1 "Andate per le vie di Gerusalemme, guardate, informatevi e cercate per le sue piazze se vi trovate un uomo, se ce n’è uno solo che operi giustamente, che cerchi la fedeltà; e io perdonerò Gerusalemme. 2 Anche quando dicono: ‘Com’è vero che l’Eterno vive’, è certo che giurano il falso". 3 O Eterno, i tuoi occhi non cercano forse la fedeltà? Tu li colpisci, e quelli non sentono nulla; tu li consumi, e quelli rifiutano di ricevere la correzione; essi hanno reso il loro volto più duro della roccia, rifiutano di convertirsi. 4 Io dicevo: "Questi non sono che miseri; sono insensati perché non conoscono la via dell’Eterno, la legge del loro Dio; 5 io andrò dai grandi e parlerò loro, perché essi conoscono la via dell’Eterno, la legge del loro Dio"; ma anche loro, tutti quanti, hanno spezzato il giogo, hanno rotto i legami. 6 Perciò il leone della foresta li uccide, il lupo del deserto li distrugge, il leopardo sta in agguato presso le loro città; chiunque ne uscirà sarà sbranato, perché le loro trasgressioni sono numerose, le loro infedeltà sono aumentate.
7 "Perché ti dovrei perdonare? I tuoi figli mi hanno abbandonato, e giurano per degli dèi che non esistono. Io li ho saziati e loro si danno all’adulterio, e si affollano nelle case di prostituzione. 8 Sono come tanti stalloni ben pasciuti e focosi; ognuno di loro nitrisce dietro la moglie del prossimo. 9 Non li dovrei punire per queste cose?" dice l’Eterno; "non dovrei vendicarmi di una simile nazione?".
10 "Salite sulle sue mura e distruggete, ma non la finite del tutto; portate via i suoi tralci, perché non sono dell’Eterno! 11 Poiché la casa d’Israele e la casa di Giuda mi hanno tradito", dice l’Eterno. 12 Rinnegano l’Eterno, e dicono: "Non esiste; nessun male ci verrà addosso, noi non vedremo né spada né fame; 13 i profeti non sono che vento, e nessuno parla in essi. Ciò che minacciano sia fatto a loro!".
14 Perciò così parla l’Eterno, l’Iddio degli eserciti: "Perché avete detto quelle parole, ecco, io farò che la mia parola sia come fuoco nella tua bocca, che questo popolo sia come legno, e che quel fuoco lo divori. 15 Ecco, io faccio venire da lontano una nazione contro di voi, casa d’Israele", dice l’Eterno, "una nazione valorosa, una nazione antica, una nazione della quale tu non conosci la lingua e non comprendi le parole. 16 La sua faretra è un sepolcro aperto; tutti quanti sono dei prodi. 17 Essa divorerà i tuoi raccolti e il tuo pane, divorerà i tuoi figli e le tue figlie, divorerà le tue pecore e i tuoi buoi, divorerà le tue vigne e i tuoi fichi; abbatterà con la spada le tue città fortificate nelle quali confidi. 18 Ma anche in quei giorni", dice l’Eterno, "io non ti finirò del tutto. 19 E quando direte: ‘Perché l’Eterno, il nostro Dio, ci ha fatto tutto questo?’, tu risponderai loro: ‘Come voi mi avete abbandonato e avete servito degli dèi stranieri nel vostro paese, così servirete degli stranieri in un paese che non è vostro’".
20 "Annunciate questo alla casa di Giacobbe, proclamatelo in Giuda, e dite: 21 ‘Ascoltate ora questo, o popolo stolto e senza cuore, che ha occhi e non vede, che ha orecchi e non ode. 22 Non mi temerete?’", dice l’Eterno, "non temerete voi davanti a me che ho posto la sabbia come limite al mare, barriera eterna, che esso non oltrepasserà mai? I suoi flutti si agitano, ma sono impotenti; rumoreggiano, ma non la sormontano. 23 Ma questo popolo ha un cuore indocile e ribelle; si voltano indietro e se ne vanno. 24 Non dicono nel loro cuore: ‘Temiamo l’Eterno, il nostro Dio, che dà la pioggia a suo tempo: la pioggia della prima e dell’ultima stagione, che ci mantiene le settimane fissate per la mietitura’. 25 Le vostre iniquità hanno sconvolto queste cose e i vostri peccati vi hanno privato del benessere. 26 Poiché fra il mio popolo si trovano degli empi che spiano, come cacciatori in agguato; essi tendono tranelli, acchiappano uomini. 27 Come una gabbia è piena di uccelli, così le loro case sono piene di frode; perciò diventano grandi e si arricchiscono. 28 Ingrassano, hanno il volto lucente, oltrepassano ogni limite di male. Non difendono la causa, la causa dell’orfano, eppure prosperano; e non fanno giustizia nei processi dei poveri. 29 E non dovrei punire queste cose?" dice l’Eterno, "non dovrei vendicarmi di una simile nazione?
30 Cose spaventevoli e orribili si fanno nel paese: 31 i profeti profetizzano falsamente; i sacerdoti governano agli ordini dei profeti; e il mio popolo ha piacere che sia così. E cosa farete voi quando verrà la fine?".
1 SWERF rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek — dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
2 En of hulle al sê: So waar as die Here leef, sekerlik sweer hulle vals.
3 oHere, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as 'n rots, geweier om hulle te bekeer.
4 Maar ek het gesê: Hulle is maar die geringes; hulle het dwaas gehandel, omdat hulle die weg van die Here, die reg van hulle God, nie ken nie.
5 Laat ek na die grotes gaan en met hulle spreek, want hulle ken die weg van die Here, die reg van hulle God. Maar hulle het almal saam die juk verbreek, die stroppe stukkend geruk.
6 Daarom maak 'n leeu uit die bos hulle dood, 'n wolf van die wildernisse verniel hulle; 'n luiperd loer by hulle stede; almal wat daaruit gaan, word verskeur; want hulle oortredinge is baie, hulle afkerighede geweldig.
7 Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by die wat geen god is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel in die hoerhuis.
8 Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste.
9 Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die Here. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?
10 Klim op sy mure en rig verwoesting aan, maar maak daar geen einde aan nie; neem weg sy ranke, want hulle behoort nie aan die Here nie.
11 Want die huis van Israel en die huis van Juda het baie troueloos teen My gehandel, spreek die Here.
12 Hulle het die Here verloën en gesê: Dit is nie Hy nie; en geen onheil sal oor ons kom nie; ons sal geen swaard of hongersnood sien nie;
13 en die profete sal wind word; ja, die Woord is nie by hulle nie; mag dit so met húlle gaan!
14 Daarom, so sê die Here, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
15 Kyk, Ek bring oor julle 'n nasie van ver af, o huis van Israel, spreek die Here; 'n eeue-oue nasie is dit, 'n nasie van ouds af, 'n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie.
16 Hulle pylkoker is soos 'n geopende graf; hulle is almal helde.
17 En hulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes.
18 Nogtans sal Ek ook in dié dae, spreek die Here, nie 'n einde aan julle maak nie.
19 En as julle sê: Waarvoor het die Here onse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdes dien in 'n land wat julle s’n nie is nie.
20 Verkondig dit in die huis van Jakob, en laat dit hoor in Juda en sê:
21 Hoor dit tog, o dwase en verstandelose volk, wat oë het, maar nie sien nie; wat ore het, maar nie hoor nie!
22 Sou julle vir Mý nie bevrees wees nie, spreek die Here, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, 'n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.
23 Maar hierdie volk het 'n oproerige en wederstrewige hart, hulle het afgewyk en weggegaan;
24 en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die Here onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.
25 Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.
26 Want onder my volk word goddelose gevind; hulle loer soos voëlvangers buk, hulle het 'n val gestel, hulle vang mense.
27 Soos 'n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.
28 Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.
29 Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die Here. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?
30 'n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur:
31 die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?