1 "Guai ai pastori che distruggono e disperdono il gregge del mio pascolo!", dice l’Eterno. 2 Perciò così parla l’Eterno, l’Iddio d’Israele, riguardo ai pastori che pasturano il mio popolo: "Voi avete disperso le mie pecore, le avete scacciate e non ne avete avuto cura; ecco, io vi punirò per la malvagità delle vostre azioni", dice l’Eterno. 3 "Raccoglierò il rimanente delle mie pecore da tutti i paesi dove le ho scacciate, le ricondurrò ai loro pascoli, saranno feconde e moltiplicheranno. 4 E costituirò su di loro dei pastori che le pastureranno, ed esse non avranno più paura né spavento e non ne mancherà nessuna", dice l’Eterno.
5 "Ecco, i giorni vengono", dice l’Eterno, "in cui io farò sorgere a Davide un germoglio giusto, il quale regnerà da re e prospererà, eserciterà il diritto e la giustizia nel paese. 6 Nei suoi giorni Giuda sarà salvato e Israele starà sicuro nella sua dimora; questo sarà il nome con il quale sarà chiamato: ‘Eterno nostra giustizia’. 7 Perciò, ecco, i giorni vengono", dice l’Eterno, "in cui non si dirà più: ‘Per la vita dell’Eterno, che condusse i figli d’Israele fuori dal paese d’Egitto’, 8 ma: ‘Per la vita dell’Eterno che ha fatto uscire e ha ricondotto la discendenza della casa d’Israele dal paese del settentrione, e da tutti i paesi dove io li avevo scacciati’; ed essi abiteranno nel loro paese".
9 Contro i profeti.
Il cuore mi si spezza nel petto, tutte le mie ossa tremano; io sono come un ubriaco, come un uomo sopraffatto dal vino, a causa dell’Eterno e a causa delle sue parole sante. 10 Poiché il paese è pieno di adùlteri; poiché il paese fa cordoglio a motivo della maledizione che lo colpisce; i pascoli del deserto sono inariditi. La corsa di costoro è diretta al male, la loro forza non tende al bene. 11 "Profeti e sacerdoti sono empi, nella mia stessa casa ho trovato la loro malvagità", dice l’Eterno. 12 "Perciò la loro via sarà per loro come luoghi sdrucciolevoli in mezzo alle tenebre; essi vi saranno spinti e cadranno, poiché io farò venire su di loro la calamità, l’anno in cui li visiterò", dice l’Eterno.
13 "Avevo ben visto cose insensate tra i profeti di Samaria; profetizzavano nel nome di Baal e traviavano il mio popolo Israele. 14 Ma fra i profeti di Gerusalemme ho visto cose abominevoli: commettono adultèri, agiscono con falsità, fortificano le mani dei malfattori, al punto che nessuno si converte dalla sua malvagità; tutti quanti sono per me come Sodoma, e gli abitanti di Gerusalemme come quelli di Gomorra. 15 Perciò così parla l’Eterno degli eserciti riguardo ai profeti: Ecco, io farò loro mangiare dell’assenzio, e farò loro bere dell’acqua avvelenata; poiché dai profeti di Gerusalemme l’empietà si è sparsa per tutto il paese".
16 Così parla l’Eterno degli eserciti: "Non ascoltate le parole dei profeti che vi profetizzano, essi vi nutrono di cose vane; vi espongono le visioni del loro cuore, e non ciò che procede dalla bocca dell’Eterno. 17 Dicono sempre a quelli che mi disprezzano: ‘L’Eterno ha detto: Avrete pace’; e a tutti quelli che camminano seguendo la caparbietà del proprio cuore: ‘Nessun male vi colpirà’; 18 poiché chi ha assistito al consiglio dell’Eterno, chi ha visto, chi ha udito la sua parola? Chi ha prestato orecchio alla sua parola e l’ha udita? 19 Ecco la tempesta dell’Eterno! il furore scoppia, la tempesta scroscia, scroscia sul capo degli empi. 20 L’ira dell’Eterno non si placherà, finché non abbia eseguito, compiuto i disegni del suo cuore; negli ultimi giorni lo capirete appieno. 21 Io non ho mandato quei profeti, ed essi sono corsi; io non ho parlato loro, ed essi hanno profetizzato. 22 Se avessero assistito al mio consiglio, avrebbero fatto udire le mie parole al mio popolo, e li avrebbero distolti dalla loro cattiva via e dalla malvagità delle loro azioni.
23 Sono io soltanto un Dio da vicino", dice l’Eterno, "e non un Dio da lontano? 24 Potrebbe uno nascondersi in luogo occulto in modo che io non lo veda?" dice l’Eterno. "Non riempio io il cielo e la terra?" dice l’Eterno. 25 "Io ho udito quello che dicono i profeti che profetizzano menzogne nel mio nome, dicendo: ‘Ho avuto un sogno! ho avuto un sogno!’. 26 Fino a quando durerà questo? Hanno qualcosa in mente, questi profeti che profetizzano menzogne, questi profeti dell’inganno del loro cuore, 27 pensano essi di far dimenticare il mio nome al mio popolo con i loro sogni che si raccontano l’uno all’altro, come i loro padri dimenticarono il mio nome per Baal? 28 Il profeta che ha avuto un sogno, racconti il sogno, e chi ha udito la mia parola riferisca la mia parola fedelmente. Che ha da fare la paglia con il frumento?", dice l’Eterno. 29 "La mia parola non è forse come il fuoco?", dice l’Eterno, "come un martello che spezza il sasso? 30 Perciò, ecco", dice l’Eterno, "io vengo contro i profeti che rubano gli uni agli altri le mie parole. 31 Ecco", dice l’Eterno, "io vengo contro i profeti che fanno parlare la loro lingua, eppure dicono: ‘Egli dice’. 32 Ecco", dice l’Eterno, "io vengo contro quelli che profetizzano sogni falsi, che li raccontano e traviano il mio popolo con le loro menzogne e con le loro millanterie, benché io non li abbia mandati e non abbia dato loro nessun ordine, ed essi non possano portare nessun giovamento a questo popolo", dice l’Eterno.
33 "Se questo popolo o un profeta o un sacerdote ti domandano: ‘Qual è l’oracolo dell’Eterno?’. Tu risponderai loro: ‘Quale oracolo? Io vi rigetterò, dice l’Eterno’. 34 Quanto al profeta, al sacerdote o al popolo che dirà: ‘Oracolo dell’Eterno’, io lo punirò: lui, e la sua casa. 35 Direte così, ognuno al suo vicino, ognuno al suo fratello: ‘Che ha risposto l’Eterno?’ e: ‘Che ha detto l’Eterno?’. 36 Ma l’oracolo dell’Eterno non lo menzionerete più; infatti la parola di ciascuno sarà per lui il suo oracolo, poiché avete distorto le parole dell’Iddio vivente, dell’Eterno degli eserciti, del nostro Dio. 37 Tu dirai così al profeta: ‘Che ti ha risposto l’Eterno?’ e: ‘Che ha detto l’Eterno?’. 38 E se dite ancora: ‘Oracolo dell’Eterno’, allora l’Eterno parla così: ‘Siccome avete detto questa parola ‘oracolo dell’Eterno’, benché io vi avessi mandato a dire: ‘Non dite più: Oracolo dell’Eterno’, 39 ecco, io vi dimenticherò del tutto, e vi rigetterò lontano dalla mia faccia, voi e la città che avevo dato a voi e ai vostri padri, 40 e vi coprirò di un obbrobrio eterno e di un’eterna vergogna, che non saranno mai dimenticati".
1 WEE die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die Here.
2 Daarom, so sê die Here, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die Here.
3 En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.
4 En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die Here.
5 KYK, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.
6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
7 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die Here leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,
8 maar: So waar as die Here leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.
9 WAT die profete betref — my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos 'n dronk man en soos 'n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die Here en sy heilige woorde.
10 Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg.
11 Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die Here.
12 Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die Here.
13 Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel;
14 maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.
15 Daarom, so sê die Here van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wildeals eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.
16 So sê die Here van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die Here nie.
17 Hulle sê gedurig aan my veragters: Die Here het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie.
18 Want wie het in die raad van die Here gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor?
19 Kyk, 'n storm van die Here, grimmigheid het uitgegaan, ja, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
20 Die toorn van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.
21 Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer.
22 Maar as hulle in my raad gestaan het, moet hulle my volk my woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge.
23 Is Ek 'n God van naby, spreek die Here, en nie 'n God van ver nie?
24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here.
25 Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!
26 Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart —
27 is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl?
28 Die profeet by wie 'n droom is, laat hom 'n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die Here.
29 Is my woord nie só, soos 'n vuur, spreek die Here, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?
30 Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat my woorde steel, die een van die ander.
31 Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die Here, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die Here spreek!
32 Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die Here, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die Here.
33 As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die Here gelas? — dan moet jy vir hulle sê: Júlle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die Here.
34 En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: Die Here het gelas — oor dié man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.
35 So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: Wat het die Here geantwoord? En wat het die Here gespreek?
36 Maar van: die Here het gelas — mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde van die lewende God, van die Here van die leërskare, onse God.
37 So moet jy aan die profeet sê: Wat het die Here jou geantwoord? En wat het die Here gespreek?
38 Maar as julle sê: Die Here het gelas — daarom, so spreek die Here: Omdat julle hierdie woord sê: Die Here het gelas — alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: Die Here het gelas nie —
39 daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, van my aangesig af wegwerp;
40 en Ek sal julle 'n ewige smaad oplê en 'n ewige skande wat nie vergeet sal word nie.