Publicidade

Lucas 3

AFR53
La predicazione di Giovanni il battista

1 Nel quindicesimo anno dell’impero di Tiberio Cesare, essendo Ponzio Pilato governatore della Giudea, ed Erode tetrarca della Galilea, e Filippo, suo fratello, tetrarca dell’Iturea e della Traconitide, e Lisania tetrarca dell’Abilene, 2 sotto i sommi sacerdoti Anna e Caiafa, la parola di Dio fu diretta a Giovanni, figlio di Zaccaria, nel deserto.

3 Ed egli andò per tutta la regione intorno al Giordano, predicando un battesimo di ravvedimento per il perdono dei peccati, 4 come sta scritto nel libro delle parole del profeta Isaia:

"Voce di uno che grida nel deserto: Preparate la via del Signore, raddrizzate i suoi sentieri.5 Ogni valle sarà colmata e ogni monte e ogni colle sarà abbassato; le vie tortuose saranno fatte dritte e le accidentate saranno appianate;6 e ogni creatura vedrà la salvezza di Dio".

7 Giovanni dunque diceva alle folle che andavano per essere battezzate da lui: "Razza di vipere, chi vi ha insegnato a sfuggire dall’ira a venire? 8 Fate dunque dei frutti degni del ravvedimento e non vi mettete a dire in voi stessi: Noi abbiamo Abraamo per padre!. Perché vi dico che Dio da queste pietre può far sorgere dei figli ad Abraamo. 9 Ormai è anche posta la scure alla radice degli alberi; ogni albero dunque che non fa buon frutto, viene tagliato e gettato nel fuoco".

10 E la folla lo interrogava, dicendo: "E allora, che dobbiamo fare?". 11 Egli rispondeva loro: "Chi ha due tuniche, ne faccia parte a chi non ne ha e chi ha da mangiare, faccia altrettanto".

12 Vennero anche dei pubblicani per essere battezzati, e gli dissero: "Maestro, che dobbiamo fare?". 13 Ed egli rispose loro: "Non riscuotete nulla di più di quello che vi è ordinato".

14 Lo interrogarono pure dei soldati, dicendo: "E noi, che dobbiamo fare?". Ed egli a loro: "Non fate estorsioni, opprimete nessuno con false denunce e accontentatevi della vostra paga".

15 Ora il popolo era in attesa e tutti si domandavano in cuor loro se Giovanni fosse il Cristo; 16 Giovanni rispose, dicendo a tutti: "Io vi battezzo in acqua, ma viene colui che è più forte di me, al quale io non sono degno di sciogliere il legaccio dei calzari. Egli vi battezzerà in Spirito Santo e fuoco. 17 Egli ha in mano il suo ventilabro per pulire interamente la sua aia e raccogliere il grano nel suo granaio, ma la pula la brucerà con fuoco inestinguibile".

18 Così, con molte e varie esortazioni, evangelizzava il popolo, 19 ma Erode, il tetrarca, essendo da lui ripreso riguardo a Erodiade, moglie di suo fratello, e per tutte le malvagità che egli aveva commesso, 20 aggiunse a tutte le altre anche questa: rinchiuse Giovanni in prigione.

Il battesimo di Gesù

21 Ora, mentre tutto il popolo si faceva battezzare, anche Gesù fu battezzato e, mentre stava pregando, si aprì il cielo, 22 e lo Spirito Santo scese su di lui in forma corporea, come una colomba, e venne una voce dal cielo: "Tu sei il mio diletto Figlio; in te mi sono compiaciuto".

Genealogia di Gesù Cristo

23 Quando Gesù cominciò a insegnare, aveva circa trent’anni ed era figlio, come si credeva, di Giuseppe, 24 di Eli, di Mattàt, di Levi, di Melchi, di Iannài, di Giuseppe, 25 di Mattatia, di Amos, di Naum, di Esli, di Naggai, 26 di Maat, di Mattatia, di Semèin, di Iosec, di Ioda, 27 di Ioanan, di Resa, di Zorobabele, di Sealtiel, di Neri, 28 di Melchi, di Addi, di Cosam, di Elmadàm, di Er, 29 di Gesù, di Eliezer, di Iorim, di Mattàt, 30 di Levi, di Simeone, di Giuda, di Giuseppe, di Ionam, di Eliachim, 31 di Melea, di Menna, di Mattata, di Natan, di Davide, 32 di Isai, di Obed, di Boaz, di Sala, di Nason, 33 di Amminadab, di Admin, di Arni, di Chesron, di Perez, di Giuda, 34 di Giacobbe, di Isacco, di Abraamo, di Tara, di Naor, 35 di Serug, di Reu, di Peleg, di Eber, di Sela, 36 di Cainan, di Arpacsad, di Sem, di Noè, 37 di Lamec, di Metusela, di Enoc, di Iared, di Maalaleel, di Cainan, 38 di Enos, di Set, di Adamo, di Dio.

Prediking van Johannes die Doper.

1 EN in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van Abiléne,

2 tydens die hoëpriesterskap van Annas en Kájafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagaría, in die woestyn.

3 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;

4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy : Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

5 Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.

6 En alle vlees sal die heil van God sien.

7 Toe hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin : Ons het Abraham as vader nie; want ek vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham te verwek.

9 Maar die byl ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

10 En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?

11 En hy antwoord en vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

12 En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?

13 En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.

14 En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.

15 En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,

16 antwoord Johannes almal en : Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

17 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.

18 Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.

19 Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,

20 het hy by alles nog dít gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.

Jesus gedoop.

21 EN toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;

22 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat : U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.

Die geslagsregister van Jesus.

23 EN Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,

24 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,

25 die seun van Mattatías, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van Nággai,

26 die seun van Maät, die seun van Mattatías, die seun van Sémeï, die seun van Josef, die seun van Juda,

27 die seun van Jóhanan, die seun van Resa, die seun van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die seun van Neríja,

28 die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmódam, die seun van Er,

29 die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,

30 die seun van Símeon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Éljakim,

31 die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid,

32 die seun van Ísai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,

33 die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,

34 die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van Abraham, die seun van Tera, die seun van Nahor,

35 die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van Heber, die seun van Sela,

36 die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van Sem, die seun van Noag, die seun van Lameg,

37 die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan,

38 die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-