1 Il dodicesimo mese, cioè il mese di Adar, il tredicesimo giorno del mese, quando l’ordine del re e il suo decreto dovevano essere eseguiti, il giorno che i nemici dei Giudei speravano di averli in loro potere, avvenne invece tutto il contrario; poiché furono i Giudei che ebbero in loro potere i loro nemici. 2 I Giudei si radunarono nelle loro città, in tutte le province del re Assuero, per mettere le mani su quelli che cercavano di fare loro del male; e nessuno poté resister loro, perché il timore dei Giudei si era impadronito di tutti i popoli. 3 Tutti i capi delle province, i satrapi, i governatori e quelli che facevano gli affari del re diedero manforte ai Giudei, perché il timore di Mardocheo si era impadronito di loro. 4 Infatti Mardocheo era grande nel palazzo del re, e la sua fama si spandeva in tutte le province, perché quest’uomo, Mardocheo, diventava sempre più potente. 5 I Giudei dunque colpirono tutti i loro nemici, passandoli a fil di spada, uccidendoli e sterminandoli; fecero dei loro nemici quello che vollero. 6 Nella residenza reale di Susa i Giudei uccisero e sterminarono cinquecento uomini, 7 e misero a morte Parsandata, Dalfon, Aspata, Porata, 8 Adalia, Aridata, 9 Parmasta, Arisai, Aridai, e Vaizata, i dieci figli di Aman, 10 figlio di Ammedata, il nemico dei Giudei, ma non si diedero al saccheggio. 11 Quel giorno stesso il numero di quelli che erano stati uccisi alla residenza reale di Susa fu portato a conoscenza del re. 12 Il re disse alla regina Ester: "Nella residenza reale di Susa i Giudei hanno ucciso, hanno sterminato cinquecento uomini e dieci figli di Aman; che avranno mai fatto nelle altre province del re? Ora che cosa chiedi tu ancora? Ti sarà dato. Che altro desideri? Lo avrai". 13 Allora Ester disse: "Se così piace al re, sia permesso ai Giudei che sono a Susa di fare anche domani quello che era stato decretato per oggi; e siano appesi alla forca i dieci figli di Aman". 14 E il re ordinò che così fosse fatto. Il decreto fu promulgato a Susa, e i dieci figli di Aman furono impiccati. 15 I Giudei che erano a Susa si radunarono ancora il quattordicesimo giorno del mese di Adar e uccisero a Susa trecento uomini; ma non si diedero al saccheggio. 16 Anche gli altri Giudei che erano nelle province del re si radunarono, difesero la loro vita, ed ebbero riposo dagli attacchi dei loro nemici; uccisero settantacinquemila di quelli che li odiavano, ma non si diedero al saccheggio. 17 Questo avvenne il tredicesimo giorno del mese di Adar; il quattordicesimo giorno si riposarono e ne fecero un giorno di conviti e di gioia. 18 Ma i Giudei che erano a Susa si radunarono il tredicesimo e il quattordicesimo giorno di quel mese; il quindicesimo giorno si riposarono e ne fecero un giorno di conviti e di gioia. 19 Perciò i Giudei della campagna che abitano in città non murate fanno del quattordicesimo giorno del mese di Adar un giorno di gioia, di conviti e di festa, nel quale gli uni mandano dei regali agli altri. 20 Mardocheo scrisse queste cose e mandò delle lettere a tutti i Giudei che erano in tutte le province del re Assuero, vicini e lontani, 21 ordinando loro di celebrare ogni anno il quattordicesimo e il quindicesimo giorno del mese di Adar, 22 come i giorni nei quali i Giudei ebbero riposo dagli attacchi dei loro nemici e il mese in cui il loro dolore era stato cambiato in gioia, il loro lutto in festa, e di fare di questi giorni dei giorni di conviti e di gioia, nei quali gli uni avrebbero mandato dei regali agli altri e si sarebbero fatti dei doni ai bisognosi. 23 I Giudei si impegnarono a continuare quello che avevano già cominciato a fare, e che Mardocheo aveva scritto loro; 24 poiché Aman, figlio di Ammedata, l’Agaghita, il nemico di tutti i Giudei, aveva tramato contro i Giudei per distruggerli, e aveva gettato il Pur, vale a dire la sorte, per sgominarli e farli perire; 25 ma quando Ester si presentò davanti al re, questi ordinò per iscritto che la perversa macchinazione che Aman aveva ordito contro i Giudei fosse fatta ricadere sul suo capo, e che lui e i suoi figli fossero appesi alla forca. 26 Perciò quei giorni furono detti Purim, dal termine Pur. Secondo tutto il contenuto di quella lettera, in seguito a tutto quello che avevano visto a questo proposito e che era loro avvenuto, 27 i Giudei stabilirono e presero per sé, per la loro discendenza e per tutti quelli che si sarebbero aggiunti a loro, l’impegno inviolabile di celebrare ogni anno quei due giorni secondo quanto prescritto e al tempo fissato. 28 Quei giorni dovevano essere commemorati e celebrati di generazione in generazione, in ogni famiglia, in ogni provincia, in ogni città; e quei giorni di Purim non dovevano cessare mai di essere celebrati fra i Giudei, e il loro ricordo non doveva mai essere cancellato fra i loro discendenti. 29 La regina Ester, figlia di Abiail, e il Giudeo Mardocheo riscrissero con ogni autorità, per dare peso a questa loro seconda lettera relativa ai Purim. 30 E si mandarono delle lettere a tutti i Giudei nelle centoventisette province del regno di Assuero: lettere contenenti parole di pace e di fedeltà, 31 per fissare bene quei giorni di Purim nelle loro date precise, come li avevano ordinati il Giudeo Mardocheo e la regina Ester, e come loro stessi li avevano stabiliti per sé e per i loro discendenti, in occasione del loro digiuno e del loro grido. 32 Così l’ordine di Ester stabilì l’istituzione dei Purim, e ciò fu scritto in un libro.
1 EN in die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag daarvan, toe die bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag toe die vyande van die Jode gehoop het om hulle te oorweldig — maar dit net omgekeerd was, sodat juis die Jode hulle haters sou oorweldig —
2 het die Jode saamgekom in hulle stede in al die provinsies van koning Ahasvéros om die hand te slaan aan die wat hulle onheil gesoek het; en niemand het voor hulle standgehou nie, want die skrik vir hulle het op al die volke geval.
3 En al die vorste van die provinsies en die landvoogde en die goewerneurs en die beamptes van die koning het die Jode ondersteun, want die skrik vir Mórdegai het op hulle geval.
4 Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het.
5 En die Jode het onder hulle vyande 'n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met hulle haters na hulle goedvinde gehandel.
6 En in die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei;
7 en Parsandáta en Dalfon en Aspáta,
8 en Poráta en Adálja en Aridáta,
9 en Parmásta en Arísai en Arídai en Waisáta,
10 die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.
11 Op dieselfde dag het die getal van die wat in die vesting Susan gedood is, voor die koning gekom;
12 en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyfhonderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? — dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? — daaraan sal voldoen word.
13 Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang.
14 En die koning het bevel gegee om so te doen; en 'n wet is in Susan uitgevaardig, en hulle het die tien seuns van Haman opgehang.
15 En die Jode wat in Susan was, het ook op die veertiende dag van die maand Adar saamgekom; en hulle het in Susan driehonderd man gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.
16 En die ander Jode wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle lewe verdedig en gerus van hul vyande; en hulle het onder hul haters vyf-en-sewentigduisend omgebring, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.
17 Dit was op die dertiende dag van die maand Adar; en op die veertiende daarvan het hulle gerus en dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak.
18 Maar die Jode wat in Susan was, het op die dertiende en die veertiende daarvan byeengekom, en op die vyftiende daarvan gerus, sodat hulle dit 'n dag van maaltyd en vrolikheid gemaak het.
19 Daarom maak die Jode wat buite in die onbemuurde stede woon, van die veertiende dag van die maand Adar 'n dag van vrolikheid en maaltyd en 'n feesdag waarop hulle mekaar lekkernye stuur.
20 EN Mórdegai het hierdie dinge opgeskrywe en briewe gestuur aan al die Jode wat in al die provinsies van koning Ahasvéros was, die wat naby en die wat ver was,
21 om vir hulle vas te stel dat hulle elke jaar die veertiende dag van die maand Adar en die vyftiende daarvan moes vier —
22 as die dae waarop die Jode rus gekry het van hulle vyande, en die maand wat vir hulle van kommer in vrolikheid en van rou in 'n feesdag verander is — dat hulle daar dae van maaltyd en vrolikheid van moes maak en om mekaar lekkernye en aan die armes gawes te stuur.
23 En die Jode het as insetting aangeneem wat hulle begin het om te doen en wat Mórdegai aan hulle geskryf het.
24 Want Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, teëstander van al die Jode, het 'n plan beraam teen die Jode om hulle uit te roei, en die Pur, dit is die lot, gewerp om hulle te vernietig en hulle uit te roei.
25 Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy goddelose plan wat hy teen die Jode uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang.
26 Daarom noem hulle dié dae Purim, na die naam Pur. Hierom, vanweë al die woorde van daardie brief en wat hulle self daarvan gesien het en wat hulle oorgekom het,
27 het die Jode vasgestel en as insetting aangeneem vir hulle en hulle nageslag en vir almal wat hulle by hulle sou aansluit, sodat dit onherroeplik sou wees, dat hulle dié twee dae al jare sou hou volgens die voorskrif daaromtrent en op die bepaalde tyd;
28 en dat dié dae herdenk en gehou moet word in al die geslagte, families, provinsies en stede, en dat dié Purim-dae onder die Jode nie afgeskaf mag word nie en die gedagtenis daaraan onder hulle nageslag nie mag ophou nie.
29 En koningin Ester, die dogter van Abígail, en die Jood Mórdegai het met alle nadruk geskrywe om hierdie tweede brief oor die Purim krag te verleen.
30 En hy het briewe gestuur aan al die Jode in die honderd-sewen-en-twintig provinsies, die koninkryk van Ahasvéros, woorde van vrede en trou,
31 om dié Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die Jood Mórdegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul nageslag die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het.
32 En die bevel van Ester het die voorskrifte vir hierdie Purim vasgestel, en dit is in 'n boek geskrywe.