1 Il primo giorno della settimana, la mattina molto presto, esse si recarono al sepolcro, portando gli aromi che avevano preparato. 2 E trovarono la pietra rotolata dal sepolcro. 3 Ma, essendo entrate, non trovarono il corpo del Signore Gesù. 4 Mentre se ne stavano perplesse di ciò, ecco che apparvero davanti a loro due uomini in vesti sfolgoranti; 5 essendo impaurite, chinarono il viso a terra ed essi dissero loro: "Perché cercate il vivente fra i morti? 6 Egli non è qui, ma è risuscitato; ricordatevi come egli vi parlò quando era ancora in Galilea, 7 dicendo che il Figlio dell’uomo doveva essere dato nelle mani di uomini peccatori, essere crocifisso e il terzo giorno risuscitare". 8 Esse si ricordarono delle sue parole 9 e, tornate dal sepolcro, annunciarono tutte queste cose agli undici e a tutti gli altri. 10 Quelle che dissero queste cose agli apostoli erano: Maria Maddalena, Giovanna, Maria madre di Giacomo e le altre donne che erano con loro. 11 Quelle parole parvero loro un vaneggiare, e non credettero alle donne.
12 Ma Pietro, alzatosi, corse al sepolcro; essendosi chinato a guardare, vide soltanto le fasce e se ne andò meravigliandosi fra sé stesso di quello che era avvenuto.
13 Due di loro se ne andavano in quello stesso giorno a un villaggio di nome Emmaus, distante da Gerusalemme sessanta stadi, 14 e parlavano tra loro di tutte le cose che erano accadute. 15 Mentre parlavano e discutevano insieme, Gesù stesso si avvicinò e cominciò a camminare con loro. 16 Ma i loro occhi erano impediti così da non riconoscerlo. 17 Egli domandò loro: "Di che parlate fra di voi lungo il cammino?". Ed essi si fermarono tutti tristi. 18 Uno dei due, di nome Cleopa, rispondendo, gli disse: "Tu solo tra i forestieri, stando in Gerusalemme, non hai saputo le cose che vi sono avvenute in questi giorni?". 19 Ed egli disse loro: "Quali?". Essi gli risposero: "Il fatto di Gesù Nazareno, che era un profeta potente in opere e in parole davanti a Dio e a tutto il popolo; 20 di come i capi sacerdoti e i nostri magistrati lo hanno fatto condannare a morte e lo hanno crocifisso. 21 Noi speravamo che fosse lui che avrebbe riscattato Israele, invece, con tutto ciò, ecco il terzo giorno da quando sono avvenute queste cose. 22 È vero che certe donne tra di noi ci hanno fatto stupire; essendo andate la mattina di buon’ora al sepolcro 23 e non avendo trovato il suo corpo, sono venute dicendo di aver avuto anche una visione di angeli, i quali dicono che egli vive. 24 Alcuni dei nostri sono andati al sepolcro e hanno trovato la cosa così come avevano detto le donne, ma lui non lo hanno visto". 25 Allora Gesù disse loro: "O insensati e lenti di cuore a credere a tutte le cose che i profeti hanno detto! 26 Non era necessario che il Cristo soffrisse queste cose ed entrasse quindi nella sua gloria?". 27 E, cominciando da Mosè e da tutti i profeti, spiegò loro in tutte le Scritture le cose che lo riguardavano. 28 Quando si furono avvicinati al villaggio dove andavano, egli fece come se volesse andare oltre. 29 Essi gli fecero forza, dicendo: "Rimani con noi, perché si fa sera e il giorno è già declinato". Ed egli entrò per rimanere con loro. 30 Quando si fu messo a tavola con loro, prese il pane, lo benedisse e, spezzatolo, lo diede loro. 31 Allora gli occhi loro furono aperti e lo riconobbero, ma egli scomparve alla loro vista. 32 Ed essi dissero l’uno all’altro: "Non ardeva il nostro cuore dentro di noi, mentre egli ci parlava per la via e ci spiegava le Scritture?". 33 E, alzatisi in quella stessa ora, tornarono a Gerusalemme e trovarono riuniti gli undici e quelli che erano con loro, 34 i quali dicevano: "Il Signore è veramente risuscitato ed è apparso a Simone". 35 Essi pure raccontarono le cose avvenute loro per la via e come era stato riconosciuto da loro nello spezzare il pane.
36 Ora, mentre essi parlavano di queste cose, Gesù stesso comparve in mezzo a loro e disse: "Pace a voi!". 37 Ma essi, smarriti e impauriti, pensavano di vedere uno spirito. 38 Ed egli disse loro: "Perché siete turbati? E perché vi sorgono in cuore tali pensieri? 39 Guardate le mie mani e i miei piedi, perché sono proprio io; toccatemi e guardate, perché uno spirito non ha carne e ossa come vedete che ho io".
40 E, detto questo, mostrò loro le mani e i piedi. 41 Ma, siccome per la gioia non credevano ancora e si stupivano, disse loro: "Avete qui nulla da mangiare?". 42 Essi gli porsero un pezzo di pesce arrostito, 43 egli lo prese e mangiò in loro presenza.
44 Poi disse loro: "Queste sono le cose che io vi dicevo quando ero ancora con voi: che era necessario che tutte le cose scritte di me nella legge di Mosè, nei profeti e nei Salmi, fossero adempiute". 45 Allora aprì loro la mente per comprendere le Scritture, e disse loro: 46 "Così è scritto: che il Cristo avrebbe sofferto, sarebbe risuscitato dai morti il terzo giorno 47 e che nel suo nome si sarebbe predicato il ravvedimento e il perdono dei peccati a tutte le genti, cominciando da Gerusalemme. 48 Voi siete testimoni di queste cose. 49 Ed, ecco, io mando su voi quello che il Padre mio ha promesso; quanto a voi, rimanete in questa città, finché dall’alto siate rivestiti di potenza".
50 Poi li condusse fuori fin presso Betania e, alzate in alto le mani, li benedisse. 51 Mentre li benediceva, si separò da loro e fu portato su nel cielo. 52 Essi, adoratolo, tornarono a Gerusalemme con grande gioia; 53 ed erano continuamente nel tempio, benedicendo Dio.
1 EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.
2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.
3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
4 En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.
5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?
6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:
7 Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.
8 En hulle het sy woorde onthou.
9 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.
10 En dit was Maria Magdaléna en Johanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het.
11 En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.
12 Maar Petrus het opgestaan en na die graf gehardloop; en toe hy neerbuk, sien hy die doeke alleen lê. En hy het weggegaan huis toe, vol verwondering oor wat gebeur het.
13 EN twee van hulle was dieselfde dag op pad na 'n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.
14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het.
15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.
16 Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.
17 En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef?
18 En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
19 En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;
20 en hoe ons owerpriesters en owerstes Hom oorgelewer het tot die doodstraf en Hom gekruisig het.
21 En ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos; maar nou is dit vandag, met dit alles, die derde dag vandat dit plaasgevind het.
22 Maar sommige vroue uit ons het ons ook ontstel nadat hulle vroeg by die graf was;
23 en toe hulle sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook 'n gesig gesien het van engele wat sê dat Hy lewe.
24 En sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind soos die vroue ook gesê het; maar Hom het hulle nie gesien nie.
25 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
28 Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;
29 maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.
30 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.
31 Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.
32 En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
33 Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was,
34 wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
36 EN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
37 Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle 'n gees sien.
38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
40 En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
41 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?
42 Daarop gee hulle Hom 'n stuk gebraaide vis en 'n stuk heuningkoek.
43 En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,
47 en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.
48 En julle is getuies van hierdie dinge.
49 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
50 EN Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.
51 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.
52 En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.
53 En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.