1 Parola dell’Eterno che fu rivolta a Geremia riguardo alle nazioni.
2 Riguardo all’Egitto. Circa l’esercito del Faraone Neco, re d’Egitto, che era presso il fiume Eufrate a Carchemis, e che Nabucodonosor, re di Babilonia, sconfisse il quarto anno di Ioiachim, figlio di Giosia, re di Giuda.
3 "Preparate lo scudo grande e piccolo; avvicinatevi per la battaglia. 4 Attaccate i cavalli, e voi cavalieri, montate, presentatevi con gli elmi in capo; lucidate le lance, indossate le corazze! 5 Perché li vedo sbigottiti, lanciati in fuga? I loro prodi sono sconfitti, si danno alla fuga senza volgersi indietro; tutto intorno è terrore", dice l’Eterno. 6 "Il veloce non fugga, il prode non scampi! Al settentrione, presso il fiume Eufrate, vacillano e cadono.
7 Chi è colui che sale come il Nilo, le cui acque si agitano come quelle dei fiumi? 8 È l’Egitto, che sale come il Nilo, le cui acque si agitano come quelle dei fiumi. Egli dice: ‘Io salirò, ricoprirò la terra, distruggerò le città e i loro abitanti’. 9 All’assalto, cavalli! al galoppo, carri! si facciano avanti i prodi, quelli d’Etiopia e di Put che portano lo scudo e quelli di Lud che maneggiano e tendono l’arco.
10 Questo giorno, per il Signore, l’Eterno degli eserciti, è giorno di vendetta in cui si vendica dei suoi nemici. La spada divorerà, si sazierà, s’inebrierà del loro sangue; poiché il Signore, l’Eterno degli eserciti, immola le vittime nel paese del settentrione, presso il fiume Eufrate. 11 Sali a Galaad, prendi del balsamo, o vergine, figlia d’Egitto! Invano moltiplichi i rimedi; non c’è medicazione che valga per te. 12 Le nazioni odono la tua infamia e la terra è piena del tuo grido; poiché il prode vacilla appoggiandosi al prode, entrambi cadono insieme".
13 La parola che l’Eterno rivolse al profeta Geremia sulla venuta di Nabucodonosor, re di Babilonia, per colpire il paese d’Egitto.
14 "Annunciatelo in Egitto, fatelo sapere a Migdol, fatelo sapere a Nof e Tapanes! Dite: ‘Alzati, preparati, poiché la spada divora tutto ciò che ti circonda’. 15 Perché i tuoi prodi sono atterrati? Non possono resistere perché l’Eterno li abbatte. 16 Egli ne fa vacillare molti; essi cadono l’uno sopra l’altro, e dicono: ‘Andiamo, torniamo al nostro popolo e al nostro paese natìo, sottraendoci alla spada micidiale’. 17 Là essi gridano: ‘Faraone, re d’Egitto, non è che un vano rumore, ha lasciato passare il tempo fissato’. 18 Com’è vero che io vivo", dice il Re che si chiama l’Eterno degli eserciti, "il nemico verrà come un Tabor fra le montagne, come un Carmelo che avanza sul mare. 19 O figlia che abiti l’Egitto, fa’ il tuo bagaglio per la deportazione! poiché Nof diventerà una desolazione; sarà devastata, nessuno vi abiterà più.
20 L’Egitto è una giovenca bellissima, ma viene un tafano, viene dal settentrione. 21 Anche i mercenari che sono in mezzo all’Egitto sono come vitelli da ingrasso; anche loro voltano le spalle, fuggono tutti assieme, non resistono; poiché piomba su di loro il giorno della loro calamità, il tempo della loro visitazione. 22 La sua voce giunge come quella di un serpente; poiché avanzano con un esercito, marciano contro di lui con asce, come tanti tagliaboschi. 23 Essi abbattono la sua foresta", dice l’Eterno, "benché sia impenetrabile, perché quelli sono più numerosi delle locuste, non si possono contare. 24 La figlia dell’Egitto è coperta di vergogna, è data in mano del popolo del settentrione". 25 L’Eterno degli eserciti, l’Iddio d’Israele, dice: "Ecco, io punirò Amon di No, Faraone, l’Egitto, i suoi dèi, i suoi re, Faraone e quelli che confidano in lui; 26 li darò in mano di quelli che cercano la loro vita, in mano di Nabucodonosor, re di Babilonia, e in mano dei suoi servitori; ma, dopo questo, l’Egitto sarà abitato come ai giorni di prima", dice l’Eterno.
27 "Tu dunque non temere, o Giacobbe, mio servitore, non ti sgomentare, o Israele! poiché, ecco, io ti salverò dal paese lontano, salverò la tua discendenza dalla terra della sua deportazione; Giacobbe ritornerà, sarà in riposo, sarà tranquillo e nessuno più lo spaventerà. 28 Tu non temere, o Giacobbe, mio servitore", dice l’Eterno, "poiché io sono con te, io annienterò tutte le nazioni fra le quali ti ho disperso, ma non annienterò te; però ti castigherò con giusta misura e non ti lascerò del tutto impunito".
1 DIE woord van die Here wat aangaande die volke tot die profeet Jeremia gekom het.
2 Oor Egipte. Oor die leër van Farao Nego, die koning van Egipte, wat by die Eufraatrivier by Kárkemis was, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda —
3 Hou die klein en die groot skild klaar, en kom aan na die geveg!
4 Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan.
5 Waarom sien ek — hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek die Here.
6 Die wat gou is, kan nie ontvlug nie, en die held kan nie ontkom nie; teen die noorde, aan die kant van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.
7 Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, waarvan die waters klots soos strome?
8 Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome; en hy sê: Ek sal optrek, die aarde oordek, ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon.
9 Trek op, perde, en raas, waens! En laat die helde uittrek: Kusiete en Putéërs wat die skild hanteer, en Ludiete wat die boog hanteer en span.
10 Maar dié dag behoort aan die Here Here van die leërskare, 'n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die Here Here van die leërskare het 'n slagoffer in die Noordland, by die Eufraatrivier.
11 Gaan op na Gílead en gaan haal balsem, o jonkvrou, dogter van Egipte! Tevergeefs vermenigvuldig jy medisyne, daar is geen genesing vir jou nie.
12 Die nasies het van jou skande gehoor en die aarde is vol van jou geskreeu; want held het gestruikel teen held, hulle altwee het saam geval.
13 Die woord wat die Here tot die profeet Jeremia gespreek het aangaande die koms van Nebukadrésar, die koning van Babel, om Egipteland te verower.
14 Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in Tagpánhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is.
15 Waarom is jou ruitery neergewerp? Dit het nie bly staan nie, omdat die Here dit omgestoot het.
16 Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard.
17 Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is oorlogsrumoer; hy het die bepaalde tyd laat verbygaan.
18 So waar as Ek leef, spreek die Koning, wie se Naam is Here van die leërskare, daar sal sekerlik een kom soos Tabor onder die berge en soos Karmel by die see.
19 Maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, o inwoner, dogter van Egipte; want Nof sal 'n woesteny word en dit sal verniel word, sonder inwoner wees.
20 Egipte is 'n pragtige vers; 'n steekvlieg kom, dit kom van die noorde af.
21 Ook is haar huurtroepe daar by haar soos kalwers uit die stal; maar hulle het ook omgedraai, almal saam gevlug, hulle het nie bly staan nie; want die dag van hulle ondergang het oor hulle gekom, die tyd van hulle besoeking.
22 Haar geluid is soos van 'n slang wat wegseil; want met 'n leërmag trek hulle en kom na haar met byle soos houtkappers.
23 Hulle kap haar bos om, spreek die Here; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer as sprinkane, sodat 'n mens hulle nie kan tel nie.
24 Die dogter van Egipte staan beskaamd; sy is oorgegee in die hand van die volk uit die Noorde.
25 Die Here van die leërskare, die God van Israel, sê: Kyk, Ek doen besoeking oor Amon van No en oor Farao en Egipte en sy gode en sy konings, ja, oor Farao en die wat op hom vertrou;
26 en Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars. Maar daarna sal dit bewoon word soos in die dae van die voortyd, spreek die Here.
27 Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.
28 Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die Here, want Ek is met jou. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.