1 Io starò al mio posto di guardia, mi metterò sopra una torre e starò attento a quello che l’Eterno mi dirà, e a quello che dovrò rispondere riguardo alla rimostranza che ho fatta. 2 L’Eterno mi rispose e disse: "Scrivi la visione, incidila su delle tavole, perché si possa leggere speditamente; 3 poiché è una visione per un tempo già fissato; essa si affretta verso la fine e non mentirà; se tarda, aspettala; poiché per certo verrà; non tarderà".
4 Egli è pieno di orgoglio e non agisce rettamente; ma il giusto per la sua fede vivrà. 5 Inoltre, il vino è traditore; l’uomo arrogante non può starsene tranquillo; egli allarga la sua bocca come il soggiorno dei morti; come la morte non si può saziare, ma raduna presso di sé tutte le nazioni, raccoglie intorno a sé tutti i popoli. 6 Tutti questi non faranno contro di lui proverbi, sarcasmi, enigmi? Si dirà: ‘Guai a colui che accumula ciò che non è suo! Fino a quando? Guai a colui che si carica di pegni!’. 7 I tuoi creditori non spunteranno forse all’improvviso? I tuoi oppressori non si desteranno? E tu diventerai loro preda. 8 Poiché tu hai saccheggiato molte nazioni, tutto il resto dei popoli ti saccheggerà, a causa del sangue umano sparso, della violenza fatta ai paesi, alle città e a tutti i loro abitanti.
9 Guai a colui che è avido di guadagno illecito per la sua casa, per collocare il suo nido in alto e mettersi al sicuro dalla mano della sventura! 10 Tu hai designato la vergogna per la tua casa, sterminando molti popoli, e hai peccato contro te stesso. 11 Poiché la pietra grida dalla parete, e la trave le risponde dall’armatura di legno.
12 Guai a colui che costruisce la città con il sangue e fonda una città sull’iniquità! 13 Ecco, non è forse volere dell’Eterno che i popoli si affatichino per il fuoco e le nazioni si stanchino per nulla? 14 Poiché la terra sarà piena della conoscenza della gloria dell’Eterno, come le acque coprono il fondo del mare.
15 Guai a colui che dà da bere al prossimo, a te che gli versi il veleno e lo fai ubriacare, per guardarlo nella sua nudità! 16 Tu sarai saziato di vergogna anziché di gloria; bevi anche tu e mostra la tua incirconcisione! La coppa della destra dell’Eterno arriverà fino a te e l’infamia coprirà la tua gloria. 17 Poiché la violenza fatta al Libano e la devastazione che spaventava le bestie ricadranno su di te, a causa del sangue umano sparso, della violenza fatta ai paesi, alle città e a tutti i loro abitanti.
18 A che serve l’immagine scolpita, perché l’artefice la scolpisca? A che serve l’immagine fusa che insegna la menzogna, perché l’artefice confidi nel suo lavoro, fabbricando idoli muti? 19 Guai a chi dice al legno: "Svegliati!" e alla pietra muta: "Alzati!". Può essa forse ammaestrare? Ecco, è ricoperta d’oro e d’argento, ma non c’è in lei nessuno spirito. 20 Ma l’Eterno è nel suo tempio santo; tutta la terra faccia silenzio in sua presenza!
1 OP my wagtoring wil ek gaan staan en op 'n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.
2 Toe antwoord die Here my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
3 Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:
4 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
5 En bowendien, die wyn is 'n bedrieër, 'n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik — hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.
6 Sal hulle nie almal oor hom 'n spreuk, 'n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie — hoe lank? — en hom beswaar met verpande goed.
7 Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle 'n prooi word nie?
8 Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
9 Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.
10 Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.
11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.
12 Wee hom wat 'n stad bou met bloed en 'n vesting stig deur onreg.
13 Kyk, kom dit nie van die Here van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.
15 Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
16 Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer — drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer.
17 Want die geweld aan die Líbanon gepleeg, sal jou oordek; en die verwoesting waarmee die diere skrikgemaak is — weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
18 Wat baat 'n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, 'n gegote beeld, wat 'n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak?
19 Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!
20 Maar die Here is in sy heilige tempel — swyg voor Hom, o ganse aarde!