Publicidade

1 Samuel 7

AFR53

1 Quelli di Chiriat-Iearim vennero a prendere l’arca dell’Eterno, e la trasportarono in casa di Abinadab, sulla collina, e consacrarono suo figlio Eleazar, perché custodisse l’arca dell’Eterno.

Disfatta dei Filistei a Eben-Ezer. Samuele giudice d’Israele

2 Dal giorno che l’arca era stata collocata a Chiriat-Iearim era passato molto tempo; erano trascorsi vent’anni e tutta la casa d’Israele alzò grida di lamento verso l’Eterno. 3 Allora Samuele parlò a tutta la casa d’Israele dicendo: "Se tornate all’Eterno con tutto il vostro cuore, togliete di mezzo a voi gli dèi stranieri e gli idoli di Astarte, volgete risolutamente il vostro cuore verso l’Eterno, e servite lui solo; allora egli vi libererà dalle mani dei Filistei". 4 E i figli d’Israele tolsero via gli idoli di Baal e di Astarte, e servirono soltanto l’Eterno. 5 Poi Samuele disse: "Radunate tutto Israele a Mispa, e io pregherò l’Eterno per voi". 6 Ed essi si adunarono a Mispa, attinsero dell’acqua e la sparsero davanti all’Eterno, e digiunarono quel giorno, e dissero: "Abbiamo peccato contro l’Eterno". E Samuele fu giudice d’Israele a Mispa. 7 Quando i Filistei seppero che i figli d’Israele si erano radunati a Mispa, i loro prìncipi salirono contro Israele. Quando i figli d’Israele udirono ciò, ebbero paura dei Filistei, 8 e dissero a Samuele: "Non cessare di gridare per noi all’Eterno, al nostro Dio, affinché ci liberi dalle mani dei Filistei". 9 E Samuele prese un agnello da latte e l’offrì intero in olocausto all’Eterno; e gridò all’Eterno per Israele, e l’Eterno l’esaudì. 10 Ora mentre Samuele offriva l’olocausto, i Filistei si avvicinarono per assalire Israele; ma l’Eterno tuonò quel giorno con grande fragore contro i Filistei e li mise in rotta, tanto che furono sconfitti davanti a Israele. 11 Gli uomini d’Israele uscirono da Mispa, inseguirono i Filistei, e li batterono fin sotto Bet-Car. 12 Allora Samuele prese una pietra, la pose tra Mispa e Sen, e la chiamò Eben-Ezer dicendo: "Fin qui l’Eterno ci ha soccorso". 13 I Filistei furono umiliati e non tornarono più a invadere il territorio d’Israele; e la mano dell’Eterno fu contro i Filistei per tutto il tempo di Samuele. 14 Le città che i Filistei avevano preso a Israele tornarono a Israele, da Ecron fino a Gat. Israele liberò il loro territorio dalle mani dei Filistei. Ci fu pace fra Israele e gli Amorei. 15 E Samuele fu giudice d’Israele per tutto il tempo della sua vita. 16 Egli andava ogni anno a fare il giro di Betel, di Ghilgal e di Mispa, ed esercitava il suo ufficio di giudice d’Israele in tutti quei luoghi. 17 Poi tornava a Rama, dove abitava; giudicava Israele e costruì un altare all’Eterno.

1 TOE het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die ark van die Here gaan haal en dit in die huis van Abinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleásar geheilig om die ark van die Here te bewaak.

Neerlaag van die Filistyne by Mispa.

2 EN van die dag af dat die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, het daar geruime tyd verloop dit was twintig jaar en die hele huis van Israel het agter die Here aan geweeklaag.

3 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die Here bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astártes onder julle uit, en rig julle hart op die Here en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.

4 Daarop het die kinders van Israel die Baäls en die Astártes verwyder en die Here alleen gedien.

5 Verder het Samuel gesê: Versamel die hele Israel by Mispa, dan sal ek tot die Here vir julle bid.

6 Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die Here uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die Here. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.

7 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van Israel by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen Israel opgetrek. En die kinders van Israel het dit gehoor en bevrees geword vir die Filistyne.

8 En die kinders van Israel aan Samuel: Laat nie om die Here onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.

9 Toe het Samuel 'n suiglam geneem en dit as 'n brandoffer in sy geheel aan die Here geoffer, en Samuel het die Here aangeroep vir Israel; en die Here het hom verhoor.

10 Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die Here dit dié dag met 'n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.

11 En die manskappe van Israel het uit Mispa uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.

12 Toe het Samuel 'n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die Here ons gehelp.

13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die Here was teen die Filistyne al die dae van Samuel.

14 Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.

15 En Samuel was rigter oor Israel al die dae van sy lewe.

16 Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na Bet-el en Gilgal en Mispa, en Israel op al hierdie plekke gerig.

17 Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die Here 'n altaar gebou.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_12-11-46-