1 Oracolo che il profeta Abacuc ebbe in visione.
2 Fino a quando, o Eterno, griderò senza che tu mi dia ascolto? Io grido a te: "Violenza!" e tu non salvi. 3 Perché mi fai vedere l’iniquità e tolleri lo spettacolo della perversità? Mi stanno davanti rapina e violenza; ci sono liti e nasce la discordia. 4 Perciò la legge è senza forza e il diritto non si afferma, perché l’empio inganna il giusto e il diritto ne esce pervertito.
5 Guardate fra le nazioni, guardate, meravigliatevi e siate stupiti! Poiché io sto per fare ai vostri giorni un’opera, che voi non credereste nemmeno se ve la raccontassero. 6 Perché, ecco, io sto per suscitare i Caldei, questa nazione feroce e impetuosa, che percorre tutta la terra per impadronirsi di case che non sono sue. 7 È un popolo terribile, spaventoso; il suo diritto e la sua grandezza procedono da lui stesso. 8 I suoi cavalli sono più veloci dei leopardi, più agili dei lupi di sera; i suoi cavalieri procedono con fierezza; i suoi cavalieri vengono da lontano, volano come l’aquila che piomba sulla preda. 9 Tutta quella gente viene per darsi alla violenza, le loro facce avide sono tese in avanti, e ammassano prigionieri come la sabbia. 10 Si fanno beffe dei re, e i prìncipi sono per loro oggetto di scherno; ridono di tutte le fortezze; accumulano un po’ di terra, e le prendono. 11 Poi passano come il vento; passano oltre e si rendono colpevoli, questa loro forza è il loro dio. 12 Non sei tu dal principio, o Eterno, il mio Dio, il mio Santo? Noi non moriremo! O Eterno, tu lo hai posto, questo popolo, per eseguire i tuoi giudizi, tu, o Rocca, lo hai stabilito per infliggere i tuoi castighi. 13 Tu, che hai gli occhi troppo puri per sopportare la vista del male e che non puoi tollerare lo spettacolo dell’iniquità, perché guardi i perfidi e taci quando il malvagio divora l’uomo che è più giusto di lui? 14 Perché tratti gli uomini come i pesci del mare e come i rettili, che non hanno padrone? 15 Il Caldeo li tira tutti su con l’amo, li prende nella sua rete, li raccoglie nella sua rete da pesca; perciò si rallegra ed esulta. 16 Per questo fa sacrifici alla sua rete e offre profumi alla sua rete da pesca; perché gli provvedono una ricca porzione e un cibo succulento. 17 Continuerà dunque a vuotare la sua rete e a massacrare le nazioni senza pietà?
1 DIE Godspraak wat Hábakuk, die profeet, gesien het.
2 Hoe lank, o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U: Geweld! — maar U help nie?
3 Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite! Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin.
4 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.
5 Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.
6 Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
7 Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
8 En vinniger as luiperds is sy perde en gouer as aandwolwe; en op 'n galop kom sy ruiters, ja, sy ruiters! Van ver kom hulle aangevlieg net soos 'n arend wat op sy prooi neerskiet!
9 Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
10 Ook dryf hy die spot met konings, en vorste is vir hom 'n belagging; hy lag om elke vesting; hy hoop grond daarteen op en neem dit in.
11 Dan gly hy verby, 'n wind, en trek verder — maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
12 IS U dan nie uit die voortyd nie, o Here, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. Here, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!
13 U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie — waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?
14 So maak U dan mense soos visse van die see, soos kruipende gedierte wat geen heerser oor hulle het nie.
15 Hy trek hulle almal op met die hoek, sleep hulle in sy net en vergader hulle in sy seën; daarom is hy vrolik en juig.
16 Daarom offer hy aan sy net en laat rook opgaan vir sy seën; want deur hulle is sy aandeel vet en sy spys weelderig.
17 Sal hy daarom sy net uitskud en gedurigdeur nasies doodmaak sonder verskoning?