1 Come la neve all’estate, la pioggia al tempo della mietitura, così non si addice la gloria allo stolto.
2 Come il passero vaga qua e là e la rondine vola, così la maledizione senza motivo non raggiunge il suo effetto.
3 La frusta per il cavallo, la briglia per l’asino e il bastone per il dorso degli stolti.
4 Non rispondere allo stolto secondo la sua follia, perché tu non gli debba somigliare.
5 Rispondi allo stolto secondo la sua follia, perché non si creda saggio.
6 Chi affida messaggi a uno stolto si taglia i piedi e si abbevera di sofferenze.
7 Come le gambe dello zoppo sono senza forza, così è una massima nella bocca degli stolti.
8 Chi onora uno stolto fa come chi getta una gemma in un mucchio di sassi.
9 Una massima in bocca agli stolti è come un ramo spinoso in mano a un ubriaco.
10 Chi impiega lo stolto e il primo che capita è come un arciere che ferisce tutti.
11 Lo stolto che ricade nella sua follia è come il cane che torna al suo vomito.
12 Hai tu visto un uomo che si crede saggio? C’è più da sperare da uno stolto che da lui.
13 Il pigro dice: "C’è un leone nella strada, c’è un leone per le vie!".
14 Come la porta si gira sui cardini, così il pigro sul suo letto.
15 Il pigro tuffa la mano nel piatto e gli sembra faticoso riportarla alla bocca.
16 Il pigro si crede più saggio di sette uomini che danno risposte sensate.
17 Il passante che si riscalda per una contesa che non lo riguarda, è come chi afferra un cane per le orecchie.
18 Come un pazzo che scaglia tizzoni, frecce e morte, 19 così è colui che inganna il prossimo, e dice: "L’ho fatto per ridere!".
20 Quando manca la legna, il fuoco si spegne; e quando non c’è maldicente, cessano le contese. 21 Come il carbone dà la brace, e la legna dà la fiamma, così l’uomo rissoso accende le liti. 22 Le parole del maldicente sono come ghiottonerie, e penetrano fino nell’intimo delle viscere.
23 Labbra ardenti e un cuore malvagio sono come schiuma d’argento spalmata sopra un vaso di terra. 24 Chi odia parla con finzione; ma, dentro, cova l’inganno; 25 quando parla con voce graziosa, non ti fidare, perché ha sette abominazioni nel cuore. 26 Il suo odio si nasconde sotto la finzione, ma la sua malvagità si rivelerà nell’assemblea.
27 Chi scava una fossa vi cadrà, e la pietra torna addosso a chi la rotola.
28 La lingua bugiarda odia quelli che ha ferito, e la bocca adulatrice produce rovina.
1 SOOS sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.
2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
3 'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.
4 Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.
5 Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.
6 Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.
7 Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
8 Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.
9 Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
10 Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.
11 Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.
12 Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.
13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.
14 'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
15 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.
16 Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
17 Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.
18 Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,
19 so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel sommer.
20 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
21 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
22 Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.
23 Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.
24 Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.
25 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.
26 Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
27 Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.
28 'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.