1 Ti scongiuro, davanti a Dio e a Cristo Gesù che deve giudicare i vivi e i morti, per la sua apparizione e per il suo regno: 2 predica la Parola, insisti al momento opportuno e in quello sfavorevole, riprendi, sgrida, esorta con grande pazienza e sempre istruendo. 3 Perché verrà il tempo che non sopporteranno la sana dottrina, ma per prurito di udire si accumuleranno dottori secondo le proprie voglie, 4 distoglieranno le orecchie dalla verità e si volgeranno alle favole. 5 Ma tu sii vigilante in ogni cosa, soffri afflizioni, compi l’opera di evangelista e adempi tutti i doveri del tuo ministerio.
6 Quanto a me io sto per essere offerto in libazione e il tempo della mia partenza è giunto. 7 Ho combattuto il buon combattimento, ho finito la corsa, ho conservato la fede; 8 ormai mi è riservata la corona di giustizia che il Signore, il giusto giudice, mi assegnerà in quel giorno e non solo a me, ma anche a tutti quelli che avranno amato la sua apparizione.
9 Fa’ il possibile per venire presto da me, 10 poiché Dema, avendo amato il presente secolo, mi ha lasciato e se n’è andato a Tessalonica. Crescente è andato in Galazia, Tito in Dalmazia. Solo Luca è con me. 11 Prendi Marco e conducilo con te, poiché egli mi è molto utile per il ministerio. 12 Quanto a Tichico, l’ho mandato a Efeso. 13 Quando verrai porta il mantello che ho lasciato a Troas da Carpo e i libri, specialmente le pergamene.
14 Alessandro, il ramaio, mi ha procurato molti mali. Il Signore gli renderà secondo le sue opere. 15 Da lui guardati anche tu, poiché egli ha fortemente contrastato le nostre parole.
16 Nella mia prima difesa nessuno si è trovato al mio fianco, ma tutti mi hanno abbandonato; non sia loro imputato! 17 Ma il Signore è stato con me e mi ha fortificato, affinché l’evangelo fosse per mezzo mio pienamente proclamato e tutti i Gentili l’udissero, e sono stato liberato dalla gola del leone. 18 Il Signore mi libererà da ogni azione malvagia e mi salverà nel suo regno celeste. A lui sia la gloria nei secoli dei secoli. Amen.
19 Saluta Prisca, Aquila e la famiglia di Onesiforo.
20 Erasto è rimasto a Corinto; Trofimo l’ho lasciato infermo a Mileto.
21 Affrettati a venire prima dell’inverno. Ti salutano Eubulo, Pudente, Lino, Claudia e i fratelli tutti.
22 Il Signore sia con il tuo spirito. La grazia sia con voi.
1 EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
3 want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.
6 WANT ek word alreeds as 'n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.
7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
9 Beywer jou om gou na my te kom.
10 Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.
11 Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.
12 Tíchikus het ek na Éfese gestuur.
13 As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.
14 Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!
15 Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.
16 In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!
17 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.
18 En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
19 Groet Prisca en Áquila en die huis van Onesíforus.
20 Erástus het in Korinthe gebly. Trófimus het ek siek in Miléte agtergelaat.
21 Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.
22 Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.