1 Chi si separa dagli altri cerca la propria soddisfazione e si arrabbia contro tutto ciò che è giusto.
2 Lo stolto prende piacere, non nella prudenza, ma soltanto nel manifestare ciò che ha nel cuore.
3 Quando viene l’empio, viene anche il disprezzo e, con la vergogna, viene il disonore.
4 Le parole della bocca di un uomo sono acque profonde; la fonte di sapienza è un ruscello che scorre perenne.
5 Non è bene avere dei riguardi personali per l’empio, per fare torto al giusto nel giudizio.
6 Le labbra dello stolto causano liti, e la sua bocca attira percosse.
7 La bocca dello stolto è la sua rovina, e le sue labbra sono un laccio per la sua anima.
8 Le parole del maldicente sono come ghiottonerie, e penetrano fino nell’intimo delle viscere.
9 Anche colui che è pigro nel suo lavoro è fratello del dissipatore.
10 Il nome dell’Eterno è una forte torre; il giusto vi corre e vi trova un alto rifugio.
11 I beni del ricco sono la sua città forte; sono come un’alta muraglia, nella sua immaginazione.
12 Prima della rovina, il cuore dell’uomo s’innalza, ma l’umiltà precede la gloria.
13 Chi risponde prima di avere ascoltato, mostra la sua follia, e rimane confuso.
14 Lo spirito dell’uomo lo sostiene quando egli è infermo; ma lo spirito abbattuto chi lo solleverà?
15 Il cuore dell’uomo intelligente acquista la scienza, e l’orecchio dei saggi la cerca.
16 I regali che uno fa gli aprono la strada e gli danno accesso ai grandi.
17 Il primo a perorare la propria causa sembra che abbia ragione; ma viene l’altra parte, e lo mette alla prova.
18 La sorte fa cessare le liti e decide fra i grandi.
19 Un fratello offeso è più inespugnabile di una città forte; e le liti tra fratelli sono come le sbarre di un castello.
20 Con il frutto della sua bocca l’uomo sazia il corpo; si sazia con il prodotto delle sue labbra.
21 Morte e vita sono in potere della lingua; chi la ama ne mangerà i frutti.
22 Chi ha trovato moglie ha trovato un bene e ha ottenuto un favore dall’Eterno.
23 Il povero parla supplicando, e il ricco risponde con durezza.
24 Chi ha molti amici li ha per sua disgrazia; ma c’è un amico che è più affezionato di un fratello.
1 HY wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.
2 Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.
3 As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.
4 Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.
5 Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.
6 Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.
7 Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.
8 Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
9 Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester.
10 Die Naam van die Here is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.
11 Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding.
12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
13 Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.
14 Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees — wie kan dit opbeur?
15 Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.
16 Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.
17 Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
18 Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.
19 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.
20 Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.
21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
22 Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die Here verkry.
23 Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.
24 'n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.