Publicidade

Provérbios 28

AFR53

1 L’empio fugge senza che nessuno lo perseguiti, ma il giusto se ne sta sicuro come un leone.

2 Quando un paese è pieno di misfatti, i suoi capi sono numerosi, ma, con un uomo intelligente e pratico delle cose, l’ordine dura.

3 Un povero che opprime i miseri è come una pioggia che devasta e non pane.

4 Quelli che abbandonano la legge, lodano gli empi; ma quelli che la osservano, fanno loro la guerra.

5 Gli uomini malvagi non comprendono ciò che è giusto, ma quelli che cercano l’Eterno comprendono ogni cosa.

6 Meglio il povero che cammina nella sua integrità, del perverso che cammina nella doppiezza ed è ricco.

7 Chi osserva la legge è un figlio intelligente, ma il compagno dei ghiottoni fa vergogna a suo padre.

8 Chi accresce i suoi beni con gli interessi e l’usura, li raccoglie per chi ha pietà dei poveri.

9 Se uno volge gli orecchi altrove per non udire la legge, la sua stessa preghiera è un abominio.

10 Chi spinge i giusti a percorrere una cattiva strada cadrà egli stesso nella fossa che ha scavato, ma gli uomini integri erediteranno il bene.

11 Il ricco si reputa saggio, ma il povero che è intelligente, lo scruta.

12 Quando i giusti trionfano la gloria è grande, ma quando gli empi si innalzano la gente si nasconde.

13 Chi copre le sue trasgressioni non prospererà, ma chi le confessa e le abbandona otterrà misericordia.

14 Beato l’uomo che è sempre timoroso, ma chi indurisce il suo cuore cadrà nella sventura.

15 Un empio che domina un popolo povero è un leone ruggente, un orso affamato.

16 Il principe senza prudenza fa molte estorsioni, ma chi odia il guadagno disonesto prolunga i suoi giorni.

17 L’uomo su cui pesa un omicidio fuggirà fino alla fossa: nessuno lo fermi!

18 Chi cammina integramente sarà salvato, ma il perverso che percorre vie tortuose cadrà all’improvviso.

19 Chi lavora la sua terra avrà abbondanza di pane, ma chi va dietro ai fannulloni avrà abbondanza di miseria.

20 L’uomo fedele sarà colmato di benedizioni, ma chi ha fretta di arricchire non rimarrà impunito.

21 Avere dei riguardi personali non è bene; per un pezzo di pane l’uomo talvolta diventa peccatore.

22 L’uomo invidioso ha fretta di arricchire, non sa che gli piomberà addosso la miseria.

23 Chi riprende qualcuno gli sarà, alla fine, più gradito di chi lo lusinga con le sue parole.

24 Chi ruba a suo padre e a sua madre e dice: "Non è un delitto!", è compagno del dissipatore.

25 Chi ha l’animo avido fa nascere contese, ma chi confida nell’Eterno sarà saziato.

26 Chi confida nel proprio cuore è uno stolto, ma chi cammina saggiamente scamperà.

27 Chi dona al povero non sarà mai nel bisogno, ma chi chiude gli occhi sarà coperto di maledizioni.

28 Quando gli empi si innalzano la gente si nasconde; ma quando periscono, si moltiplicano i giusti.

1 DIE goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.

2 Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.

3 'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.

4 Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.

5 Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die Here soek, verstaan alles.

6 Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.

7 Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.

8 Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.

9 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel.

10 Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.

11 'n Ryk man is wys in sy eie ; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.

12 As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.

13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

14 Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.

15 'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers.

16 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.

17 'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.

18 Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.

19 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.

20 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.

21 Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan.

22 'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.

23 Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

24 Wie sy vader of sy moeder berowe, en : Dit is geen oortreding nie! hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel.

25 Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die Here vertrou, word verkwik.

26 Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

27 Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy toemaak, word swaar vervloek.

28 As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-