1 Ahimè! Io mi trovo come dopo la raccolta dei frutti, come dopo la racimolatura, quando è finita la vendemmia; non c’è più grappolo da mangiare; io desidero invano un fico primaticcio. 2 L’uomo pio è scomparso dalla terra; non c’è più gente retta fra gli uomini; tutti stanno in agguato per spargere il sangue, ognuno dà la caccia con la rete a suo fratello. 3 Le loro mani sono pronte al male, per farlo con ogni cura: il principe pretende, il giudice si lascia corrompere, il potente manifesta la sua avidità e ordiscono così le loro trame. 4 Il migliore di loro è simile a un pruno; il più retto è peggiore di una siepe di spine. Il giorno annunciato dalle tue sentinelle, il giorno della tua punizione viene; allora saranno nella costernazione. 5 Non vi fidate del compagno, non riponete fiducia nell’amico intimo; sorveglia la porta della tua bocca davanti a colei che riposa sul tuo petto. 6 Poiché il figlio offende il padre, la figlia insorge contro la madre, la nuora contro la suocera, i nemici di ognuno sono quelli di casa sua.
7 Quanto a me, io volgerò lo sguardo verso l’Eterno, spererò nell’Iddio della mia salvezza; il mio Dio mi ascolterà. 8 Non ti rallegrare di me, o mia nemica! Se sono caduta, mi rialzerò; se siedo nelle tenebre, l’Eterno è la mia luce. 9 Io sopporterò l’indignazione dell’Eterno, perché ho peccato contro di lui, finché egli difenda la mia causa e mi faccia giustizia; egli mi condurrà fuori alla luce e io contemplerò la sua giustizia. 10 Allora la mia nemica lo vedrà e sarà coperta di vergogna; lei che mi diceva: "Dov’è l’Eterno, il tuo Dio?". I miei occhi la vedranno, quando sarà calpestata come il fango delle strade.
11 Verrà il giorno in cui le tue mura saranno ricostruite; in quel giorno saranno allargati i tuoi confini. 12 Quel giorno si verrà da te, dall’Assiria fino alle città d’Egitto, dall’Egitto fino al fiume, da un mare all’altro e da monte a monte. 13 Ma il paese sarà ridotto in desolazione a causa dei suoi abitanti, a causa del frutto delle loro azioni.
14 Pasci il tuo popolo con la tua verga, il gregge della tua eredità, che sta solitario nella foresta in mezzo al Carmelo. Esso pascoli in Basan e in Galaad, come nei giorni antichi. 15 "Come nei giorni in cui uscisti dal paese d’Egitto, io ti farò vedere cose meravigliose". 16 Le nazioni lo vedranno e saranno confuse, nonostante tutta la loro potenza; si metteranno la mano sulla bocca, le loro orecchie saranno stordite. 17 Leccheranno la polvere come il serpente, come i rettili della terra; usciranno spaventate dai loro ripari, verranno tremanti all’Eterno, nostro Dio, e avranno timore di te. 18 Quale Dio è come te, che perdoni l’iniquità e passi sopra alla colpa del residuo della tua eredità? Egli non serba la sua ira per sempre, perché si compiace di usare misericordia. 19 Egli tornerà ad avere pietà di noi, si metterà sotto i piedi le nostre colpe e getterà in fondo al mare tutti i nostri peccati. 20 Tu mostrerai la tua fedeltà a Giacobbe, la tua misericordia ad Abraamo, come giurasti ai nostri padri, fin dai giorni antichi.
1 WEE my, want ek het geword soos ná die insameling van somervrugte, soos die natrossies van die wynoes: geen tros om te eet nie, my siel begeer vroeë vye.
2 Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jaag elkeen sy broer met die net.
3 Na die kwaad gaan die hande uit, om dit dapper te doen. Die vors eis, en die regter vra betaling, en die groot man spreek die begeerte van sy siel uit, en hulle verdraai dit alles.
4 Die beste van hulle is soos 'n doringstruik, die mees opregte erger as 'n doringheining. Die dag van jou wagte, jou besoeking, kom; nou sal hulle verwarring daar wees.
5 Vertrou geen metgesel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê.
6 Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote!
7 Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.
8 Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die Here is 'n lig vir my.
9 Die toorn van die Here sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen.
10 Ook sal my vyandin dit sien, en skaamte sal haar bedek wat vir my sê: Waar is die Here, jou God? My oë sal met welgevalle op haar neersien. Nou sal sy vertrap word soos modder van die strate.
11 Daar kom 'n dag om jou mure te herbou! In dié dag sal die gebied ruim wees.
12 Dit is 'n dag dat hulle na jou sal kom van Assur en die stede van Egipte, en van Egipte tot by die Eufraat, en van see tot see, en van berg tot berg.
13 Maar die aarde sal 'n wildernis word vanweë sy inwoners, as gevolg van hulle handelinge.
14 Wei u volk met u staf, die kudde wat u erfdeel is, wat afgesonderd woon in 'n bosveld op Karmel; laat hulle wei in Basan en Gílead soos in die ou dae.
15 Soos in die dae van jou uittog uit Egipteland sal Ek hom wonders laat sien.
16 Die nasies sal dit sien en skaam wees ondanks al hulle krag: hulle sal die hand op die mond lê, hulle ore sal doof word.
17 Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die Here onse God, en hulle sal vir U vrees.
18 Wie is 'n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het 'n welbehae in goedertierenheid.
19 Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.
20 U sal trou bewys aan Jakob, goedertierenheid aan Abraham, wat U aan ons vaders met 'n eed beloof het sedert die dae van die voortyd.