1 Davide andò a Nob dal sacerdote Aimelec; Aimelec gli venne incontro tutto tremante e gli disse: "Perché sei solo e non hai nessuno con te?". 2 Davide rispose al sacerdote Aimelec: "Il re mi ha dato un incarico e mi ha detto: ‘Nessuno sappia nulla dell’affare per cui ti mando e dell’ordine che ti ho dato’; e quanto alla mia gente, le ho detto di trovarsi in un certo luogo. 3 E ora che cos’hai tu sotto mano? Dammi cinque pani o quelli che si potrà trovare". 4 Il sacerdote rispose a Davide, dicendo: "Non ho sotto mano del pane comune, ma c’è del pane consacrato; ma la tua gente si è almeno astenuta da contatto con donne?". 5 Davide rispose al sacerdote: "Da quando sono partito, tre giorni fa, siamo rimasti senza donne; e quanto ai vasi della mia gente erano puri; e se anche la nostra incombenza è profana, essa sarà oggi santificata da quello che si porrà nei vasi". 6 Il sacerdote gli diede dunque del pane consacrato perché non c’era altro pane tranne quello della presentazione, che era stato tolto davanti all’Eterno, per mettervi invece del pane caldo nel momento in cui si toglieva l’altro. 7 Quel giorno, un certo uomo tra i servi di Saul si trovava là, trattenuto alla presenza dell’Eterno; si chiamava Doeg, era Edomita e capo dei pastori di Saul. 8 Davide disse ad Aimelec: "Non hai tu qui disponibile una lancia o una spada? Perché io non ho preso con me né la mia spada né le mie armi, tanto premeva l’incarico del re". 9 Il sacerdote rispose: "C’è la spada di Goliat, il Filisteo, che tu uccidesti nella valle dei terebinti; è là avvolta in un panno dietro all’efod; se la vuoi prendere, prendila, perché qui non ce n’è un’altra all’infuori di questa". Davide disse: "Nessuna è pari a quella; dammela!". 10 Allora Davide si alzò, e quel giorno fuggì per timore di Saul, e andò da Achis, re di Gat. 11 I servi del re dissero ad Achis: "Non è costui Davide, il re del paese? Non è colui del quale cantavano nelle loro danze: ‘Saul ha ucciso i suoi mille, e Davide i suoi diecimila?’". 12 Davide si tenne in cuore queste parole ed ebbe grande timore di Achis, re di Gat. 13 Cambiò il suo modo di fare in loro presenza, faceva il pazzo in mezzo a loro, tracciava dei segni sui battenti delle porte, e si lasciava scorrere la saliva sulla barba. 14 Achis disse ai suoi servi: "Guardate, è un pazzo; perché me lo avete condotto? 15 Mi mancano forse dei pazzi, che mi avete condotto questo a fare il pazzo in mia presenza? Costui non entrerà in casa mia!".
1 EN Dawid het in Nob gekom by die priester Ahiméleg; en Ahiméleg het Dawid bewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie?
2 En Dawid sê aan die priester Ahiméleg: Die koning het my 'n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars 'n sekere plek aangewys.
3 Maar nou, wat is hier by u? Gee vyf brode in my hand, of wat beskikbaar is.
4 En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Hier is geen gewone brood by my nie; hier is net heilige brood. As die dienaars hulle maar net vir vroue in ag geneem het.
5 Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Sekerlik is die vroue aan ons onthou soos altyd wanneer ek uittrek. Dus is die uitrustings van die dienaars heilig, alhoewel dit 'n ongewyde onderneming is — hoeveel te meer as hulle vandag deur die uitrusting geheilig word!
6 Toe gee die priester hom die heilige brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van die Here weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word.
7 Maar daar was 'n man uit die dienaars van Saul wat dieselfde dag opgesluit was voor die aangesig van die Here, en sy naam was Doëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul.
8 En Dawid sê vir Ahiméleg: Is hier nie 'n spies of 'n swaard by u nie? Want ek het my swaard sowel as my wapens nie met my saamgeneem nie, omdat die opdrag van die koning dringend was.
9 Toe sê die priester: Die swaard van Góliat, die Filistyn, wat u in die dal van die terpentynboom verslaan het, hier is dit in 'n mantel toegedraai, agter die skouerkleed; as u dit vir u wil neem, neem dit, want behalwe dit is hier geen ander nie. Toe sê Dawid: Daar is nie nog so een nie, gee dit aan my.
10 En Dawid het hom klaargemaak en dié dag van Saul af weggevlug en by Agis, die koning van Gat, gekom.
11 Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende?
12 En Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bevrees geword vir Agis, die koning van Gat.
13 Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.
14 Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe?
15 Het ek gebrek aan kranksinniges, dat julle hierdie een bring om sy kranksinnigheid by my uit te haal? Moet so een in my huis inkom?