1 Il terzo giorno, Ester si mise la veste reale e si presentò nel cortile interno della casa del re, di fronte all’appartamento del re. Il re era seduto sul trono reale nel palazzo reale, di fronte alla porta della casa. 2 E quando il re vide la regina Ester in piedi nel cortile, lei si guadagnò la sua grazia; il re stese verso Ester lo scettro d’oro che teneva in mano; ed Ester si avvicinò, e toccò la punta dello scettro. 3 Allora il re le disse: "Che hai, regina Ester? che cosa domandi? Anche se tu chiedessi la metà del regno, ti sarà data". 4 Ester rispose: "Se così piace al re, venga oggi il re con Aman al convito che gli ho preparato". 5 Il re disse: "Fate venire subito Aman, per fare ciò che Ester ha detto". Così il re e Aman giunsero al convito che Ester aveva preparato. 6 E mentre si beveva il vino, il re disse a Ester: "Qual è la tua richiesta? Ti sarà concessa. Che cosa desideri? Fosse anche la metà del regno, l’avrai". 7 Ester rispose: "Ecco la mia richiesta, e ciò che desidero: 8 se ho trovato grazia agli occhi del re, e se piace al re di concedermi quello che chiedo e di soddisfare il mio desiderio, venga il re con Aman al convito che io preparerò loro, e domani farò come il re ha detto". 9 Aman quel giorno uscì tutto allegro e con il cuore contento, ma quando vide, alla porta del re, Mardocheo che non si alzava né si muoveva per lui, fu pieno d’ira contro Mardocheo. 10 Tuttavia Aman si contenne, se ne andò a casa, e mandò a chiamare i suoi amici e Zeres, sua moglie. 11 Aman parlò loro della magnificenza delle sue ricchezze, del gran numero dei suoi figli, di tutto quello che il re aveva fatto per renderlo grande e di come lo aveva innalzato al di sopra dei capi e dei servi del re. 12 E aggiunse: "Anche la regina Ester non ha fatto venire con il re nessun altro se non me al convito che ha dato; e anche per domani sono invitato da lei con il re. 13 Ma tutto questo non mi soddisfa finché vedrò quel Giudeo, Mardocheo, sedere alla porta del re". 14 Allora Zeres sua moglie, e tutti i suoi amici gli dissero: "Si prepari una forca alta cinquanta cubiti; e domattina di’ al re che vi si impicchi Mardocheo; poi vattene allegro al convito con il re". E la cosa piacque ad Aman, che fece preparare la forca.
1 OP die derde dag het Ester haar koninklik aangetrek en gaan staan in die binneste voorhof van die paleis van die koning, teenoor die saal van die koning, terwyl die koning op sy koninklike troon sit in die koninklike saal, teenoor die ingang van die saal.
2 En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
3 Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk — dit sal jou gegee word.
4 Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.
5 En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het.
6 En terwyl hulle wyn drink, sê die koning vir Ester: Wat is jou bede? — dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk — daaraan sal voldoen word.
7 Daarop antwoord Ester en sê: My bede en my versoek is:
8 As ek genade gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel.
9 En op dié dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mórdegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mórdegai.
10 MAAR Haman het hom bedwing; en toe hy by sy huis kom, laat hy sy vriende en sy vrou Seres haal;
11 en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.
12 Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.
13 Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mórdegai in die poort van die koning sien sit.
14 Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.