1 Allora Samuele prese un vasetto d’olio, lo versò sul capo di Saul, lo baciò e disse: "L’Eterno non ti ha forse unto perché tu sia il capo della sua eredità? 2 Oggi, quando tu sarai partito da me, troverai due uomini presso il sepolcro di Rachele, ai confini di Beniamino, a Selsa, i quali ti diranno: ‘Le asine che stavi cercando, sono state trovate; ed ecco tuo padre non è più in pensiero per le asine, ma è in pena per voi, e va dicendo: Che devo fare riguardo a mio figlio?’. 3 E quando sarai passato più avanti e sarai giunto alla quercia di Tabor, ti incontrerai con tre uomini che salgono ad adorare Iddio a Betel, portando l’uno tre capretti, l’altro tre pani, e il terzo un otre di vino. 4 Essi ti saluteranno e ti daranno due pani, che riceverai dalla loro mano. 5 Poi arriverai a Ghibea-Eloim, dove c’è la guarnigione dei Filistei; e avverrà che, entrando in città, incontrerai una schiera di profeti che scenderanno dall’alto luogo, preceduti da saltèri, da timpani, da flauti, da cetre, e che profetizzeranno. 6 E lo Spirito dell’Eterno ti investirà e tu profetizzerai con loro, e sarai cambiato in un altro uomo. 7 E quando questi segni saranno avvenuti, fa’ quello che avrai occasione di fare, poiché Dio è con te. 8 Poi scenderai prima di me a Ghilgal; ed ecco io scenderò verso di te per offrire olocausti e sacrifici di ringraziamento. Tu aspetterai sette giorni, finché io giunga da te e ti faccia sapere quello che devi fare". 9 E appena egli ebbe voltato le spalle per separarsi da Samuele, Iddio gli cambiò il cuore, e tutti quei segni si verificarono in quello stesso giorno. 10 E quando giunsero a Ghibea, ecco che una schiera di profeti andò incontro a Saul; allora lo Spirito di Dio lo investì, ed egli si mise a profetizzare in mezzo a loro. 11 Tutti quelli che lo avevano conosciuto prima, lo videro che profetizzava con i profeti, e dicevano l’uno all’altro: "Cosa è mai accaduto al figlio di Chis? Saul è anche lui tra i profeti?". 12 E un uomo del luogo rispose, dicendo: "E chi è il loro padre?". Da qui venne il proverbio: "Saul è anche lui tra i profeti?". 13 E quando Saul ebbe finito di profetizzare, si recò all’alto luogo. 14 E lo zio di Saul disse a lui e al suo servo: "Dove siete andati?", Saul rispose: "A cercare le asine; ma vedendo che non le potevamo trovare, siamo andati da Samuele". 15 Allora lo zio di Saul disse: "Raccontami, ti prego, quello che vi ha detto Samuele". 16 E Saul a suo zio: "Egli ci ha assicurato che le asine erano state trovate". Ma di quello che Samuele aveva detto riguardo al regno non gli riferì nulla.
17 Poi Samuele convocò il popolo davanti all’Eterno a Mispa, 18 e disse ai figli d’Israele: "Così dice l’Eterno, l’Iddio d’Israele: ‘Io trassi Israele fuori dall’Egitto e vi liberai dalle mani degli Egiziani e dalle mani di tutti i regni che vi opprimevano’. 19 Ma oggi voi ripudiate il vostro Dio che vi salvò da tutti i vostri mali e da tutte le vostre tribolazioni, e gli dite: ‘Stabilisci su di noi un re!’. Ora, dunque, presentatevi nel cospetto dell’Eterno per tribù e per migliaia". 20 Poi Samuele fece accostare tutte le tribù d’Israele e la tribù di Beniamino fu designata dalla sorte. 21 Fece quindi accostare la tribù di Beniamino per famiglie e la famiglia di Matri fu designata dalla sorte. Poi fu designato Saul, figlio di Chis; e lo cercarono, ma non fu trovato. 22 Allora consultarono di nuovo l’Eterno: "Quell’uomo è già venuto qua?". L’Eterno rispose: "Guardate, si è nascosto fra i bagagli". 23 Corsero a farlo uscire di là; e quando egli si presentò in mezzo al popolo, era più alto di tutta la gente dalle spalle in su. 24 E Samuele disse a tutto il popolo: "Vedete colui che l’Eterno si è scelto? Non c’è nessuno in tutto il popolo che sia pari a lui". E tutto il popolo proruppe in esclamazioni di gioia, gridando: "Viva il re!". 25 Allora Samuele espose al popolo la legge del regno e la scrisse in un libro, che depose alla presenza dell’Eterno. Poi Samuele rimandò tutto il popolo, ciascuno a casa sua. 26 Anche Saul se ne andò a casa sua a Ghibea e con lui andarono gli uomini valorosi a cui Dio aveva toccato il cuore. 27 Tuttavia, ci furono degli uomini da nulla che dissero: "Come potrebbe salvarci costui?". Lo disprezzarono e non gli portarono nessun dono. Ma egli fece finta di non udire.
1 EN Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die Here jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?
2 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen?
3 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, na Bet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra 'n sak wyn.
4 En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem.
5 Daarna sal jy kom by Gíbea van God waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy 'n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer.
6 En die Gees van die Here sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in 'n ander mens verander word.
7 En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan wat jou hand vind om te doen, want God is met jou.
8 En jy moet voor my uit na Gilgal afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers te offer, om dankoffers te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou bekend maak wat jy moet doen.
9 En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.
10 Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens 'n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.
11 En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?
12 En 'n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?
13 Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die hoogte aangekom.
14 En die oom van Saul het vir hom en sy dienaar gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na Samuel gegaan.
15 En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat Samuel julle meegedeel het.
16 Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar Samuel van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.
17 En Samuel het die volk na die Here in Mispa byeengeroep
18 en aan die kinders van Israel gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.
19 Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet 'n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die aangesig van die Here volgens julle stamme en volgens julle geslagte.
20 Toe Samuel dan al die stamme van Israel laat nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys;
21 en toe hy die stam van Benjamin volgens sy geslagte laat nader kom het, is die geslag van Matri aangewys; verder is Saul, die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.
22 En hulle het die Here verder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En die Here sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.
23 Daarop het hulle geloop en hom daarvandaan gebring; en toe hy tussen die mense gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe hoër as die hele volk.
24 En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die Here uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!
25 Daarna het Samuel die reg van die koningskap voor die volk afgekondig en dit in 'n boek geskrywe en voor die aangesig van die Here neergelê. En Samuel het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan.
26 En Saul het ook na sy huis gegaan in Gíbea; en die helde wie se hart God geroer het, het met hom saamgegaan.
27 Maar die deugniete het gesê: Hoe kan hierdie man ons verlos? En hulle het hom verag en hom geen geskenk gebring nie; maar hy het hom doof gehou.