1 Un distruttore marcia contro di te o Ninive; custodisci bene la fortezza, sorveglia le strade, fortifica i tuoi lombi, raccogli tutte le tue forze! 2 Poiché l’Eterno ristabilisce la gloria di Giacobbe, e la gloria d’Israele; perché i saccheggiatori li hanno saccheggiati e hanno distrutto i loro tralci. 3 Lo scudo dei suoi prodi è tinto di rosso, i suoi guerrieri vestono di scarlatto; il giorno in cui egli si prepara, l’acciaio dei carri scintilla e si impugnano le lance di cipresso. 4 I carri si lanciano furiosamente per le strade, si precipitano per le piazze; hanno l’aspetto di fiaccole, guizzano come fulmini. 5 Il re si ricorda dei suoi prodi ufficiali; essi inciampano nella loro marcia, si precipitano verso le mura e la difesa è preparata. 6 Le porte dei fiumi si aprono e il palazzo crolla.
7 È fatto! Ninive è spogliata e portata via; le sue serve gemono come colombe e si battono il petto. 8 Ninive, dal giorno che esiste, è stata come un serbatoio pieno di acqua; e ora fuggono! Fermatevi! fermatevi! Ma nessuno si volta. 9 Saccheggiate l’argento, saccheggiate l’oro! Ci sono dei tesori senza fine, montagne di oggetti preziosi di ogni genere. 10 Essa è svuotata, spogliata, devastata; i cuori si sciolgono, le ginocchia tremano, tutti i fianchi sono doloranti, tutti i volti impallidiscono.
11 Dov’è questo covo di leoni, questo luogo dove facevano il pasto i leoncelli, dove passeggiavano il leone, la leonessa e i leoncelli, senza che nessuno li spaventasse? 12 Là il leone sbranava per i suoi piccoli, strangolava per le sue leonesse, e riempiva i suoi covi di preda e le sue tane di bottino. 13 "Eccomi a te", dice l’Eterno degli eserciti, "io brucerò i tuoi carri che andranno in fumo, e la spada divorerà i tuoi leoncelli; io farò scomparire dalla terra la tua preda, e non si udrà più la voce dei tuoi messaggeri".
1 'n VERWOESTER trek teen jou op; bewaak die vesting, kyk uit langs die weg, versterk die lendene, versterk jou met alle mag!
2 Want die Here herstel die heerlikheid van Jakob net soos die heerlikheid van Israel; want plunderaars het hulle geplunder en hulle wingerdlote verniel.
3 Die skild van sy helde is rooi geverf, die dapper manne in skarlaken gekleed, die strydwaens skitter met die glans van staal op die dag as hy hom gereedmaak, en die spiese word geswaai.
4 Langs die paaie raas die strydwaens, hulle jaag rond oor die vlaktes; hulle voorkoms is soos fakkels, soos bliksemstrale skiet hulle heen en weer.
5 Hy dink aan sy vername manne; hulle struikel in hul vaart, hulle hardloop na die muur waar die stormdak opgerig staan.
6 Die poorte van die riviere word oopgemaak, en die paleis smelt weg.
7 En dit is beslis: die stad word ontbloot, sy word weggevoer, en haar slavinne klae soos die stem van duiwe en slaan op hulle bors.
8 En Ninevé is soos 'n vywer van waters, al die dae van haar bestaan. Maar hulle loop weg! Staan tog, staan! Maar daar is niemand wat omdraai nie.
9 Roof silwer, roof goud! En onuitputlik is die voorraad, 'n rykdom van allerhande kosbare dinge!
10 Leegheid, ontlediging, vernieling! En die hart versmelt, en knieë wankel, en in al die lendene is krampe, en die aangesig van hulle almal word bleek.
11 Waar is die lêplek van die leeus, wat die voedingsplek was van die jong leeus? Waar die leeu, die leeuin, die klein leeutjie rondgeloop het sonder dat iemand hulle skrikmaak?
12 Die leeu wat vir sy kleintjies geroof en vir sy leeuinne gewurg het, wat sy gate met roof gevul het en sy lêplekke met buit.
13 Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die Here van die leërskare, en Ek laat jou strydwaens in rook opgaan; en die swaard sal jou jong leeus verslind, en Ek sal jou roof van die aarde verdelg; en die stem van jou gesante sal nie meer gehoor word nie.