Publicidade

Levítico 15

AFR53
Legge relativa all’impurità dell’uomo e della donna

1 L’Eterno parlò ancora a Mosè e ad Aaronne, dicendo: 2 "Parlate ai figli d’Israele e dite loro: Chiunque ha una gonorrea, a causa della sua gonorrea è impuro. 3 La sua impurità sta nella sua gonorrea; sia la sua gonorrea, continua o intermittente, l’impurità esiste. 4 Ogni letto sul quale si coricherà colui che ha la gonorrea, sarà impuro; e ogni oggetto sul quale si sarà seduto sarà impuro. 5 Chi toccherà il letto di quel tale si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 6 Chi si sederà sopra un oggetto qualunque sul quale si sia seduto colui che ha la gonorrea, si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 7 Chi toccherà il corpo di colui che ha la gonorrea, si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 8 Se colui che ha la gonorrea sputerà sopra uno che è puro, questi si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 9 Ogni sella su cui sarà salito chi ha la gonorrea, sarà impura. 10 Chiunque toccherà qualsiasi cosa che sia stata sotto quel tale, sarà impuro fino alla sera. E chi porterà tali oggetti si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 11 Chiunque sarà toccato da colui che ha la gonorrea, se questi non si era lavato le mani, dovrà lavarsi le vesti, lavare stesso nell’acqua, e sarà immondo fino alla sera. 12 Il vaso di terra toccato da colui che ha la gonorrea, sarà spezzato; e ogni vaso di legno sarà lavato nell’acqua. 13 Quando colui che ha la gonorrea sarà purificato della sua gonorrea, conterà sette giorni per la sua purificazione; poi si laverà le vesti, laverà il suo corpo nell’acqua viva, e sarà puro. 14 L’ottavo giorno prenderà due tortore o due giovani piccioni, andrà davanti all’Eterno all’ingresso della tenda di convegno, e li darà al sacerdote. 15 E il sacerdote li offrirà: uno come sacrificio per il peccato, l’altro come olocausto; e il sacerdote farà l’espiazione per lui davanti all’Eterno, a causa della sua gonorrea. 16 L’uomo da cui sarà uscito seme genitale si laverà tutto il corpo nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 17 Ogni veste e ogni pelle su cui sarà seme genitale, si laveranno nell’acqua e saranno impuri fino alla sera. 18 La donna e l’uomo che giaceranno insieme carnalmente, si laveranno ambedue nell’acqua e saranno impuri fino alla sera. 19 Quando una donna avrà i suoi corsi mestruali e il sangue le fluirà dal corpo, la sua impurità durerà sette giorni; e chiunque la toccherà sarà impuro fino alla sera. 20 Ogni letto sul quale si sarà messa a dormire durante la sua impurità, sarà impuro; e ogni mobile sul quale si sarà messa a sedere, sarà impuro. 21 Chiunque toccherà il suo letto si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 22 E chiunque toccherà qualsiasi mobile sul quale lei si sarà seduta, si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 23 E se l’uomo si trovava sul letto o sul mobile dove lei sedeva quando è avvenuto il contatto, egli sarà impuro fino alla sera. 24 E se un uomo si unisce a lei, e avviene che l’impurità di lei lo tocchi, egli sarà impuro sette giorni; e ogni letto sul quale si coricherà, sarà impuro. 25 La donna che avrà un flusso di sangue, per parecchi giorni, fuori del tempo dei suoi corsi mestruali, o che avrà questo flusso oltre il tempo dei suoi corsi mestruali, sarà impura per tutto il tempo del flusso, come è al tempo dei suoi corsi mestruali. 26 Ogni letto sul quale si coricherà durante tutto il tempo del suo flusso, sarà per lei come il letto sul quale si corica quando ha i suoi corsi mestruali; e ogni mobile sul quale si sederà sarà impuro, come è impuro quando lei ha i suoi corsi mestruali. 27 E chiunque toccherà quelle cose sarà immondo; si laverà le vesti, laverà stesso nell’acqua, e sarà impuro fino alla sera. 28 E quando lei sarà purificata del suo flusso, conterà sette giorni, e poi sarà pura. 29 L’ottavo giorno prenderà due tortore o due giovani piccioni, e li porterà al sacerdote all’ingresso della tenda di convegno. 30 E il sacerdote ne offrirà uno come sacrificio per il peccato e l’altro come olocausto; il sacerdote farà per lei l’espiazione, davanti all’Eterno, del flusso che la rendeva impura. 31 Così terrete lontani i figli d’Israele da ciò che potrebbe contaminarli, affinché non muoiano a motivo della loro impurità, contaminando il mio tabernacolo che è in mezzo a loro". 32 Questa è la legge relativa a colui che ha una gonorrea e a colui dal quale è uscito seme genitale che lo rende immondo, 33 e la legge relativa a colei che è indisposta a motivo dei suoi corsi mestruali, all’uomo o alla donna che ha un flusso, e all’uomo che si unisce a donna impura.

Wette aangaande onrein mans en vroue.

1 VERDER het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en vir hulle: As enige man 'n vloeiing uit sy vlees het, dan is dié vog onrein.

3 En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is 'n onreinheid in hom.

4 Elke bed waar hy op wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.

5 En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

6 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

7 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

8 En as hy wat die vloeiing het, op 'n reine spuug, moet dié een sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

9 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees.

10 En elkeen wat aan iets raak wat onder hóm is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

11 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.

12 Ook die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.

13 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.

14 En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die Here kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;

15 en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die Here.

16 En as daar van 'n man 'n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.

17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.

18 En wat die vrou aangaan met wie 'n man vleeslike gemeenskap het altwee moet 'n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.

19 En as 'n vrou 'n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.

20 En alles waar sy in haar onreinheid op , sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.

21 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

22 En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

23 en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24 En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op , sal onrein wees.

25 En as 'n vrou lank 'n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.

26 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op , sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.

27 En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein.

28 Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.

29 En op die agtste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die tent van samekoms na die priester bring.

30 Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die Here.

31 So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.

32 Dit is die wet vir hom wat 'n vloeiing het en vir hom van wie 'n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word;

33 en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan 'n vloeiing ly, man of vrou, en vir 'n man wat met 'n onrein vrou gemeenskap het.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-