1 Guai a quelli che meditano l’iniquità e tramano il male sui loro letti, per compierlo allo spuntare del giorno, quando hanno il potere nelle loro mani! 2 Desiderano dei campi e li estorcono; delle case e se le prendono; così opprimono l’uomo e la sua casa, l’individuo e la sua proprietà. 3 Perciò così parla l’Eterno: "Ecco, io medito contro questa razza un male a cui non potrete sottrarre il collo; non camminerete più a testa alta, perché saranno tempi cattivi. 4 In quel giorno si comporrà un proverbio su di voi, si canterà un lamento e si dirà: ‘È finita! Noi siamo interamente rovinati! Egli passa ad altri l’eredità del mio popolo! Vedete come egli me la toglie! I nostri campi li distribuisce agli infedeli!’". 5 Perciò tu non avrai più nessuno che misuri con la cordicella per tirare a sorte nell’assemblea dell’Eterno.
6 "Non profetizzate!", essi vanno ripetendo. "Anche se non si profetizzino queste cose, non si eviterà l’infamia". 7 O tu, che porti il nome di casa di Giacobbe, l’Eterno è forse pronto all’ira? È questo il suo modo di agire? "Le mie parole non sono forse favorevoli a chi cammina rettamente? 8 Ma da qualche tempo il mio popolo insorge come un nemico; voi strappate via il mantello dalla veste di quelli che passano tranquilli, che tornano dalla guerra. 9 Voi scacciate le donne del mio popolo dalle case che sono la loro gioia; voi togliete per sempre la mia gloria ai loro figli. 10 Alzatevi, andatevene! perché questo non è luogo di riposo; a causa della sua impurità, provoca distruzione, una distruzione orrenda. 11 Se uno che corre dietro al vento e spaccia menzogne dicesse: ‘Io predirò per te vino e bevande forti!’, sarebbe un profeta per questo popolo.
12 Io ti radunerò, o Giacobbe, ti radunerò tutto quanto! Certo io raccoglierò il residuo d’Israele; io li farò venire assieme come pecore in un ovile, come un gregge in mezzo al pascolo; il luogo sarà affollato di uomini. 13 Chi farà la breccia salirà davanti a loro; essi faranno la breccia, passeranno per la porta e usciranno per essa; il loro re marcerà davanti a loro e l’Eterno sarà alla loro testa".
1 WEE die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.
2 Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.
3 Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal 'n tyd van onheil wees!
4 In dié dag sal hulle 'n spotlied oor julle aanhef en 'n klaaglied sing: Dit is gedaan — sal hulle sê — ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.
5 Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in 'n erfdeel in die vergadering van die Here nie.
6 Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As 'n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!
7 Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die Here dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?
8 Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog.
9 Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.
10 Staan op en gaan heen! Want nie hiér is die rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, 'n onherstelbare verwoesting.
11 As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank — dan sou hy vir hierdie volk 'n profeet wees!
12 Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o Jakob! Gewis sal Ek vergader die oorblyfsel van Israel; almal bymekaarbring soos skape in 'n kraal, soos 'n kudde in sy weiveld; en dit sal dreun van mense.
13 Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die Here heeltemal vooraan.