1 La buona reputazione è da preferirsi alle molte ricchezze; la stima, all’argento e all’oro.
2 Il ricco e il povero s’incontrano; l’Eterno li ha fatti tutti e due.
3 L’uomo accorto vede venire il male, e si nasconde; ma i semplici vanno avanti e ne subiscono le conseguenze.
4 Il frutto dell’umiltà e del timore dell’Eterno è ricchezza, gloria e vita.
5 Spine e lacci sono sulla via del perverso; chi ha cura della sua anima se ne tiene lontano.
6 Insegna al ragazzo la condotta che deve tenere, anche quando sarà vecchio non se ne allontanerà.
7 Il ricco domina sui poveri, e chi prende in prestito è schiavo di chi presta.
8 Chi semina iniquità miete sciagura, e la verga della sua collera è infranta.
9 L’uomo dallo sguardo benevolo sarà benedetto, perché dà del suo pane al povero.
10 Caccia via il beffardo, se ne andranno le contese, cesseranno le liti e gli oltraggi.
11 Chi ama la purezza del cuore e ha la grazia sulle labbra, ha il re per amico.
12 Gli occhi dell’Eterno proteggono la scienza, ma egli rende vane le parole del perfido.
13 Il pigro dice: "Là fuori c’è un leone; sarò ucciso per la strada".
14 La bocca delle donne corrotte è una fossa profonda; chi è in abominio all’Eterno vi cadrà dentro.
15 La follia è legata al cuore del fanciullo, ma la verga della correzione l’allontanerà da lui.
16 Chi opprime il povero, lo arricchisce; chi dona al ricco, non fa che impoverirlo.
17 Porgi l’orecchio e ascolta le parole dei saggi e applica il cuore alla mia scienza. 18 Ti sarà dolce custodirle in cuore e averle tutte pronte sulle tue labbra. 19 Ho voluto istruirti oggi, sì, proprio te, perché la tua fiducia sia posta nell’Eterno. 20 Non ho io già da tempo scritto per te consigli e insegnamenti 21 per farti conoscere cose certe, parole vere, affinché tu possa rispondere parole vere a chi ti interroga?
22 Non derubare il povero perché è povero, e non opprimere il misero alla porta, 23 perché l’Eterno difenderà la loro causa, e spoglierà della vita chi avrà spogliato loro.
24 Non fare amicizia con l’uomo irascibile e non andare con l’uomo violento, 25 perché tu non impari le sue vie ed esponga la tua anima a un’insidia.
26 Non essere di quelli che danno la mano, che si fanno garanti per debiti. 27 Se non hai di che pagare, perché esporti a farti portare via il letto?
28 Non spostare il confine antico, che fu messo dai tuoi padri.
29 Hai tu visto un uomo veloce nelle sue faccende? Egli starà al servizio dei re; non starà al servizio della gente oscura.
1 'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.
2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak.
3 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.
4 Die loon van nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe.
5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.
8 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.
9 Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.
10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.
11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is — die koning is sy vriend.
12 Die oë van die Here bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.
13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
14 Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die Here vertoornd is, sal daarin val.
15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.
17 GEE gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.
18 Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.
19 Dat jou vertroue op die Here mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.
20 Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,
21 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?
22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.
23 Want die Here sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.
24 Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,
25 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.
26 Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.
27 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?
28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.
29 Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk — hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.