1 Non ti vantare del domani, poiché non sai quello che un giorno possa produrre.
2 Un altro ti lodi, non la tua bocca; un estraneo, non le tue labbra.
3 La pietra è grave e la sabbia pesante, ma l’irritazione dello stolto pesa più dell’uno e dell’altra.
4 L’ira è crudele e la collera impetuosa; ma chi può resistere alla gelosia?
5 Meglio riprensione aperta che amore nascosto.
6 Fedeli sono le ferite di chi ama, frequenti i baci di chi odia.
7 Chi è sazio calpesta il favo di miele, ma per chi ha fame ogni cosa amara è dolce.
8 Come l’uccello vaga lontano dal nido, così è l’uomo che vaga lontano da casa.
9 L’olio e il profumo rallegrano il cuore; così fa la dolcezza di un amico con i suoi consigli cordiali.
10 Non abbandonare il tuo amico né l’amico di tuo padre, e non andare in casa di tuo fratello nel giorno della tua sventura; una persona a te vicina vale più di un fratello lontano.
11 Figlio mio, sii saggio e rallegrami il cuore, così potrò rispondere a chi mi offende.
12 L’uomo accorto vede il male e si nasconde, ma gli scempi passano oltre e ne portano la pena.
13 Prendigli il vestito poiché ha garantito per altri; fatti dare dei pegni, poiché si è reso garante di stranieri.
14 Chi benedice il prossimo ad alta voce, di buon mattino, sarà considerato come se lo maledicesse.
15 Un gocciolare continuo in giorno di grande pioggia e una donna rissosa sono cose che si somigliano. 16 Chi la vuole trattenere vuole trattenere il vento e stringere l’olio nella sua destra.
17 Il ferro forbisce il ferro; così un uomo ne forbisce un altro.
18 Chi ha cura del fico ne mangerà il frutto; e chi veglia sul suo padrone sarà onorato.
19 Come il viso si riflette nell’acqua, così il cuore dell’uomo rivela l’uomo.
20 Il soggiorno dei morti e l’abisso sono insaziabili, e insaziabili sono gli occhi degli uomini.
21 Il crogiuolo è per l’argento, il fornello per l’oro, e l’uomo è provato dalla bocca di chi lo loda.
22 Anche se tu pestassi lo stolto in un mortaio in mezzo al grano con il pestello, la sua follia non lo lascerebbe.
23 Guarda di conoscere bene lo stato delle tue pecore, abbi gran cura delle tue mandrie; 24 perché le ricchezze non durano sempre e neanche una corona dura di generazione in generazione. 25 Quando è tolto il fieno, subito rispunta l’erba fresca e le erbe dei monti sono raccolte. 26 Gli agnelli ti danno da vestire, i capri di che comprarti un campo, 27 e il latte delle capre basta a nutrire te, a nutrire la tua famiglia e a far vivere le tue serve.
1 BEROEM jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.
2 Laat 'n ander jou prys en nie jou eie mond nie; 'n vreemde, en nie jou eie lippe nie.
3 Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.
4 Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
5 Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.
6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
7 'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
8 Soos 'n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë welgemeende raad.
10 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
11 Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.
12 As 'n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.
13 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir 'n onbekende.
14 Wie vroeg in die môre sy naaste met 'n harde stem 'n seën toeroep, dit sal hom as 'n vloek aangereken word.
15 'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders.
16 Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
18 Wie 'n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.
19 Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.
20 Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van 'n mens nie versadig nie.
21 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet.
22 Al stamp jy die sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.
23 Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;
24 want 'n skat is nie vir ewig nie — of sal 'n kroon wees van geslag tot geslag?
25 As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,
26 dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as 'n koopprys vir grond,
27 en genoeg bokmelk as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.