Publicidade

1 Samuel 2

AFR53
Cantico di Anna

1 Allora Anna pregò e disse: "Il mio cuore esulta nell’Eterno, l’Eterno mi ha dato una forza vittoriosa, la mia bocca si apre contro i miei nemici perché gioisco per la liberazione che tu mi hai concesso. 2 Non c’è nessuno che sia santo come l’Eterno, poiché non c’è altro Dio fuori di te; c’è rocca pari al nostro Dio. 3 Non parlate più con tanto orgoglio; non esca più l’arroganza dalla vostra bocca; poiché l’Eterno è un Dio che sa tutto, e da lui sono pesate le azioni dell’uomo. 4 L’arco dei potenti è spezzato, e i deboli sono rivestiti di forza. 5 Quelli che una volta erano sazi si offrono a giornata per il pane, e quelli che soffrivano la fame non la soffrono più; perfino la sterile partorisce sette volte, mentre quella che aveva molti figli diventa fiacca. 6 L’Eterno fa morire e fa vivere; fa scendere nel soggiorno dei morti e ne fa risalire. 7 L’Eterno fa impoverire e arricchisce, egli abbassa e innalza. 8 Rileva il misero dalla polvere e tira su il povero dal letame, per farli sedere con i prìncipi, per farli eredi di un trono di gloria; poiché le colonne della terra sono dell’Eterno, e sopra queste egli ha poggiato il mondo. 9 Egli veglierà sui passi dei suoi fedeli, ma gli empi periranno nelle tenebre; poiché l’uomo non trionferà per la sua forza. 10 Gli avversari dell’Eterno saranno frantumati. Egli tuonerà contro di loro dal cielo; l’Eterno giudicherà gli estremi confini della terra, darà forza al suo re, farà grande la potenza del suo unto".

11 Elcana se ne andò a casa sua a Rama, e il fanciullo rimase a servire l’Eterno sotto gli occhi del sacerdote Eli.

Scelleratezze dei figli di Eli

12 Ora i figli di Eli erano uomini scellerati; non conoscevano l’Eterno. 13 Ed ecco qual era il modo di agire di questi sacerdoti riguardo al popolo: quando qualcuno offriva un sacrificio, il servo del sacerdote veniva, nel momento in cui si faceva cuocere la carne, avendo in mano una forchetta a tre punte; 14 la piantava nella caldaia o nel paiolo o nella pentola o nella marmitta; e tutto quello che la forchetta tirava su, il sacerdote lo prendeva per . Così facevano a tutti gli Israeliti che andavano , a Silo. 15 E anche prima che si fosse fatto bruciare il grasso, il servo del sacerdote veniva e diceva all’uomo che faceva il sacrificio: "Dammi della carne da fare arrostire, per il sacerdote; poiché egli non accetterà da te carne cotta, ma cruda". 16 E se quell’uomo gli diceva: "Si faccia, prima di tutto, bruciare il grasso; poi prenderai quello che vorrai", egli rispondeva: "No, me la devi dare ora; altrimenti la prenderò per forza!". 17 Dunque, il peccato di quei giovani era grandissimo agli occhi dell’Eterno, perché la gente disprezzava le offerte fatte all’Eterno. 18 Ma Samuele faceva il servizio davanti all’Eterno; era un bambino, e portava un efod di lino. 19 Sua madre gli faceva ogni anno una piccola tunica e gliela portava quando saliva con suo marito a offrire il sacrificio annuale. 20 Eli benedisse Elcana e sua moglie, dicendo: "L’Eterno ti dia prole da questa donna, al posto del dono che lei ha fatto all’Eterno!". E se ne tornarono a casa loro. 21 E l’Eterno visitò Anna, la quale concepì e partorì tre figli e due figlie. E il bambino Samuele cresceva presso l’Eterno. 22 Ora Eli era molto vecchio e udì tutto quello che i suoi figli facevano a tutto Israele e come si univano alle donne che erano di servizio all’ingresso della tenda di convegno. 23 E disse loro: "Perché fate queste cose? poiché odo tutto il popolo parlare delle vostre azioni malvagie. 24 Non fate così, figli miei, poiché quello che odo di voi non è buono; voi inducete il popolo di Dio a trasgredire. 25 Se un uomo pecca contro un altro uomo, Iddio lo giudica; ma, se pecca contro l’Eterno, chi intercederà per lui?". Quelli però non diedero ascolto alla voce del padre loro, perché l’Eterno li voleva far morire. 26 Intanto, il piccolo Samuele continuava a crescere ed era gradito sia all’Eterno sia agli uomini.

La rovina della casa di Eli predetta

27 Un uomo di Dio andò da Eli e gli disse: "Così parla l’Eterno: Non mi sono io forse rivelato alla casa di tuo padre, quando essi erano in Egitto al servizio del Faraone? 28 Non lo scelsi io forse, fra tutte le tribù d’Israele, perché fosse mio sacerdote, salisse al mio altare, bruciasse il profumo e portasse l’efod in mia presenza? E non diedi io forse alla casa di tuo padre tutti i sacrifici dei figli d’Israele, fatti mediante il fuoco? 29 E allora perché calpestate i miei sacrifici e le mie oblazioni che ho comandato mi siano offerti nella mia dimora? E come mai onori i tuoi figli più di me, e vi ingrassate con il meglio di tutte le oblazioni d’Israele, mio popolo?. 30 Perciò così dice l’Eterno, l’Iddio d’Israele: Io avevo dichiarato che la tua casa e la casa di tuo padre sarebbero state al mio servizio, per sempre; ma ora l’Eterno dice: Lungi da me tale cosa! Poiché io onoro quelli che mi onorano, e quelli che mi disprezzano saranno disprezzati. 31 Ecco, vengono i giorni in cui io troncherò il tuo braccio e il braccio della casa di tuo padre, in modo che non ci sarà in casa tua nessun vecchio. 32 Vedrai lo squallore nella mia dimora, mentre Israele sarà ricolmo di beni, e non ci sarà più mai nessun vecchio nella tua casa. 33 E quello dei tuoi che lascerò sussistere presso il mio altare, rimarrà per consumarti gli occhi e rattristarti il cuore; e tutti i nati e cresciuti in casa tua moriranno nel fiore degli anni. 34 E ti servirà di segno quello che accadrà ai tuoi figli, Ofni e Fineas: entrambi moriranno in uno stesso giorno. 35 Io mi susciterò un sacerdote fedele, che agirà secondo il mio cuore e secondo l’anima mia; io gli costruirò una casa stabile ed egli sarà al servizio del mio unto per sempre. 36 E chiunque rimarrà della tua casa verrà a prostrarsi davanti a lui per avere una moneta d’argento e un tozzo di pane, e dirà: Ammettimi, ti prego, a fare qualcuno dei servizi del sacerdozio perché io abbia un boccone di pane da mangiare".

Lofsang van Hanna.

1 TOE het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die Here, my horing is hoog in die Here; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing.

2 Niemand is heilig soos die Here nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.

3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die Here is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

4 Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel het, is met krag omgord.

5 Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk.

6 Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom.

7 Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook verhoog Hy.

8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan die Here behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.

9 Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want 'n mens oorwin nie deur krag nie.

10 Die wat met die Here twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die Here oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.

11 Daarna het Élkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die Here bly dien het.

Die goddeloosheid van Eli se seuns.

12 MAAR die seuns van Eli was deugniete; hulle het die Here nie erken nie.

13 Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was : As iemand 'n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietandvurk in sy hand,

14 en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel: alles wat die vurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die Israeliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het.

15 Selfs voordat hulle die vet aan die brand steek, kom die dienaar van die priester en aan die man wat offer: Gee vleis om vir die priester te braai, want hy sal nie gekookte nie, maar net rou vleis van jou neem.

16 As die man vir hom : Laat hulle net eers die vet aan die brand steek, neem dan vir jou soos jou siel begeer dan hy: Nee, maar jy moet dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld.

17 En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van die Here, want die mense het die offer aan die Here verag.

18 Maar Samuel het as seun gedien voor die aangesig van die Here, omgord met 'n linneskouerkleed.

19 En sy moeder was gewoond om vir hom 'n klein manteltjie te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring.

20 Dan seën Eli Élkana en sy vrou en : Mag die Here jou 'n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan die Here afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.

21 En die Here het ag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun Samuel het groot geword by die Here.

22 Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seuns aan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die tent van samekoms,

23 dan hy vir hulle: Waarom doen julle sulke dinge, dat ek van hierdie hele volk julle slegte dinge moet hoor?

24 Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van die Here oortree.

25 As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n mens teen die Here sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die Here wou hulle ombring.

26 Maar die seun Samuel het toegeneem in grootte en in guns by die Here sowel as by die mense.

Voorspelling van die val van Eli se huis.

27 EN daar het 'n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek die Here: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie?

28 En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit al die stamme van Israel om op my altaar te klim om die reukwerk aan die brand te steek, om die skouerkleed te dra voor my aangesig; en Ek het aan die huis van jou vader al die vuuroffers van die kinders van Israel gegee.

29 Waarom verag julle my slagoffer en my spysoffer wat Ek in my woning beveel het, en eer jy jou seuns meer as vir My deur julle vet te voer met die beste van elke offergawe van my volk Israel?

30 Daarom spreek die Here, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die Here: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.

31 Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie.

32 Dan sal jy die benoudheid van my woning aanskou, in alles waarin Hy aan Israel goed sal doen; en in jou huis sal daar al die dae geen bejaarde wees nie.

33 Maar Ek sal, om jou te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van my altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.

34 En dit sal vir jou die teken wees wat oor jou twee seuns, oor Hofni en Pínehas, sal kom: Op een dag sal hulle altwee sterwe.

35 En Ek sal vir My 'n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is, en Ek sal vir hom 'n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van my gesalfde kan wandel.

36 En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir 'n geldstukkie en 'n broodjie, en hulle sal : Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek 'n stukkie brood kan eet.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-