1 Quando Samuele diventò vecchio costituì giudici d’Israele i suoi figli. 2 Suo figlio primogenito si chiamava Ioel e il secondo Abia, ed esercitavano le funzioni di giudici a Beer-Sceba. 3 I suoi figli però non seguivano le sue orme, ma si lasciavano sviare dall’avidità, accettavano regali e pervertivano la giustizia. 4 Allora tutti gli anziani d’Israele si radunarono, andarono da Samuele a Rama, e gli dissero: 5 "Ecco, tu ormai sei vecchio, e i tuoi figli non seguono le tue orme; ora dunque stabilisci su di noi un re che ci amministri la giustizia, come lo hanno tutte le nazioni". 6 A Samuele dispiacque questa loro affermazione: "Dacci un re che amministri la giustizia fra noi"; e Samuele pregò l’Eterno. 7 E l’Eterno disse a Samuele: "Da’ ascolto alla voce del popolo in tutto quello che ti dirà, poiché essi hanno respinto non te, ma me, perché io non regni su di loro. 8 Agiscono con te come hanno sempre agito dal giorno che li feci salire dall’Egitto a oggi: mi hanno abbandonato per servire altri dèi. 9 Ora dunque da’ ascolto alla loro voce; abbi cura però di avvertirli solennemente e di far loro conoscere bene quale sarà il modo di agire del re che regnerà su di loro". 10 Samuele riferì tutte le parole dell’Eterno al popolo che gli domandava un re. 11 E disse: "Questo sarà il modo di agire del re che regnerà su di voi. Egli prenderà i vostri figli e li metterà sui suoi carri e fra i suoi cavalieri, e dovranno correre davanti al suo carro; 12 se ne farà dei capitani di migliaia e dei capitani di cinquantine; li metterà ad arare i suoi campi, a mietere la sua messe, a fabbricare i suoi ordigni di guerra e gli attrezzi dei suoi carri. 13 Prenderà le vostre figlie per farsene delle profumiere, delle cuoche, delle fornaie. 14 Prenderà i vostri campi, le vostre vigne, i vostri migliori uliveti per darli ai suoi servitori. 15 Prenderà la decima delle vostre sementi e delle vostre vigne per darla ai suoi eunuchi e ai suoi servitori. 16 Prenderà i vostri servi, le vostre serve, il fiore della vostra gioventù e i vostri asini per adoperarli nei suoi lavori. 17 Prenderà la decima delle vostre greggi, e voi sarete suoi schiavi. 18 E allora griderete a causa del re che vi sarete scelto, ma in quel giorno l’Eterno non vi risponderà". 19 Il popolo rifiutò di dare ascolto alle parole di Samuele, e disse: "No! ci sarà un re su di noi; 20 anche noi saremo come tutte le nazioni; il nostro re amministrerà la giustizia fra noi, marcerà alla nostra testa e condurrà le nostre guerre". 21 Samuele, udite tutte le parole del popolo, le riferì all’Eterno. 22 E l’Eterno disse a Samuele: "Da’ ascolto alla loro voce e stabilisci su di loro un re". E Samuele disse agli uomini d’Israele: "Ognuno se ne torni alla sua città".
1 EN toe Samuel oud was, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel.
2 Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Abía, rigters in Berséba.
3 Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.
4 Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama
5 en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies.
6 Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die Here gebid.
7 Toe sê die Here vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.
8 Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het — so doen hulle ook met jou.
9 Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.
10 Samuel het toe al die woorde van die Here oorgebring aan die volk wat 'n koning van hom gevra het.
11 En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;
12 en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
13 Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.
14 En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.
15 En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.
16 En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.
17 Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees.
18 En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die Here sal julle in dié dag nie verhoor nie.
19 Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet 'n koning oor ons wees,
20 dat ons ook kan wees soos al die nasies — dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.
21 En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die Here uitgespreek.
22 Toe sê die Here vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.