1 Poi l’Eterno parlò a Mosè e ad Aaronne, dicendo loro: 2 "Parlate così ai figli d’Israele: ‘Questi sono gli animali che potrete mangiare fra tutte le bestie che sono sulla terra. 3 Mangerete di ogni animale che ha l’unghia spartita e ha il piede forcuto e che rumina. 4 Ma fra quelli che ruminano e fra quelli che hanno l’unghia spartita, non mangerete questi: il cammello, perché rumina, ma non ha l’unghia spartita; lo considererete come impuro; 5 l’irace, perché rumina, ma non ha l’unghia spartita; lo considererete come impuro; 6 la lepre, perché rumina, ma non ha l’unghia spartita; la considererete come impura; 7 il porco, perché ha l’unghia spartita e il piede forcuto, ma non rumina; lo considererete come impuro. 8 Non mangerete la loro carne e non toccherete i loro corpi morti; li considererete come impuri. 9 Questi sono gli animali che potrete mangiare fra tutti quelli che sono nell’acqua. Mangerete tutto ciò che ha pinne e squame nelle acque, tanto nei mari quanto nei fiumi. 10 Ma tutto ciò che non ha né pinne né squame, tanto nei mari quanto nei fiumi, fra tutto ciò che si muove nelle acque e tutto ciò che vive nelle acque, sarà un abominio per voi. 11 Sarà per voi un abominio; non mangerete la loro carne, e avrete in abominio i loro corpi morti. 12 Tutto ciò che non ha né pinne né squame nelle acque sarà per voi un abominio. 13 Fra gli uccelli avrete in abominio questi, non se ne mangi, sono un abominio: l’aquila, l’ossifraga e l’aquila di mare; 14 il nibbio e ogni specie di falco; 15 ogni specie di corvo; 16 lo struzzo, il barbagianni, il gabbiano e ogni specie di sparviero; 17 il gufo, lo smergo, l’ibis; 18 il cigno, il pellicano, l’avvoltoio; 19 la cicogna, ogni specie di airone, l’upupa e il pipistrello. 20 Vi sarà in abominio anche ogni insetto alato che cammina su quattro piedi. 21 Però, fra tutti gli insetti alati che camminano su quattro piedi, mangerete quelli che hanno zampe al di sopra dei piedi per saltare sulla terra. 22 Di questi potrete mangiare: ogni specie di cavalletta, ogni specie di locusta, ogni specie di acridi e ogni specie di grilli. 23 Ogni altro insetto alato che ha quattro piedi vi sarà in abominio. 24 Questi animali vi renderanno impuri; chiunque toccherà il loro corpo morto sarà impuro fino alla sera. 25 E chiunque porterà i loro corpi morti si laverà le vesti, e sarà impuro fino alla sera. 26 Considererete come impuro ogni animale che ha l’unghia spartita, ma non ha il piede forcuto, e che non rumina; chiunque lo toccherà sarà impuro. 27 Considererete come impuri tutti i quadrupedi che camminano sulla pianta dei piedi; chiunque toccherà il loro corpo morto sarà impuro fino alla sera. 28 E chiunque porterà i loro corpi si laverà le vesti, e sarà immondo fino alla sera. Questi animali considererete come impuri. 29 E fra i piccoli animali che strisciano sulla terra, considererete come impuri questi: la talpa, il topo e ogni specie di lucertola, il toporagno, 30 la rana, la tartaruga, la lumaca, il camaleonte. 31 Questi animali, fra tutto ciò che striscia, saranno impuri per voi; chiunque li toccherà morti, sarà impuro fino alla sera. 32 Ogni oggetto sul quale cadrà qualcuno di essi quando è morto, sarà immondo: siano utensili di legno, o vestito, o pelle, o sacco, o qualunque altro oggetto di cui si faccia uso; sarà messo nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera; poi sarà puro. 33 E se ne cade qualcuno in un vaso di terra, tutto quello che vi si troverà dentro sarà impuro, e spezzerete il vaso. 34 Ogni cibo che serve di nutrimento, sul quale sarà caduta di quell’acqua, sarà impuro; e ogni bevanda di cui si fa uso, qualunque sia il vaso che la contiene, sarà impura. 35 Ogni oggetto sul quale cadrà qualcosa del loro corpo morto, sarà impuro; il forno o il fornello sarà spezzato; sono impuri e li considererete come impuri. 36 Però, una fonte o una cisterna, dove c’è una raccolta d’acqua, sarà pura; ma chi toccherà i loro corpi morti sarà impuro. 37 E se qualcosa dei loro corpi morti cade su qualche seme che deve essere seminato, questo sarà puro; 38 ma se è stata messa dell’acqua sul seme, e vi cade sopra qualcosa dei loro corpi morti, lo considererai come impuro. 39 Se muore un animale di quelli che vi servono per nutrimento, colui che ne toccherà il corpo morto sarà impuro fino alla sera. 40 Colui che mangerà di quel corpo morto si laverà le vesti, e sarà impuro fino alla sera; allo stesso modo colui che porterà quel corpo morto si laverà le vesti, e sarà impuro fino alla sera. 41 Ogni cosa che striscia sulla terra è un abominio; non se ne mangerà. 42 Di tutti gli animali che strisciano sulla terra non ne mangerete nessuno che strisci sul ventre o cammini con quattro piedi o con molti piedi, poiché sono un abominio. 43 Non vi rendete abominevoli a causa di uno di questi animali che strisciano e non vi rendete impuri a causa loro e non lasciatevi contaminare da loro. 44 Poiché io sono l’Eterno, il vostro Dio; santificatevi dunque e siate santi, perché io sono santo; e non contaminate le vostre persone mediante nessuno di questi animali che strisciano sulla terra. 45 Poiché io sono l’Eterno che vi ho fatti salire dal paese d’Egitto, per essere il vostro Dio; siate dunque santi, perché io sono santo. 46 Questa è la legge che concerne i quadrupedi, gli uccelli, ogni essere vivente che si muove nelle acque e ogni essere che striscia sulla terra, 47 affinché sappiate discernere ciò che è impuro da ciò che è puro, l’animale che si può mangiare da quello che non si deve mangiare’".
1 EN die Here het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou — dit mag julle eet.
4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
5 en die das, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
6 en die haas, want hy herkou, maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hy vir julle;
7 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja, heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie — onrein is hy vir julle.
8 Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas nie raak nie — onrein is hulle vir julle.
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere — dit mag julle eet.
10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is — 'n gruwel is dit vir julle.
11 Ja, 'n gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir 'n gruwel hou.
12 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie — 'n gruwel is dit vir julle.
13 En die volgende moet julle van die voëls vir 'n gruwel hou — hulle mag nie geëet word nie, 'n gruwel is hulle: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
14 en die kuikendief en die valk volgens sy soorte;
15 elke kraai volgens sy soorte;
16 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk volgens sy soorte;
17 en die steenuil en die visvanger en die steunuil;
18 en die silweruil en die pelikaan en die klein-aasvoël;
19 en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
20 Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop — 'n gruwel is hulle vir julle.
21 Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
22 Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
23 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het — 'n gruwel is hulle vir julle.
24 En deur hierdie diere word julle verontreinig — elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;
25 en elkeen wat van hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees —
26 aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.
27 En alles wat op kaal pote loop onder al die viervoetige diere — onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.
28 Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.
29 En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens sy soorte,
30 en die krimpvarkie en die geitjie en die klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
31 Hulle is vir julle onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
32 En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
33 En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val — alles wat daarin is, sal onrein wees, en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
34 enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
35 En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; 'n bakoond of 'n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
36 Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
37 En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word — dit sal rein wees.
38 Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrein wees.
39 En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
40 en hy wat van dié aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
41 En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is 'n gruwel — dit mag nie geëet word nie.
42 Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel — julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel.
43 Moenie julle self 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
44 Want Ek is die Here julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
45 Want Ek is die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
46 Dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,
47 om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.