1 Allora Samuele disse a tutto Israele: "Ecco, io vi ho ubbidito in tutto quello che mi avete detto e ho costituito un re su di voi. 2 E ora, ecco il re che andrà davanti a voi. Quanto a me, io sono vecchio e canuto, e i miei figli sono tra voi; io sono andato davanti a voi dalla mia giovinezza fino a questo giorno. 3 Eccomi qui; rendete la vostra testimonianza a mio riguardo, in presenza dell’Eterno e in presenza del suo unto: A chi ho preso il bue? A chi ho preso l’asino? Chi ho defraudato? A chi ho fatto violenza? Dalle mani di chi ho accettato doni per chiudere gli occhi a suo riguardo? Io vi restituirò ogni cosa!". 4 Quelli risposero: "Tu non ci hai defraudati, non ci hai fatto violenza, e non hai preso nulla dalle mani di nessuno". 5 Ed egli disse loro: "Oggi l’Eterno è testimone contro di voi, e anche il suo unto è testimone, che voi non avete trovato nulla nelle mie mani". Il popolo rispose: "Egli è testimone!". 6 Allora Samuele disse al popolo: "Testimone è l’Eterno, che costituì Mosè e Aaronne e fece salire i vostri padri dal paese d’Egitto. 7 Ora dunque presentatevi, affinché io, davanti all’Eterno, dibatta con voi la causa relativa a tutte le opere di giustizia che l’Eterno ha compiuto a beneficio vostro e dei vostri padri. 8 Dopo che Giacobbe fu entrato in Egitto, i vostri padri gridarono all’Eterno e l’Eterno mandò Mosè e Aaronne, i quali trassero i padri vostri fuori dall’Egitto e li fecero abitare in questo luogo. 9 Ma essi dimenticarono l’Eterno, il loro Dio, ed egli li diede in potere di Sisera, capo dell’esercito di Asor, e in potere dei Filistei e del re di Moab, i quali mossero loro guerra. 10 Allora gridarono all’Eterno e dissero: ‘Abbiamo peccato, perché abbiamo abbandonato l’Eterno e abbiamo servito gli idoli di Baal e di Astarte; ma ora, liberaci dalle mani dei nostri nemici e serviremo te’. 11 E l’Eterno mandò Ierubbaal e Bedan e Iefte e Samuele, e vi liberò dalle mani dei nemici che vi circondavano, e viveste al sicuro. 12 Ma quando udiste che Naas, re dei figli di Ammon, marciava contro di voi, mi diceste: ‘No, deve regnare su di noi un re’, mentre l’Eterno, il vostro Dio, era il vostro re. 13 Ora dunque, ecco il re che vi siete scelto, che avete chiesto; ecco, l’Eterno ha costituito un re su di voi. 14 Se temete l’Eterno, lo servite e ubbidite alla sua voce, se non siete ribelli al comandamento dell’Eterno e, tanto voi quanto il re che regna su di voi, seguite l’Eterno vostro Dio, bene; 15 ma, se non ubbidite alla voce dell’Eterno, se vi ribellate al comandamento dell’Eterno, la mano dell’Eterno sarà contro di voi, come fu contro i vostri padri. 16 Ora fermatevi e osservate questa cosa grande che l’Eterno sta per compiere davanti ai vostri occhi! 17 Non siamo al tempo della messe del grano? Io invocherò l’Eterno ed egli manderà tuoni e pioggia affinché sappiate e vediate quanto è grande agli occhi dell’Eterno il male che avete fatto chiedendo per voi un re". 18 Allora Samuele invocò l’Eterno e l’Eterno mandò quel giorno tuoni e pioggia e tutto il popolo ebbe grande timore dell’Eterno e di Samuele. 19 E tutto il popolo disse a Samuele: "Prega l’Eterno, il tuo Dio, per i tuoi servi, affinché non muoiano; poiché a tutti gli altri nostri peccati abbiamo aggiunto questo torto di chiedere per noi un re". 20 E Samuele rispose al popolo: "Non temete; è vero, voi avete fatto tutto questo male; tuttavia, non smettete di seguire l’Eterno, ma servitelo con tutto il vostro cuore; 21 non ve ne allontanate, perché andreste dietro a cose vane, che non possono giovare né liberare, perché sono cose vane. 22 Infatti l’Eterno, per amore del suo grande nome, non abbandonerà il suo popolo, poiché è piaciuto all’Eterno di fare di voi il suo popolo. 23 Quanto a me, lungi da me il peccare contro l’Eterno cessando di pregare per voi! Anzi, io vi mostrerò la buona e diritta via. 24 Soltanto temete l’Eterno e servitelo fedelmente, con tutto il vostro cuore; considerate infatti le cose grandi da lui compiute per voi! 25 Ma, se continuate ad agire malvagiamente, morirete voi e il vostro re".
1 TOE sê Samuel aan die hele Israel: Kyk, ek het na julle geluister in alles wat julle aan my gesê het, en 'n koning oor julle aangestel.
2 En kyk nou, die koning sal voor julle uit wandel, en ek het oud en grys geword, en my seuns is hier by julle. En ek het voor julle uit gewandel van my jeug af tot vandag toe.
3 Hier is ek; getuig teen my voor die Here en voor sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak — dan sal ek dit aan julle teruggee.
4 En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie.
5 Daarop sê hy vir hulle: Die Here is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.
6 Verder het Samuel aan die volk gesê: Getuie is die Here wat Moses en Aäron voortgebring en julle vaders uit Egipteland laat optrek het.
7 Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van die Here oor al die regverdige dade van die Here wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het.
8 Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders die Here aangeroep het, het die Here Moses en Aäron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.
9 Maar hulle het die Here hul God vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab — wat teen hulle geveg het.
10 Toe het hulle die Here aangeroep en gesê: Ons het gesondig, want ons het die Here verlaat en die Baäls en Astártes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.
11 En die Here het Jerúbbaäl en Bedan en Jefta en Samuel gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het.
12 Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl die Here julle God tog jul koning is.
13 Hier is dan nou die koning wat julle uitgekies het, wat julle begeer het, en kyk, die Here het 'n koning oor julle aangestel.
14 As julle maar die Here vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van die Here nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, die Here julle God maar volg!
15 Maar as julle nie na die stem van die Here luister nie en wederstrewig is teen die mond van die Here, dan sal die hand van die Here teen julle wees soos teen julle vaders.
16 Gaan dus staan, en kyk na hierdie groot saak wat die Here voor julle oë gaan doen.
17 Is dit nie koringoestyd vandag nie? Ek sal die Here aanroep, dat Hy donderslae en reën gee: weet dan en sien dit in dat julle kwaad groot is wat julle in die oë van die Here gedoen het deur 'n koning vir julle te begeer.
18 Toe het Samuel die Here aangeroep, en die Here het donderslae en reën op dié dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword het vir die Here en vir Samuel.
19 Daarom het die hele volk vir Samuel gesê: Bid tot die Here u God vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons sondes nog kwaad gedoen het deur 'n koning vir ons te begeer.
20 Toe sê Samuel vir die volk: Wees nie bevrees nie. Julle het al hierdie kwaad gedoen; maar wyk nie van die Here af nie, en dien die Here met julle hele hart.
21 En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is.
22 Want die Here sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit die Here behaag het om van julle vir Hom 'n volk te maak.
23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die Here sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.
24 Vrees net die Here en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.
25 Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle self sowel as julle koning omkom.