il montone dell’olocausto, e Aaronne e i suoi figli posarono le mani sulla testa del montone. 19 E Mosè lo sgozzò, e ne sparse il sangue sull’altare tutto intorno. 20 Poi fece a pezzi il montone, e Mosè fece bruciare la testa, i pezzi e il grasso. 21 E quando ebbe lavato le interiora e le gambe con acqua, Mosè fece bruciare tutto il montone sull’altare. Fu un olocausto di odore soave, un sacrificio fatto mediante il fuoco all’Eterno, come l’Eterno aveva ordinato a Mosè. 22 Poi fece accostare il secondo montone, il montone della consacrazione; e Aaronne e i suoi figli posarono le mani sulla testa del montone. 23 E Mosè lo sgozzò, e ne prese del sangue e lo mise sull’estremità dell’orecchio destro di Aaronne e sul pollice della sua mano destra e sull’alluce del suo piede destro. 24 Poi Mosè fece accostare i figli di Aaronne, e pose di quel sangue sull’estremità del loro orecchio destro, sul pollice della loro mano destra e sull’alluce del loro piede destro; e sparse il resto del sangue sull’altare tutto intorno. 25 Poi prese il grasso, la coda, tutto il grasso che copriva le interiora, la rete del fegato, i due rognoni, il loro grasso, e la coscia destra; 26 e dal paniere dei pani azzimi, che era davanti all’Eterno, prese una focaccia senza lievito, una focaccia di pasta all’olio e una galletta, e le pose sui grassi e sulla coscia destra. 27 Poi mise tutte queste cose sulle palme delle mani di Aaronne e sulle palme delle mani dei suoi figli, e le agitò come offerta agitata davanti all’Eterno. 28 Mosè quindi le prese dalle loro mani, e le fece bruciare sull’altare sopra l’olocausto. Fu un sacrificio di consacrazione, di odore soave: un sacrificio fatto mediante il fuoco all’Eterno. 29 Poi Mosè prese il petto del montone e lo agitò come offerta agitata davanti all’Eterno; questa fu la parte del montone della consacrazione che toccò a Mosè, come l’Eterno aveva ordinato a Mosè. 30 Mosè prese quindi dell’olio dell’unzione e del sangue che era sopra l’altare, e ne asperse Aaronne e i suoi paramenti, i suoi figli e i loro paramenti; e consacrò Aaronne e i suoi paramenti, i suoi figli e i loro paramenti con lui. 31 Poi Mosè disse ad Aaronne e ai suoi figli: "Fate cuocere la carne all’ingresso della tenda di convegno; e lì la mangerete con il pane che è nel paniere della consacrazione, come ho ordinato, dicendo: ‘Aaronne e i suoi figli la mangeranno’. 32 E ciò che rimane della carne e del pane lo brucerete con il fuoco. 33 Per sette giorni non vi allontanerete dall’ingresso della tenda di convegno, finché non siano compiuti i giorni delle vostre consacrazioni; poiché la vostra consacrazione durerà sette giorni. 34 Come si è fatto oggi, così l’Eterno ha ordinato che si faccia, per fare l’espiazione per voi. 35 Rimarrete dunque sette giorni all’ingresso della tenda di convegno, giorno e notte, e osserverete il comandamento dell’Eterno, affinché non moriate; poiché così mi è stato ordinato". 36 E Aaronne e i suoi figli fecero tutte le cose che l’Eterno aveva ordinato per mezzo di Mosè.
1 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
2 Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke,
3 en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms.
4 En Moses het gedoen soos die Here hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.
5 Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat die Here beveel het om te doen.
6 En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.
7 Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind.
8 Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit.
9 En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die Here Moses beveel het.
10 Toe het Moses die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was, gesalf en dit geheilig.
11 En hy het daarvan sewe maal op die altaar gesprinkel en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk, om dit te heilig.
12 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van Aäron gegiet en hom gesalf om hom te heilig.
13 Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die musse omgebind soos die Here Moses beveel het.
14 Daarop het hy die sondofferbul laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die sondofferbul gelê.
15 En Moses het dit geslag en die bloed geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk en die altaar ontsondig; maar die orige bloed het hy aan die onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy dit dan geheilig deur daar versoening voor te doen.
16 Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.
17 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos die Here Moses beveel het.
18 Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
19 En Moses het dit geslag en die bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
20 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en Moses het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;
21 maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die Here, soos die Here Moses beveel het.
22 Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
23 En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
24 Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
25 En hy het die vet geneem met die vetstert en al die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet en die regterboud.
26 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die Here was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
27 en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg.
28 Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n wydingsoffer was dit as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die Here.
29 Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die Here beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die Here Moses beveel het.
30 Moses het ook van die salfolie en van die bloed wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns gesprinkel. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel as sy seuns en die klere van sy seuns geheilig.
31 Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.
32 Maar wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.
33 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.
34 Soos vandag gedoen is, het die Here beveel om verder te doen, om vir julle versoening te bewerk.
35 Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die Here hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
36 En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die Here deur die diens van Moses beveel het.