Publicidade

Sofonias 3

AFR53
Castigo di Gerusalemme. Promesse ai fedeli

1 Guai alla città ribelle, contaminata, alla città prepotente! 2 Essa non ascolto a nessuna voce, non accetta correzione, non confida nell’Eterno, non si accosta al suo Dio. 3 I suoi capi, in mezzo a lei, sono leoni ruggenti; i suoi giudici sono lupi della sera, che non avanzano nulla per la mattina. 4 I suoi profeti sono boriosi, perfidi, i suoi sacerdoti profanano le cose sante, violano la legge.

5 L’Eterno è giusto in mezzo a lei; egli non commette ingiustizie; ogni mattina egli porta alla luce i suoi giudizi e non manca mai; ma il perverso non conosce vergogna. 6 "Io ho sterminato delle nazioni; le loro torri sono distrutte; ho rovinato le loro strade, al punto che non vi passa più nessuno; le loro città sono distrutte, al punto che non c’è più nessuno, più nessun abitante. 7 Io dicevo: Se soltanto tu volessi temermi, accettare la correzione! la tua dimora non sarebbe distrutta, nonostante tutte le punizioni che ti ho inflitto. Ma essi si sono affrettati a pervertire tutte le loro azioni.

8 Perciò, aspettami", dice l’Eterno, "per il giorno che mi alzerò per il bottino; poiché ho decretato di radunare le nazioni, di riunire i regni, per versare su di loro la mia indignazione, tutto l’ardore della mia ira; poiché tutta la terra sarà divorata dal fuoco della mia gelosia.

9 Allora io trasformerò le labbra dei popoli in labbra pure, affinché tutti invochino il nome dell’Eterno, per servirlo di comune accordo. 10 Di dai fiumi di Etiopia i miei supplicanti, i miei figli dispersi, mi porteranno le loro offerte. 11 In quel giorno, tu non avrai da vergognarti di tutte le tue azioni con le quali hai peccato contro di me; perché, allora, io toglierò di mezzo a te quelli che trionfano con superbia, e tu non farai più l’orgogliosa sul mio monte santo. 12 Lascerò in mezzo a te un popolo umile e povero, che confiderà nel nome dell’Eterno. 13 Il residuo d’Israele non commetterà iniquità, non dirà menzogne e non si troverà nella loro bocca un linguaggio ingannatore; poiché essi pascoleranno, si coricheranno, e non ci sarà chi li spaventi".

14 Grida di gioia, o figlia di Sion! Grida di allegrezza, o Israele! Rallegrati ed esulta con tutto il cuore, o figlia di Gerusalemme! 15 L’Eterno ha revocato le sue sentenze contro di te, ha scacciato il tuo nemico; il Re d’Israele, l’Eterno, è in mezzo a te e non dovrai più temere alcun male. 16 In quel giorno si dirà a Gerusalemme: "Non temere, o Sion, le tue mani non s’indeboliscano! 17 L’Eterno, il tuo Dio, è in mezzo a te, come un Potente che salva; egli si rallegrerà con grande gioia per causa tua, si acquieterà nel suo amore, esulterà, per causa tua, con grida di gioia.

18 Io raccoglierò quelli che sono nel dolore lontano dalle feste solenni; sono tuoi; su di loro pesa la vergogna! 19 In quel tempo io agirò contro tutti quelli che ti opprimono; salverò la pecora che zoppica e raccoglierò quella che è stata cacciata via; li renderò gloriosi e famosi, in tutti i paesi dove sono stati nella vergogna. 20 In quel tempo, io vi ricondurrò, in quel tempo, vi raccoglierò; poiché vi renderò famosi e gloriosi fra tutti i popoli della terra, quando farò tornare, sotto i vostri occhi, quelli che sono in esilio", dice l’Eterno.

Die oordeel oor Jerusalem.

1 WEE die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.

2 Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die Here vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.

3 Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.

4 Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.

5 Die Here is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

6 Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.

7 Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.

8 Daarom, verwag My, spreek die Here, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!

9 Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die Here sal aanroep en Hom met 'n eenparige skouer sal dien.

10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.

11 Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die Here skuiling soek.

13 Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.

14 Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!

15 Die Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.

16 In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!

17 Die Here jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.

18 Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.

19 Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot 'n lof en tot 'n roem wie se skande oor die hele aarde was.

20 In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot 'n roem en tot 'n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle julle lot verander, die Here.

Veja também

Sofonias
Ver todos os capítulos de Sofonias
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-