Publicidade

Naum 1

AFR53
Oracolo contro Ninive

1 Oracolo su Ninive; libro della visione di Naum da Elcos. 2 L’Eterno è un Dio geloso e vendicatore; l’Eterno è vendicatore e pieno di furore; l’Eterno si vendica dei suoi avversari e serba rancore verso i suoi nemici. 3 L’Eterno è lento all’ira, è grande in forza, ma non lascia il colpevole impunito. L’Eterno cammina nell’uragano e nella tempesta, e le nuvole sono la polvere dei suoi piedi. 4 Egli sgrida il mare e lo prosciuga, fa seccare tutti i fiumi. Basan langue, langue il Carmelo e appassisce il fiore del Libano. 5 I monti tremano davanti a lui, si sciolgono i colli; alla sua presenza si solleva la terra e il mondo con tutti i suoi abitanti. 6 Chi può reggere davanti alla sua indignazione? chi può sopportare l’ardore della sua ira? Il suo furore si spande come fuoco, e le rocce si schiantano davanti a lui. 7 L’Eterno è buono; è una fortezza nel giorno dell’avversità e conosce quelli che si rifugiano in lui. 8 Ma con una irrompente inondazione egli distruggerà completamente chi lo attacca e inseguirà i suoi nemici fin nelle tenebre.

9 Che cosa tramate voi contro l’Eterno? Egli farà una distruzione totale; la sventura non si abbatterà due volte. 10 Poiché anche se fossero intrecciati come rovi e fradici per il vino ingerito, saranno interamente consumati, come stoppia secca. 11 Da te è uscito colui che ha tramato del male contro l’Eterno, che ha architettato scelleratezze. 12 Così parla l’Eterno: "Anche se pieni di forza e numerosi, saranno falciati e scompariranno; e se io ti ho afflitta non ti affliggerò più. 13 Ora spezzerò il suo giogo di dosso a te e romperò le tue catene". 14 Quanto a te, popolo di Ninive, l’Eterno ha dato quest’ordine: "Non ci sia più discendenza con il tuo nome; io sterminerò dalla casa delle tue divinità le immagini scolpite e le immagini fuse; io ti preparerò la tomba perché sei diventato spregevole".

Il giudizio di Ninive

15 Ecco, sui monti, i piedi di colui che porta buone notizie, che annuncia la pace! Celebra le tue feste, o Giuda, adempi i tuoi voti; poiché il malvagio non passerà più in mezzo a te; egli sarà interamente distrutto.

Die toorn van die Here oor sy vyande en sy goedertierenheid oor sy volk.

1 GODSPRAAK oor Ninevé. Die boek van die gesig van Nahum, die Élkosiet.

2 'n Jaloerse God en 'n wreker is die Here, 'n wreker is die Here, en vol grimmigheid; 'n wreker is die Here vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.

3 Die Here is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die Here ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

4 Hy dreig die see en maak dit droog en laat al die riviere opdroog; Basan en Karmel kwyn weg, en die groenigheid van die Líbanon verwelk.

5 Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en almal wat daarin woon.

6 Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.

7 Die Here is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.

8 Maar met 'n oorstromende vloed maak Hy 'n einde aan die plek van die stad, en sy vyande vervolg Hy die duisternis in.

9 Wat wil julle beraam teen die Here? Hy maak daar 'n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

10 Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.

11 Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die Here beraam het, wat verderflike planne gemaak het.

12 So die Here: Al is hulle ook in volle krag en groot in getal, tog sal hulle net afgemaai word en vergaan. (Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;

13 maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.)

14 Maar die Here sal dit oor jóú verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou 'n graf maak, want jy is te lig bevind.

15 Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!

Veja também

Naum
Ver todos os capítulos de Naum
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-