1 Non portare invidia ai malvagi e non desiderare di stare con loro, 2 perché il loro cuore medita violenza e le loro labbra parlano di nuocere.
3 La casa si costruisce con la sapienza e si rende stabile con la prudenza; 4 mediante la scienza se ne riempiono le stanze di ogni specie di beni preziosi e gradevoli.
5 L’uomo saggio è pieno di forza, e chi ha conoscenza accresce la sua potenza; 6 infatti, con sagge direttive potrai condurre bene la guerra, e la vittoria sta nel gran numero dei consiglieri.
7 La sapienza è troppo in alto per lo stolto; egli non apre mai la bocca alla porta della città.
8 Chi pensa a fare il male sarà chiamato esperto in malizia.
9 I disegni dello stolto sono peccato e il beffardo è l’abominio degli uomini.
10 Se ti scoraggi nel giorno dell’avversità, la tua forza è poca.
11 Libera quelli che sono condotti a morte, e salva quelli che, vacillando, vanno al supplizio. 12 Se dici: "Ma noi non ne sapevamo nulla!", colui che pesa i cuori, non lo vede forse? Colui che veglia sulla tua anima non lo sa forse? E non renderà egli a ciascuno secondo le sue opere?
13 Figlio mio, mangia del miele perché è buono; un favo di miele sarà dolce al tuo palato.
14 Così conosci la sapienza per il bene dell’anima tua! Se la trovi, c’è un avvenire, e la tua speranza non sarà delusa.
15 O empio, non tendere insidie alla casa del giusto! non devastare il luogo dove riposa! 16 perché il giusto cade sette volte e si rialza, ma gli empi sono travolti dalla sventura.
17 Quando il tuo nemico cade, non ti rallegrare; quando è rovesciato, il tuo cuore non ne gioisca, 18 affinché l’Eterno non lo veda e gli dispiaccia e non distolga la sua ira da lui.
19 Non ti irritare a causa di chi fa il male e non portare invidia agli empi; 20 perché non c’è avvenire per il malvagio; la lampada degli empi sarà spenta.
21 Figlio mio, temi l’Eterno e il re, e non associarti con chi vuole cambiare; 22 la loro calamità sopraggiungerà improvvisa, e chi sa la triste fine dei loro anni?
(versetti 23-34)
23 Anche queste sono massime dei saggi. Non è bene, in giudizio, avere dei riguardi personali.
24 Chi dice all’empio: "Tu sei giusto", i popoli lo malediranno, lo odieranno le nazioni. 25 Ma quelli che sanno punire se ne troveranno bene, su loro scenderanno benedizioni e prosperità.
26 Dà un bacio sulle labbra chi dà una risposta giusta.
27 Metti in buon ordine i tuoi affari di fuori, metti a posto i tuoi campi, poi ti costruirai la casa.
28 Non testimoniare, senza motivo, contro il tuo prossimo; non farti ingannatore con le tue parole. 29 Non dire: "Come ha fatto a me così farò a lui; renderò a costui secondo la sua opera".
30 Passai presso il campo del pigro e presso la vigna dell’uomo privo di senno; 31 ed ecco le spine vi crescevano dappertutto, i rovi ne coprivano il suolo, e il muro di cinta era in rovina. 32 Considerai la cosa, e mi misi a riflettere; da ciò che vidi, trassi una lezione: 33 Dormire un po’, sonnecchiare un po’, incrociare un po’ le mani per riposare 34 e la tua povertà verrà come un ladro, la tua miseria come un uomo armato.
1 WEES nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
3 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
4 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
5 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.
6 Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
7 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.
9 Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.
10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!
12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! — sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
13 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
14 Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
15 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
18 dat die Here dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
19 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
20 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
21 My seun, vrees die Here en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
23 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
24 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! — die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen — ek sal die man vergelde na sy werk.
30 Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,
31 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
32 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
33 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;
34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.