1 "Il peccato di Giuda è scritto con uno stilo di ferro, con una punta di diamante; è scolpito sulla tavola del loro cuore e sui corni dei vostri altari. 2 Come si ricordano dei loro figli, così si ricordano dei loro altari e dei loro idoli di Astarte presso gli alberi verdeggianti sugli alti colli. 3 O mia montagna, che domini la campagna, io darò i tuoi beni, tutti i tuoi tesori e i tuoi alti luoghi come preda, a causa dei peccati che tu hai commesso in tutti i tuoi confini! 4 E tu, per colpa tua, perderai l’eredità che io ti avevo dato, e ti farò servire i tuoi nemici in un paese che non conosci; perché avete acceso il fuoco della mia ira, ed esso arderà per sempre".
5 Così parla l’Eterno: "Maledetto l’uomo che confida nell’uomo e fa della carne il suo braccio, e il cui cuore si allontana dall’Eterno! 6 Egli è come una tamerice nel deserto: quando giunge il bene, egli non lo vede; dimora in luoghi aridi, nel deserto, in terra salata, senza abitanti. 7 Benedetto l’uomo che confida nell’Eterno, e la cui fiducia è l’Eterno! 8 Egli è come un albero piantato presso le acque, che distende le sue radici lungo il fiume; non si accorge quando viene il caldo e il suo fogliame rimane verde; nell’anno della siccità non è in affanno e non cessa di portare frutto".
9 Il cuore è ingannevole più di ogni altra cosa, e insanabilmente maligno; chi lo conoscerà? 10 "Io, l’Eterno, che investigo il cuore, che metto alla prova le reni, per retribuire ciascuno secondo le sue vie, secondo il frutto delle sue azioni". 11 Chi acquista ricchezze, ma non con giustizia, è come la pernice che cova uova che non ha fatto; nel bel mezzo dei suoi giorni egli deve lasciarle, e quando arriva la sua fine, non è che uno stolto.
12 Trono di gloria, eccelso fin dal principio, è il luogo del nostro santuario. 13 Speranza d’Israele, o Eterno, tutti quelli che ti abbandonano saranno confusi; quelli che si allontanano da te saranno scritti sulla polvere, perché hanno abbandonato l’Eterno, la sorgente delle acque vive.
14 Guariscimi, o Eterno, e sarò guarito; salvami, e sarò salvo, poiché tu sei la mia lode. 15 Ecco, essi mi dicono: "Dov’è la parola dell’Eterno? che essa si compia, dunque!". 16 Quanto a me, io non mi sono rifiutato di essere loro pastore ai tuoi ordini, né ho desiderato il giorno funesto, tu lo sai; quello che è uscito dalle mie labbra è stato manifesto davanti a te. 17 Non essere per me uno spavento; tu sei il mio rifugio nel giorno della calamità. 18 Siano confusi i miei persecutori; non sia io confuso; siano essi spaventati; non sia io spaventato; fa’ venire su loro il giorno della calamità e colpiscili con doppia distruzione!
19 Così mi ha detto l’Eterno: "Va’ e fermati alla porta dei figli del popolo per la quale entrano ed escono i re di Giuda, e a tutte le porte di Gerusalemme e di’ loro: 20 ‘Ascoltate la parola dell’Eterno, o re di Giuda, e tutto Giuda, e voi tutti gli abitanti di Gerusalemme, che entrate per queste porte!
21 Così parla l’Eterno: Per amore della vostra stessa vita, guardatevi dal portare un carico e dal farlo passare per le porte di Gerusalemme, in giorno di sabato; 22 e non fate uscire fuori dalle vostre case nessun carico e non fate nessun lavoro in giorno di sabato; ma santificate il giorno del sabato, come io comandai ai vostri padri. 23 Essi, però, non diedero ascolto, non prestarono orecchio, ma indurirono il loro collo per non ascoltare e per non ricevere istruzione. 24 E se voi mi date attentamente ascolto’, dice l’Eterno, ‘se non fate entrare nessun carico per le porte di questa città in giorno di sabato, ma santificate il giorno del sabato e non fate in esso nessun lavoro, 25 i re e i prìncipi che siedono sul trono di Davide entreranno per le porte di questa città montati su carri e su cavalli: vi entreranno essi, i loro prìncipi, gli uomini di Giuda, gli abitanti di Gerusalemme; e questa città sarà abitata per sempre. 26 E dalle città di Giuda, dai luoghi circostanti di Gerusalemme, dal paese di Beniamino, dalla pianura, dal monte e dal meridione, si verrà a portare olocausti, vittime, oblazioni, incenso, e a offrire sacrifici di ringraziamento nella casa dell’Eterno. 27 Ma, se non mi date ascolto e non santificate il giorno del sabato e non vi astenete dal portare dei carichi e dall’introdurli per le porte di Gerusalemme in giorno di sabato, io accenderò un fuoco alle porte della città, ed esso divorerà i palazzi di Gerusalemme, e non si estinguerà’".
1 DIE sonde van Juda is geskrywe met 'n ystergriffel, met 'n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare —
2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die hoë heuwels.
3 My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.
4 En jy sal uitval — en dit deur jouself — uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, en Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want julle het 'n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand.
5 So sê die Here: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk.
6 En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land.
7 Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is.
8 Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.
9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
10 Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
11 'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees.
12 'n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom.
13 oHere, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die Here, die fontein van lewende water, verlaat.
14 Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.
15 Daar sê hulle vir my: Waar is die woord van die Here? Laat dit tog kom!
16 Wat my aangaan, ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. Ú weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig.
17 Wees my nie tot 'n verskrikking nie; U is my toevlug in die dag van onheil.
18 Laat my vervolgers beskaamd staan, maar laat mý nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik wees, maar laat mý nie verskrik wees nie. Bring oor hulle die dag van onheil, en verbreek hulle met 'n dubbele verbreking.
19 SO het die Here vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem;
20 en sê vir hulle: Hoor die woord van die Here, konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte ingaan:
21 So spreek die Here: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring deur die poorte van Jerusalem nie.
22 Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar julle moet die sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het.
23 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard om nie te luister nie en geen tugtiging aan te neem nie.
24 As julle dan aandagtig na My luister, spreek die Here, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop géén werk te doen nie,
25 dan sal deur die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal vir ewig bewoon word.
26 En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die Laeveld en uit die Gebergte en uit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van die Here.
27 Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek 'n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.