1 Oh, perché non sei tu come un mio fratello, allattato al seno di mia madre! Trovandoti fuori, ti bacerei, e nessuno mi disprezzerebbe. 2 Ti condurrei, ti introdurrei in casa di mia madre, tu mi ammaestreresti e io ti darei da bere del vino aromatico, del succo del mio melograno. 3 La sua sinistra sia sotto il mio capo, e la sua destra mi abbracci! 4 O figlie di Gerusalemme, io vi scongiuro, non svegliate, non svegliate l’amore mio, finché lei non lo desideri!
Le figlie di Gerusalemme:
5 Chi è colei che sale dal deserto appoggiata all’amico suo?
L’amata all’amato:
Io t’ho svegliato sotto il melo, dove tua madre ti ha partorito, dove colei che ti ha partorito, si è sgravata di te. 6 Mettimi come un sigillo sul tuo cuore, come un sigillo sul tuo braccio; perché l’amore è forte come la morte, la gelosia è dura come il soggiorno dei morti. I suoi ardori sono ardori di fuoco, fiamma dell’Eterno. 7 Le grandi acque non potrebbero spegnere l’amore, e dei fiumi non potrebbero sommergerlo. Se uno desse tutti i beni di casa sua in cambio dell’amore, sarebbe del tutto disprezzato.
I fratelli dell’amata:
8 Noi abbiamo una piccola sorella, che non ha ancora seni; che faremo della nostra sorella, quando si tratterà di lei? 9 Se è un muro, costruiremo su di lei una torretta d’argento; se è un uscio, la chiuderemo con una tavola di cedro.
L’amata all’amato:
10 Io sono un muro e i miei seni sono come torri; io sono stata ai suoi occhi come colei che ha trovato pace. 11 Salomone aveva una vigna a Baal-Amon; egli affidò la vigna a dei guardiani, ognuno dei quali portava, come frutto, mille sicli d’argento. 12 La mia vigna, che è mia, la guardo io; tu, Salomone, tieni pure per te i tuoi mille sicli, e ne abbiano duecento quelli che guardano il frutto della tua!
L’amato all’amata:
13 O tu che dimori nei giardini, dei compagni stanno attenti alla tua voce! Fammela udire!
L’amata all’amato:
14 Fuggi, amico mio, come una gazzella o un cerbiatto, sui monti degli aromi!
1 AG, was u maar vir my soos 'n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.
2 Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos.
3 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.
4 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?
5 Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.
6 Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die Here.
7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.
8 Ons het 'n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word?
9 As sy 'n muur is, sal ons 'n silwerrand daarop bou, en as sy 'n deur is, sal ons dit met 'n sederplank toeslaan.
10 Ek is 'n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.
11 Salomo het 'n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.
12 My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en tweehonderd vir die wat sy vrugte bewaak.
13 U wat in die tuine woon — vriende luister na u stem; laat my dit hoor.
14 Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.