1 La parola di Samuele era rivolta a tutto Israele. Israele uscì contro i Filistei per dare battaglia, e si accampò presso Eben-Ezer; i Filistei erano accampati presso Afec. 2 I Filistei si schierarono in battaglia di fronte a Israele e, ingaggiato il combattimento, Israele fu sconfitto dai Filistei, che uccisero sul campo di battaglia circa quattromila uomini. 3 Quando il popolo fu tornato nell’accampamento, gli anziani d’Israele dissero: "Perché l’Eterno oggi ci ha sconfitti davanti ai Filistei? Andiamo a prendere a Silo l’arca del patto dell’Eterno, e venga in mezzo a noi e ci salvi dalle mani dei nostri nemici!". 4 Il popolo quindi mandò gente a Silo, e di là fu portata l’arca del patto dell’Eterno degli eserciti, il quale sta fra i cherubini; e i due figli di Eli, Ofni e Fineas, erano là, con l’arca del patto di Dio. 5 E quando l’arca del patto dell’Eterno entrò nell’accampamento, tutto Israele elevò grandi grida di gioia, così che ne rimbombò la terra. 6 I Filistei, all’udire quelle alte grida, dissero: "Che significano queste grandi grida nell’accampamento degli Ebrei?". E seppero che l’arca dell’Eterno era arrivata nell’accampamento. 7 E i Filistei ebbero paura, perché dicevano: "Dio è venuto nell’accampamento". Ed esclamarono: "Guai a noi! poiché non era così nei giorni passati. 8 Guai a noi! Chi ci salverà dalle mani di questi dèi potenti? Questi sono gli dèi che colpirono gli Egiziani con ogni sorta di piaghe nel deserto. 9 Siate forti, Filistei, e comportatevi da uomini, affinché non diventiate schiavi degli Ebrei, come essi sono stati schiavi vostri! Comportatevi da uomini e combattete!". 10 I Filistei dunque combatterono, Israele fu sconfitto e ciascuno se ne fuggì nella sua tenda. La strage fu enorme, e caddero trentamila fanti d’Israele. 11 L’arca di Dio fu presa, e i due figli di Eli, Ofni e Fineas, morirono. 12 Un uomo di Beniamino, fuggito dal campo di battaglia, giunse correndo a Silo quello stesso giorno, con le vesti stracciate e la testa coperta di terra. 13 Al suo arrivo, ecco che Eli stava sull’orlo della strada, seduto sulla sua sedia, aspettando ansiosamente, perché gli tremava il cuore per l’arca di Dio. Quando quell’uomo entrò nella città portando la notizia, un grido si alzò da tutta la città. 14 Ed Eli, udendo lo strepito delle grida, disse: "Che significa il chiasso di questo tumulto?". E quell’uomo andò in fretta a portare la notizia a Eli. 15 Ora Eli aveva novantott’anni; la vista gli era venuta meno, pertanto non poteva vedere. 16 Quell’uomo gli disse: "Sono io che vengo dal campo di battaglia e che ne sono fuggito oggi". Ed Eli disse: "Com’è andata la cosa, figlio mio?". 17 E colui che portava la notizia, rispondendo, disse: "Israele è fuggito davanti ai Filistei e c’è stata una grande strage fra il popolo; anche i tuoi due figli, Ofni e Fineas, sono morti, e l’arca di Dio è stata presa". 18 Appena ebbe menzionato l’arca di Dio, Eli cadde dal suo seggio all’indietro, accanto alla porta, si ruppe la nuca e morì, perché era un uomo vecchio e pesante. Era stato giudice d’Israele quarant’anni. 19 Sua nuora, moglie di Fineas, era incinta e prossima al parto; quando udì la notizia che l’arca di Dio era presa e che suo suocero e suo marito erano morti, si curvò e partorì, perché sorpresa a un tratto dai dolori. 20 Mentre stava per morire, le donne che l’assistevano le dissero: "Non temere, poiché hai partorito un figlio". Ma lei non rispose e non ne fece caso. 21 E chiamò il suo bambino Icabod, dicendo: "La gloria si è allontanata da Israele", perché l’arca di Dio era stata presa, e a causa del suocero e del marito. 22 E disse: "La gloria si è allontanata da Israele, perché l’arca di Dio è stata presa".
1 EN die woord van Samuel het tot die hele Israel gekom. En Israel het uitgetrek vir die geveg, die Filistyne tegemoet, en hulle het laer opgeslaan by Ebenhaéser; maar die Filistyne het laer opgeslaan by Afek.
2 Toe die Filistyne hulle opstel om Israel te ontmoet, en die geveg ontwikkel, is Israel voor die Filistyne verslaan; en hulle het op die vegterrein in die veld omtrent vierduisend man doodgeslaan.
3 Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die Here ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die Here uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande.
4 Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en hulle het die verbondsark van die Here van die leërskare wat op die gérubs troon, daarvandaan gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by die verbondsark van God.
5 En net toe die verbondsark van die Here in die laer inkom, hef die hele Israel 'n groot krygsgeskreeu aan, sodat die aarde gedreun het.
6 En die Filistyne het die geluid van die gejuig gehoor en gesê: Watter geluid van 'n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die ark van die Here in die laer gekom het.
7 En die Filistyne het bang geword, want hulle het gesê: God het in die laer gekom! En hulle het gesê: Wee ons, want so iets het gister en eergister nie gebeur nie.
8 Wee ons! Wie sal ons red uit die hand van hierdie geweldige gode? Dit is dieselfde gode wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die woestyn.
9 Wees dapper en gedra julle soos manne, Filistyne, dat julle nie miskien die Hebreërs dien soos hulle julle gedien het nie; gedra julle dan soos manne, en veg.
10 Toe het die Filistyne geveg, en Israel is verslaan, sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot: van Israel het daar dertigduisend voetgangers geval.
11 Die ark van God is ook geneem, en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, het gesterwe.
12 Toe het 'n Benjaminiet van die slagveld af gehardloop en dieselfde dag in Silo aangekom met geskeurde klere en grond op sy hoof.
13 Terwyl hy aankom, sit Eli juis en uitkyk op 'n stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die ark van God. En die man het gekom om dit in die stad mee te deel, en die hele stad het geskreeu.
14 Toe Eli dan die geluid van die geskreeu hoor, sê hy: Wat is dit vir 'n rumoerige geluid? En die man het gou gekom en dit aan Eli meegedeel.
15 (Eli was agt-en-negentig jaar oud, en sy oë het styf gestaan, sodat hy nie kon sien nie.)
16 En die man het vir Eli gesê: Dit is ek wat van die slagveld gekom het; ja, ek het vandag van die slagveld gevlug. En hy vra: Wat het daar gebeur, my seun?
17 En die boodskapper antwoord en sê: Israel het voor die Filistyne gevlug, en daar was ook 'n groot neerlaag onder die manskappe, en u twee seuns, Hofni en Pínehas, het ook gesterwe, en die ark van God is geneem.
18 Net toe hy melding maak van die ark van God, val hy agteroor van die stoel af aan die kant van die poort, sodat hy sy nek gebreek en gesterf het; want die man was oud en swaar. En hy het Israel veertig jaar lank gerig.
19 En sy skoondogter, die vrou van Pínehas, was vér heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die ark van God geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval.
20 En terwyl sy op sterwe lê, sê die vroue wat by haar staan: Wees nie bevrees nie, want jy het 'n seun gebaar; maar sy het nie geantwoord en dit nie ter harte geneem nie,
21 maar die seuntjie Íkabod genoem en gesê: Weggevoer is die eer uit Israel — met die oog op die wegneming van die ark van God en met die oog op haar skoonvader en haar man.
22 En sy het gesê: Weggevoer is die eer uit Israel, omdat die ark van God geneem is.