Publicidade

1 Samuel 6

AFR53
L’arca rimandata a Israele

1 L’arca dell’Eterno rimase nel paese dei Filistei sette mesi. 2 Poi i Filistei chiamarono i sacerdoti e gli indovini, e dissero: "Che faremo dell’arca dell’Eterno? Insegnateci il modo di rimandarla al suo luogo". 3 E quelli risposero: "Se rimandate l’arca dell’Iddio d’Israele, non la rimandate senza nulla, ma fate un’offerta per la colpa; allora guarirete, e così saprete perché la sua mano non si è allontanata da voi". 4 Essi chiesero: "Quale offerta per la colpa gli offriremo?". Quelli risposero: "Cinque emorroidi d’oro e cinque topi d’oro, secondo il numero dei prìncipi dei Filistei; poiché una stessa piaga ha colpito voi e i vostri prìncipi. 5 Fate dunque delle raffigurazioni delle vostre emorroidi e delle riproduzioni dei topi che vi devastano il paese, e date gloria all’Iddio d’Israele; forse egli allenterà la sua mano su di voi, sui vostri dèi e sul vostro paese. 6 E perché dovreste indurire il vostro cuore come gli Egiziani e Faraone indurirono il loro cuore? Dopo che egli ebbe manifestato contro di loro la sua potenza, gli Egiziani non lasciarono forse partire gli Israeliti, così che questi poterono andarsene? 7 Ora dunque fatevi un carro nuovo, prendete due vacche che allattino e che non abbiano mai portato giogo, attaccate al carro le vacche e riconducete nella stalla i loro vitelli. 8 Poi prendete l’arca dell’Eterno e mettetela sul carro; e accanto a essa ponete, in una cassetta, i lavori d’oro che presentate all’Eterno come offerta per la colpa; e lasciatela, in modo che se ne vada. 9 E state a vedere: se sale per la via che conduce al suo paese, verso Bet-Semes, vuol dire che l’Eterno è colui che ci ha fatto questo gran male; altrimenti sapremo che non ci ha colpito la sua mano, ma che questo ci è avvenuto per caso". 10 Quelli dunque fecero così; presero due vacche che allattavano, le attaccarono al carro e chiusero nella stalla i vitelli. 11 Poi misero sul carro l’arca dell’Eterno e la cassetta con i topi d’oro e le raffigurazioni delle emorroidi. 12 Le vacche presero direttamente la via che conduce a Bet-Semes; seguirono sempre la stessa strada, muggendo mentre andavano e non piegarono a destra a sinistra. I prìncipi dei Filistei le seguirono fino ai confini di Bet-Semes. 13 Ora quei di Bet-Semes mietevano il grano nella valle; e alzando gli occhi videro l’arca e si rallegrarono vedendola. 14 Il carro, giunto al campo di Giosuè di Bet-Semes, vi si fermò. C’era una grande pietra; essi spaccarono il legname del carro e offrirono le vacche in olocausto all’Eterno. 15 I Leviti deposero l’arca dell’Eterno e la cassetta che le stava accanto e conteneva gli oggetti d’oro, e misero ogni cosa sulla grande pietra; e, in quello stesso giorno, quelli di Bet-Semes offrirono olocausti e presentarono sacrifici all’Eterno. 16 I cinque prìncipi dei Filistei, visto ciò, tornarono il giorno stesso a Ecron. 17 Questo è il numero delle emorroidi d’oro che i Filistei presentarono all’Eterno come offerta per la colpa; una per Asdod, una per Gaza, una per Ascalon, una per Gat, una per Ecron. 18 E dei topi d’oro ne offrirono tanti quante erano le città dei Filistei appartenenti ai cinque prìncipi, dalle città murate ai villaggi di campagna che si estendono fino alla grande pietra sulla quale fu posata l’arca dell’Eterno, e che sussiste anche al giorno d’oggi nel campo di Giosuè, il Bet-Semita. 19 L’Eterno colpì quelli di Bet-Semes, perché avevano guardato dentro l’arca dell’Eterno; colpì settanta uomini del popolo. Il popolo fece cordoglio, perché l’Eterno lo aveva colpito con una grande piaga. 20 E quelli di Bet-Semes dissero: "Chi può sussistere in presenza dell’Eterno, di questo Dio santo? E da chi salirà l’arca, partendo da noi?". 21 E spedirono dei messaggeri agli abitanti di Chiriat-Iearim per dire loro: "I Filistei hanno ricondotto l’arca dell’Eterno; scendete e portatela presso di voi".

Die ark word teruggestuur.

1 EN toe die ark van die Here sewe maande lank in die land van die Filistyne was,

2 het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die Here doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.

3 En hulle : As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle 'n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie.

4 Toe vra hulle: Wat is die skuldoffer wat ons Hom moet teruggee? En hulle : Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste.

5 Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die land verniel, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal Hy sy hand ligter maak oor julle en julle gode en julle land.

6 Waarom tog sal julle jul hart verhard soos die Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg te trek toe Hy hulle sy mag laat voel het nie?

7 Neem dan nou wat nodig is en maak 'n nuwe wa; ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe.

8 Neem dan die ark van die Here en sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in 'n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan.

9 En let op: As dit in die rigting van sy eie gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat sy hand ons nie getref het nie: dit het toevallig oor ons gekom.

10 Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie geneem en dié voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou.

11 En hulle het die ark van die Here op die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle.

12 En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op die een grootpad aldeur geloop en bulk sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes.

13 En die mense van Bet-Semes was juis besig om die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul opslaan en die ark gewaar, was hulle bly om dit te sien.

14 En die wa het by die land van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was 'n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as 'n brandoffer aan die Here geoffer.

15 En die Leviete het die ark van die Here afgehaal met die kissie wat daarby was, waar die goue voorwerpe in was, en op die groot klip neergesit; en die manne van Bet-Semes het dieselfde dag aan die Here brandoffers geoffer en slagoffers geslag.

16 En toe die vyf vorste van die Filistyne dit sien, het hulle dieselfde dag teruggegaan na Ekron.

17 En dit is die goue geswelle wat die Filistyne as 'n skuldoffer aan die Here teruggegee het: vir Asdod een, vir Gasa een, vir Áskelon een, vir Gat een, vir Ekron een.

18 En die goue muise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die versterkte stede sowel as van die onbemuurde dorpe. En die groot klip waar hulle die ark van die Here op neergesit het, is tot vandag toe getuie op die stuk land van Josua, van Bet-Semes.

19 En Hy het onder die mense van Bet-Semes 'n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftigduisend man gedood, omdat hulle die ark van die Here bekyk het; en die volk het getreur, omdat die Here 'n groot slagting onder die volk aangerig het.

20 Toe die manne van Bet-Semes: Wie kan diens doen voor die aangesig van die Here, hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af?

21 Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jeárim om te : Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-