1 Parole di Agur, figlio di Iaché.
Massime pronunciate da quest’uomo per Itiel, per Itiel e Ucal.
2 Certo, io sono più ignorante di ogni altro, e non ho l’intelligenza di un uomo. 3 Non ho imparato la sapienza, e non ho la conoscenza del Santo.
4 Chi è salito in cielo e ne è sceso? Chi ha raccolto il vento nel suo pugno? Chi ha racchiuso le acque nella sua veste? Chi ha stabilito tutti i confini della terra? Qual è il suo nome e il nome di suo figlio? Lo sai tu?
5 Ogni parola di Dio è affinata con il fuoco. Egli è uno scudo per chi confida in lui. 6 Non aggiungere nulla alle sue parole, perché egli non ti debba rimproverare e tu sia trovato bugiardo.
7 Io ti ho chiesto due cose: non me le rifiutare, prima che io muoia: 8 allontana da me vanità e parola bugiarda; non mi dare né povertà né ricchezze, cibami del pane che mi è necessario, 9 affinché io, essendo sazio, non arrivi a rinnegarti e a dire: "Chi è l’Eterno?" oppure, diventato povero, non rubi e profani il nome del mio Dio.
10 Non calunniare il servo presso il suo padrone, perché egli non ti maledica e tu debba subirne la pena.
11 C’è una razza di gente che maledice suo padre e non benedice sua madre. 12 C’è una razza di gente che si crede pura e non è lavata dalla sua lordura. 13 C’è una razza di gente che ha gli occhi molto alteri e le palpebre superbe. 14 C’è una razza di gente i cui denti sono spade e i molari coltelli, per divorare del tutto i miseri sulla terra e i bisognosi fra gli uomini.
15 La sanguisuga ha due figlie che dicono: "Dammi, dammi!". Ci sono tre cose che non si saziano mai, anzi quattro, che non dicono mai: "Basta!". 16 Il soggiorno dei morti, il grembo sterile, la terra che non si sazia di acqua e il fuoco che non dice mai: "Basta!".
17 L’occhio di chi si fa beffe del padre e non si degna di ubbidire alla madre, lo caveranno i corvi del torrente, lo divoreranno gli aquilotti.
18 Ci sono tre cose per me troppo meravigliose; anzi quattro, che io non capisco: 19 la traccia dell’aquila nell’aria, la traccia del serpente sulla roccia, la traccia della nave in mezzo al mare, la traccia dell’uomo nella giovane.
20 Tale è la condotta della donna adultera: essa mangia, si pulisce la bocca, e dice: "Non ho fatto nulla di male!".
21 Per tre cose la terra trema, anzi per quattro, che non può sopportare: 22 per un servo quando diventa re, per un uomo da nulla quando ha pane a sazietà, 23 per una donna, mai chiesta, quando giunge a maritarsi e per una serva quando diventa erede della padrona.
24 Ci sono quattro animali fra i più piccoli della terra, e tuttavia pieni di saggezza: 25 le formiche, popolo senza forze, che si preparano il cibo durante l’estate; 26 gli iraci, popolo non potente, che fissano la loro dimora nelle rocce; 27 le locuste, che non hanno re, e procedono tutte divise per schiere; 28 la lucertola, che puoi prendere con le mani, eppure si trova nei palazzi dei re.
29 Queste tre creature hanno una bella andatura, anche queste quattro hanno un passo magnifico: 30 il leone, che è il più forte degli animali e non indietreggia davanti a nessuno; 31 il cavallo dai fianchi serrati, il capro, e il re alla testa dei suoi eserciti.
32 Se hai agito follemente cercando di innalzarti, o se hai pensato del male, mettiti la mano sulla bocca; 33 perché, come chi sbatte la panna ne fa uscire il burro, chi schiaccia il naso ne fa uscire il sangue, così chi spreme l’ira ne fa uscire contese.
1 DIE woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.
2 Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.
3 En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.
4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun — as jy dit weet?
5 Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.
6 Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.
7 Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:
8 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;
9 dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die Here? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
10 Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.
11 Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,
12 'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
13 'n geslag — hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! —
14 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.
15 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! —
16 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!
17 'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag — die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
18 Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:
19 die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.
20 So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
21 Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:
22 onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;
23 onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.
24 Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:
25 die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;
26 die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;
27 die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;
28 die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.
29 Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:
30 die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;
31 die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.
32 As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het — die hand op die mond!
33 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.