1 Oracolo, parola dell’Eterno, rivolta a Israele per mezzo di Malachia. 2 "Io vi ho amati", dice l’Eterno; "e voi dite: ‘In che cosa ci hai amati?’. Esaù non era forse fratello di Giacobbe?" dice l’Eterno; "eppure io ho amato Giacobbe 3 e ho odiato Esaù, ho fatto dei suoi monti una desolazione, ho dato la sua eredità agli sciacalli del deserto". 4 Se Edom dice: "Noi siamo stati atterrati, ma torneremo e ricostruiremo i luoghi ridotti in rovina", così parla l’Eterno degli eserciti: "Essi costruiranno, ma io distruggerò; saranno chiamati ‘Territorio dell’iniquità’, e ‘Popolo contro il quale l’Eterno è indignato per sempre’. 5 I vostri occhi lo vedranno e voi direte: ‘L’Eterno è magnificato oltre i confini d’Israele’".
6 "‘Un figlio onora suo padre e un servo il suo signore; se dunque io sono padre, dov’è l’onore che mi è dovuto? Se sono signore, dov’è il timore che mi spetta?’ dice l’Eterno degli eserciti a voi, o sacerdoti, che disprezzate il mio nome, eppure dite: ‘In che modo abbiamo disprezzato il tuo nome?’. 7 Voi offrite sul mio altare cibi contaminati, ma dite: ‘In che modo ti abbiamo contaminato?’. Lo avete fatto dicendo: ‘La mensa dell’Eterno è spregevole’. 8 Quando offrite una bestia cieca per sacrificarla, non è forse male? quando ne offrite una zoppa o malata, non è forse male? Presentala dunque al tuo governatore! Te ne sarà grato? Avrà dei riguardi per la tua persona?" dice l’Eterno degli eserciti. 9 "Ora dunque, implorate pure il favore di Dio, perché egli abbia pietà di noi! Sono le vostre mani quelle che hanno fatto ciò; ed egli dovrebbe avere riguardo alla persona di qualcuno di voi?" dice l’Eterno degli eserciti.
10 "Ci fosse almeno qualcuno di voi che chiudesse le porte! Voi non accendereste invano il fuoco sul mio altare! Io non prendo nessun piacere in voi", dice l’Eterno degli eserciti, "e le offerte delle vostre mani io non le gradisco. 11 Poiché dall’oriente all’occidente il mio nome è grande fra le nazioni, e in ogni luogo si offrono al mio nome incenso e oblazioni pure; perché il mio nome è grande fra le nazioni", dice l’Eterno degli eserciti. 12 "Ma voi lo profanate, dicendo: ‘La mensa dell’Eterno è contaminata, e ciò che dà come cibo è spregevole. 13 Voi dite anche: ‘Ah, che fatica!’ e mi trattate con disprezzo", dice l’Eterno degli eserciti. "Portate animali rubati, zoppi o malati, e queste sono le offerte che fate! Potrei io gradirle dalle vostre mani?" dice l’Eterno. 14 "Maledetto il disonesto che ha nel suo gregge un maschio, ne fa un voto, e offre in sacrificio all’Eterno una bestia difettosa! Poiché io sono un Re grande", dice l’Eterno degli eserciti, "e il mio nome è tremendo fra le nazioni".
1 GODSPRAAK. Die woord van die Here aan Israel deur die diens van Maleági.
2 Ek het julle liefgehad, sê die Here. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die Here. Tog het Ek Jakob liefgehad,
3 maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte 'n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
4 As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou — dan sê die Here van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die Here vertoornd is tot in ewigheid!
5 En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is die Here oor die gebied van Israel!
6 'n Seun eer die vader, en 'n kneg sy heer. As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die Here van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?
7 Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die Here is veragtelik.
8 En as julle 'n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle 'n lam of 'n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy 'n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die Here van die leërskare.
9 Smeek dan nou tog die aangesig van God, dat Hy ons genadig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen — sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê die Here van die leërskare.
10 Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie tevergeefs vuur op my altaar kan aansteek nie! Ek het in julle geen welgevalle nie, sê die Here van die leërskare, en in 'n offer uit julle hand het Ek geen behae nie.
11 Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en 'n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die Here van die leërskare.
12 Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die Here is verontreinig, en wat sy opbrings betref — sy spys is veragtelik.
13 En julle sê: Kyk, wat 'n moeite! En julle verag dit, sê die Here van die leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere — so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê die Here.
14 Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee 'n manlike dier is, 'n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die Here offer; want Ek is 'n groot Koning, sê die Here van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.