1 Al tempo di Assuero, di quell’Assuero che regnava dall’India fino all’Etiopia su centoventisette province, 2 in quel tempo, mentre il re Assuero sedeva sul trono del suo regno a Susa, la residenza reale, 3 il terzo anno del suo regno, fece un convito per tutti i suoi prìncipi e per i suoi servi; l’esercito di Persia e di Media, i nobili e i governatori delle province furono riuniti in sua presenza, 4 ed egli mostrò le ricchezze e la gloria del suo regno e il fasto magnifico della sua grandezza per molti giorni, per centottanta giorni. 5 Trascorsi questi giorni, il re fece un altro convito di sette giorni, nel cortile del giardino del palazzo reale, per tutto il popolo che si trovava a Susa, la residenza reale, dal più grande al più piccolo. 6 Arazzi di cotone finissimo, bianchi e viola, stavano sospesi con cordoni di bisso e di scarlatto a degli anelli d’argento e a delle colonne di marmo. Vi erano dei divani d’oro e d’argento sopra un pavimento di porfido, di marmo bianco, di madreperla e di pietre nere. 7 Si offriva da bere in vasi d’oro di svariate forme, e il vino reale era abbondante, grazie alla generosità del re. 8 Era stato dato ordine di non forzare nessuno a bere, infatti il re aveva comandato a tutti i principali della sua casa che lasciassero fare a ciascuno secondo la propria volontà. 9 Anche la regina Vasti fece un convito per le donne nella reggia del re Assuero. 10 Il settimo giorno, il re, che aveva il cuore reso allegro dal vino, ordinò a Meuman, a Bizta, a Carbona, a Bigta, ad Abagta, a Zetar e a Carcas, i sette eunuchi che servivano alla presenza del re Assuero, 11 che portassero davanti a lui la regina Vasti con la corona reale, per far vedere ai popoli e ai grandi la sua bellezza; infatti lei era di bell’aspetto. 12 Ma la regina Vasti rifiutò di venire secondo l’ordine che il re le aveva dato per mezzo degli eunuchi; e il re ne fu irritatissimo, e l’ira divampò dentro di lui. 13 Allora il re interrogò i saggi che avevano la conoscenza dei tempi, poiché gli affari del re si trattavano così alla presenza di tutti quelli che conoscevano la legge e il diritto. 14 I più vicini a lui erano Carsena, Setar, Admata, Tarsis, Meres, Marsena e Memucan, sette prìncipi di Persia e di Media che vedevano la faccia del re e occupavano i primi posti nel regno. 15 Il re chiese: "In base alla legge, che cosa si deve fare alla regina Vasti per non aver eseguito l’ordine datole dal re Assuero per mezzo degli eunuchi?". 16 Memucan rispose in presenza del re e dei prìncipi: "La regina Vasti ha mancato non soltanto verso il re, ma anche verso tutti i prìncipi e tutti i popoli che sono in tutte le province del re Assuero. 17 Infatti quello che ha fatto la regina lo verranno a sapere tutte le donne, e ciò le indurrà a disprezzare i propri mariti; poiché diranno: ‘Il re Assuero aveva ordinato che si portasse in sua presenza la regina Vasti, e lei non è andata’. 18 Da ora in avanti le principesse di Persia e di Media che avranno udito il fatto della regina ne parleranno a tutti i prìncipi del re, e ne nascerà un grande disprezzo e molto sdegno. 19 Se il re è d’accordo, emani un editto reale e sia iscritto fra le leggi di Persia e di Media in modo che sia irrevocabile, per il quale Vasti non possa più comparire in presenza del re Assuero, e il re conferisca la dignità reale a una sua compagna migliore di lei. 20 E quando l’editto che il re avrà emanato sarà conosciuto in tutto il suo regno, che è vasto, tutte le donne renderanno onore ai loro mariti, dal più grande al più piccolo". 21 La cosa piacque al re e ai prìncipi, e il re fece come aveva detto Memucan; 22 e inviò lettere a tutte le province del regno, a ogni provincia secondo il suo modo di scrivere e a ogni popolo secondo la sua lingua; attraverso queste lettere ogni uomo doveva essere padrone in casa propria, e parlare la lingua del suo popolo.
1 EN in die dae van Ahasvéros — dit is die Ahasvéros wat geregeer het van Indië af tot by Kus, honderd-sewen-en-twintig provinsies —
2 in dié dae toe koning Ahasvéros op sy koninklike troon in die vesting Susan gesit het,
3 in die derde jaar van sy regering, het hy 'n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom;
4 waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd-en-tagtig dae lank, vertoon het.
5 En toe dié dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die vesting Susan aanwesig was, van die grootste tot die kleinste, 'n maaltyd berei, sewe dae lank, op die voorplein van die tuin van die koninklike paleis.
6 Linne-, katoen- en pers stowwe was met linne- en purperrooi bande vasgemaak aan silwerringe en marmerpilare! Goue en silwerrusbanke op 'n plaveisel van malachiet en van witmarmer en perlemoensteen en gevlekte marmer!
7 Daarby het hy hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik!
8 En hulle het gedrink volgens voorskrif: niemand het gedwing nie; want so het die koning bevel gegee aan al die hoë beamptes van sy paleis, dat hulle na elkeen se sin moes handel.
9 Ook het die koningin Vasti 'n vrouemaaltyd aangerig in die koninklike paleis van koning Ahasvéros.
10 Op die sewende dag, toe die hart van die koning vrolik was van die wyn, het hy aan Mehúman, Bista, Harbóna, Bigta en Abágta, Setar en Karkas, die sewe hofdienaars wat voor koning Ahasvéros gedien het, gesê
11 dat hulle koningin Vasti met die koninklike kroon op voor die koning moet bring om haar skoonheid aan die volke en die vorste te toon, want sy was mooi van aansien.
12 Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam.
13 En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê — want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê;
14 en die naaste aan hom was: Karséna, Setar, Admáta, Tarsis, Meres, Marséna, Memúgan, die sewe vorste van die Perse en Meders wat die aangesig van die koning gesien het, wat vooraan gesit het in die koninkryk —
15 wat moet volgens wet gedoen word met koningin Vasti, omdat sy die bevel van koning Ahasvéros, deur middel van sy hofdienaars, nie opgevolg het nie?
16 Toe sê Memúgan voor die koning en die vorste: Nie alleen teen die koning het koningin Vasti misdaan nie, maar ook teen al die vorste en al die volke wat in al die provinsies van koning Ahasvéros is.
17 Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasvéros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie.
18 Dieselfde dag nog sal die vorstinne van die Perse en Meders, as hulle die geval van die koningin hoor, dit aan al die vorste van die koning vertel; en dan sal dit genoeg veragting en gramskap afgee!
19 As die koning dit goedvind, laat daar 'n koninklike woord van hom uitgaan en beskrywe word in die wette van die Perse en Meders, sodat dit onherroeplik is, dat Vasti nie meer voor koning Ahasvéros mag kom nie; en laat die koning haar koninklike waardigheid aan haar naaste gee wat beter is as sy.
20 As dan van die bevelskrif van die koning gehoor word wat hy in sy hele koninkryk — want dit is groot — uitvaardig, sal al die vroue aan hulle manne eer bewys, van die grootste tot die kleinste.
21 En die woord was goed in die oë van die koning en van die vorste, en die koning het gehandel volgens die raad van Memúgan.
22 En hy het briewe gestuur aan al die provinsies van die koning, aan elke provinsie volgens sy eie skrif en aan elke volk volgens sy eie taal, dat elke man in sy huis baas moet wees en sy volkstaal praat.