Publicidade

Naum 3

AFR53
Le malvagità di Ninive, sua distruzione

1 Guai alla città sanguinaria, piena di menzogna e di violenza e che non cessa di depredare! 2 Si ode rumore di fruste, strepito di ruote, galoppo di cavalli, sobbalzare di carri. 3 I cavalieri danno la carica, fiammeggiano le spade, sfolgorano le lance, i feriti abbondano, si ammontano i cadaveri, sono infiniti i morti, s’inciampa nei cadaveri. 4 Questo a causa delle tante fornicazioni dell’avvenente prostituta, dell’abile incantatrice, che vendeva le nazioni con le sue fornicazioni e i popoli con i suoi incantesimi. 5 "Eccomi a te", dice l’Eterno degli eserciti, "io alzerò i lembi della tua veste fin sulla faccia, mostrerò alle nazioni la tua nudità e ai regni la tua vergogna; 6 ti getterò addosso delle immondizie, ti umilierò e ti esporrò allo scherno. 7 Tutti quelli che ti vedranno fuggiranno lontano da te e diranno: Ninive è devastata! Chi la compiangerà?. Dove ti cercherò dei consolatori?". 8 Sei forse migliore di No-Amon, che stava seduta tra i fiumi, circondata dalle acque, che aveva il mare per baluardo, il mare per mura? 9 L’Etiopia e l’Egitto erano la sua forza e non aveva limiti; Put e i Libici erano i suoi alleati. 10 Eppure, anch’essa è stata deportata, è andata in esilio; anche i suoi bambini sono stati sfracellati a ogni angolo di strada; i suoi nobili sono stati estratti a sorte e tutti i suoi grandi sono stati messi in catene. 11 Tu pure sarai ubriacata e andrai a nasconderti; tu pure cercherai un rifugio davanti al nemico.

12 Tutte le tue fortezze saranno come alberi di fico dai frutti primaticci che, quando sono scossi, cadono in bocca a chi li vuole mangiare. 13 Ecco il tuo popolo: in mezzo a te sono solo donne; le porte del tuo paese sono spalancate davanti ai tuoi nemici, il fuoco ha divorato le tue sbarre. 14 Attingi pure acqua per l’assedio! Rinforza le tue fortificazioni! Pesta la malta, impasta l’argilla! Ripara la fornace per mattoni! 15 il fuoco ti divorerà, la spada ti distruggerà; ti divorerà come la cavalletta, fossi pure numerosa come le cavallette, fossi pure numerosa come le locuste. 16 Tu hai moltiplicato i tuoi mercanti, più delle stelle del cielo; le cavallette spogliano ogni cosa e volano via. 17 I tuoi prìncipi sono come le locuste, i tuoi ufficiali come sciami di giovani locuste che si accampano lungo le siepi nei giorni freddi e quando sorge il sole volano via, e non si conosce più il posto dov’erano. 18 O re d’Assiria, i tuoi pastori si sono addormentati; i tuoi valorosi ufficiali riposano; il tuo popolo è disperso su per i monti, e non c’è chi li raduni. 19 Non c’è rimedio per la tua ferita; la tua piaga è grave; tutti quelli che udranno parlare di te batteranno le mani per la tua sorte; su chi, infatti, non è passata la tua malvagità senza tregua?

Die sondes van Ninevé en sy verwoesting.

1 WEE die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie!

2 Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!

3 Ruiters op 'n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En 'n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie 'n mens struikel oor hulle lyke!

4 Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.

5 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.

6 En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou 'n skouspel maak,

7 sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en : Verwoes is Ninevé! Wie sal met haar medelyde ? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?

8 Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?

9 Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Putéërs en Líbiërs was jou tot hulp.

10 Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.

11 Ook sal dronk word, beneweld wees, ook sal 'n toevlug soek teen die vyand.

12 Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter.

13 Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer.

14 Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.

15 Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;

16 al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel die voetgangers vervel en vlieg weg!

17 Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die heining sit die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.

18 Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.

19 Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?

Veja também

Naum
Ver todos os capítulos de Naum
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-