1 Riguardo a Moab.
Così parla l’Eterno degli eserciti, l’Iddio d’Israele: "Guai a Nebo! poiché è devastata; Chiriataim è coperta di vergogna, è presa; Misgab è coperta di vergogna e sbigottita. 2 Il vanto di Moab non è più; in Chesbon macchinano del male contro di lui: ‘Venite, distruggiamolo e non sia più nazione’. Tu pure, o Madmen, sarai ridotta al silenzio; la spada ti inseguirà. 3 Delle grida vengono da Coronaim: ‘Devastazione e gran rovina!’. 4 Moab è infranto, i suoi piccini fanno udire le loro grida. 5 Poiché su per la salita di Luit si piange, si sale piangendo perché giù per la discesa di Coronaim si ode il grido angoscioso della fuga. 6 Fuggite, salvate le vostre persone, siano esse come una tamerice nel deserto! 7 Poiché, siccome ti sei confidato nelle tue opere e nei tuoi tesori, anche tu sarai preso; Chemos sarà deportato con i suoi sacerdoti e con i suoi capi. 8 Il devastatore verrà contro tutte le città e nessuna città scamperà; la valle perirà e la pianura sarà distrutta, come l’Eterno ha detto. 9 Date delle ali a Moab, poiché bisogna che voli via; le sue città diventeranno una desolazione, non vi abiterà più nessuno. 10 Maledetto chi fa l’opera dell’Eterno fiaccamente, maledetto colui che trattiene la spada dallo spargere il sangue!
11 Moab era tranquillo fin dalla sua giovinezza, riposava come vino sulla sua feccia, non è stato travasato da vaso a vaso, non è andato in esilio; per questo ha conservato il suo sapore e il suo profumo non si è alterato. 12 Perciò ecco, i giorni vengono", dice l’Eterno, "che io gli manderò dei travasatori che lo travaseranno; svuoteranno i suoi vasi, frantumeranno le sue anfore. 13 Moab avrà vergogna di Chemos, come la casa d’Israele ha avuto vergogna di Betel, in cui aveva riposto la sua fiducia. 14 Come potete dire: ‘Noi siamo uomini prodi, uomini valorosi per la battaglia?’. 15 Moab è devastato; le sue città salgono in fumo, il fiore dei suoi giovani scende al macello", dice il re, che si chiama l’Eterno degli eserciti. 16 "La calamità di Moab sta per giungere, la sua sciagura avanza velocemente. 17 Compiangetelo voi tutti che lo circondate, e voi tutti che conoscete il suo nome dite: ‘Come si è spezzato quel forte scettro, quel magnifico bastone?’. 18 O figlia che abiti in Dibon, scendi dalla tua gloria, siedi sul suolo riarso, poiché il devastatore di Moab sale contro di te, distrugge le tue fortezze. 19 O tu che abiti in Aroer, fermati per la strada, e guarda; interroga il fuggiasco e colei che scampa, e di’: ‘Che è successo?’. 20 Moab è coperto di vergogna, perché è infranto; lanciate urla! gridate! annunciate sull’Arnon che Moab è devastato! 21 Un castigo è venuto sul paese della pianura, sopra Colon, sopra Iaas, su Mefaat, 22 su Dibon, su Nebo, su Bet-Diblataim, 23 su Chiriataim, su Bet-Gamul, su Bet-Meon, 24 su Cheriot, su Bosra, su tutte le città del paese di Moab, lontane e vicine. 25 Il corno di Moab è tagliato, il suo braccio è spezzato", dice l’Eterno. 26 "Inebriatelo, poiché egli si è innalzato contro l’Eterno, si rotoli Moab nel suo vomito e diventi anche egli un oggetto di scherno! 27 Israele non è forse stato per te un oggetto di scherno? Era forse stato trovato fra i ladri, che ogni volta che parli di lui tu scuoti il capo? 28 Abbandonate le città e andate a stare nelle rocce, o abitanti di Moab! Siate come le colombe che fanno il loro nido sull’orlo dei precipizi.
29 Noi abbiamo udito l’orgoglio di Moab, l’orgogliosissimo popolo, la sua arroganza, la sua superbia, la sua fierezza, l’alterigia del suo cuore. 30 Io conosco la sua tracotanza", dice l’Eterno, "che non è fondata; il suo vantarsi non ha approdato a nulla di stabile.
31 Perciò, io alzo un lamento su Moab, mando grida per tutto Moab; perciò si geme per quelli di Chir-Eres. 32 O vigna di Sibma, io piango per te ancora più che per Iazer; i tuoi rami andavano oltre il mare, arrivavano fino al mare di Iazer; il devastatore è piombato sui tuoi frutti d’estate e sulla tua vendemmia. 33 La gioia e l’allegrezza sono scomparse dalla fertile campagna e dal paese di Moab; io ho fatto venire meno il vino nei tini; non si pigia più l’uva con grida di gioia; il grido che si ode non è più il grido di gioia. 34 Gli alti lamenti di Chesbon giungono fino a Eleale; si fanno udire fin verso Iaas; da Soar fino a Coronaim, fino a Eglat-Selisia; perfino le acque di Nimrim sono prosciugate. 35 Io farò venire meno in Moab", dice l’Eterno, "chi sale sull’alto luogo e chi offre profumi ai suoi dèi. 36 Perciò il mio cuore geme per Moab come gemono i flauti, il mio cuore geme come gemono i flauti per quelli di Chir-Eres, perché tutto quello che avevano ammassato è perduto. 37 Poiché tutte le teste sono rasate, tutte le barbe sono tagliate, su tutte le mani ci sono delle incisioni, e sui fianchi dei sacchi. 38 Su tutti i tetti di Moab e nelle sue piazze, dappertutto è lamento; poiché io ho frantumato Moab, come un vaso di cui non si fa nessuna stima", dice l’Eterno. 39 "Come è stato infranto! Urlate! Come Moab ha voltato vergognosamente le spalle! Come Moab è diventato lo scherno e lo spavento di tutti quelli che gli stanno intorno!".
40 Poiché così parla l’Eterno: "Ecco, il nemico fende l’aria come l’aquila, spiega le sue ali verso Moab. 41 Cheriot è presa, le fortezze sono occupate e il cuore dei prodi di Moab, in quel giorno, è come il cuore di una donna in doglie di parto. 42 Moab sarà distrutto, non sarà più popolo, perché si è innalzato contro l’Eterno. 43 Spavento, fossa, laccio ti sovrastano, o abitante di Moab!", dice l’Eterno. 44 "Chi fugge davanti allo spavento, cade nella fossa; chi risale dalla fossa, rimane preso al laccio; perché io faccio venire su di lui, su Moab, l’anno in cui dovrà rendere conto", dice l’Eterno. 45 "All’ombra di Chesbon i fuggiaschi si fermano, spossati; ma un fuoco esce da Chesbon, una fiamma di mezzo a Sicon, che divora i fianchi di Moab, la cima del capo dei figli del tumulto. 46 Guai a te, o Moab! Il popolo di Chemos è perduto! poiché i tuoi figli sono portati via in schiavitù e le tue figlie in esilio. 47 Ma io farò tornare Moab dalla deportazione negli ultimi giorni", dice l’Eterno. Fin qui il giudizio su Moab.
1 OOR Moab. So sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.
2 Uit is dit met die roem van Moab; in Hesbon het hulle onheil teen hom bedink en gesê: Kom laat ons hom uitroei, dat hy geen nasie meer is nie. Ook jy, Madmen, sal verwoes word, die swaard sal jou agtervolg.
3 Hoor! Geskreeu uit Horonáim: verwoesting en 'n groot vernieling.
4 Moab is verbreek; sy kleintjies laat 'n geskreeu hoor.
5 Want die hoogte van Luhit gaan hulle op met geween by geween; want aan die hange van Horonáim het hulle angsgeskreeu van verbreking gehoor.
6 Vlug, red julle lewe, en word soos 'n kaal bos in die woestyn!
7 Want omdat jy vertrou het op jou handelinge en op jou voorrade, sal jý ook ingeneem word; en Kamos sal uittrek in ballingskap, sy priesters en sy vorste almal saam.
8 En die verwoester sal kom oor elke stad, sodat geen stad sal vryraak nie; en die dal sal te gronde gaan, en die gelyk veld sal verwoes word, soos die Here gesê het.
9 Gee vlerke aan Moab, want hy sal moet wegvlieg; en sy stede sal 'n woesteny word, sonder dat daar iemand in woon.
10 Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die Here te doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!
11 Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelê op sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur nie verander nie.
12 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek aftappers na hom sal stuur wat hom sal aftap en sy vate sal leegmaak en sy kruike stukkend slaan.
13 En Moab sal beskaamd staan deur Kamos, soos die huis van Israel beskaamd gestaan het deur Bet-el waar hulle op vertrou het.
14 Hoe kan julle sê: Ons is helde en manne bekwaam om te veg?
15 Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is Here van die leërskare.
16 Die ondergang van Moab is naby om te kom, en sy onheil is baie haastig.
17 Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek!
18 Kom af uit jou heerlikheid, en sit in die dorsland, o inwoner, dogter van Dibon! Want die verwoester van Moab het teen jou opgetrek, hy het jou forte verwoes.
19 Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner van Ároër! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur?
20 Moab staan beskaamd, want hy is verslae. Huil en skreeu, verkondig dit by die Arnon dat Moab verwoes is!
21 Ja, 'n oordeel het gekom oor die land van die gelykte, oor Holon en oor Jahas en oor Mefáät,
22 en oor Dibon en oor Nebo en oor Bet-Diblatáim,
23 en oor Kirjatáim en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,
24 en oor Kérijot en oor Bosra, ja, oor al die stede van die land Moab, die wat ver en die wat naby is.
25 Die horing van Moab is afgekap en sy arm is verbreek, spreek die Here.
26 Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die Here, sodat Moab neerslaan in sy uitbraaksel en hy self ook 'n belagging word.
27 Want was Israel vir jou nie 'n bespotting nie? Of is hy onder die diewe betrap, dat jy die hoof geskud het so dikwels as jy van hom gespreek het?
28 Verlaat die stede en gaan woon in die rots, inwoners van Moab! En word soos 'n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.
29 Ons het van die trotsheid van Moab gehoor — hy is baie trots! — van sy hoogheid en sy trotsheid en sy hoogmoed en die verheffing van sy hart.
30 Ek ken sy grimmigheid, spreek die Here, en sy onbehoorlike grootpratery; onbehoorlik het hulle gehandel.
31 Daarom sal ek oor Moab huil, ja, oor die hele Moab dit uitskreeu; oor die manne van Kir-Heres sug hulle.
32 Bo die geween van Jaéser sal ek jou beween, o wingerdstok van Sibma! Jou ranke het gegaan oor die see, tot by die see van Jaéser het hulle gekom — die verwoester het jou somervrugte en jou druiwe-oes oorval.
33 Daarom is vreugde en gejuig weggeneem uit die land van tuine en uit die land Moab, en Ek het die wyn uit die parskuipe laat verdwyn; hulle sal dit nie trap met vreugdegeroep nie; die vreugdegeroep sal geen vreugdegeroep wees nie.
34 Weens die geskreeu van Hesbon tot by Eleále, tot by Jahas het hulle hul stem verhef, van Soar af tot by Horonáim, Eglat-Selísia; want ook die waters van Nimrim sal 'n woesteny word.
35 En Ek sal in Moab 'n einde maak, spreek die Here, aan hom wat op die hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god.
36 Daarom klaag my hart oor Moab soos fluite, ja, my hart klaag oor die manne van Kir-Heres soos fluite; omdat die oorwins wat hulle verwerf het, verlore gegaan het.
37 Want al die hoofde is kaal en al die baarde is afgeskeer; op al die hande is snye en om die heupe is 'n roukleed.
38 Op al die dakke van Moab en op sy pleine is net rouklag, want Ek het Moab verbreek soos 'n ding waar 'n mens geen behae in het nie, spreek die Here.
39 Hoe is hy verslae! Hulle huil. Hoe het Moab die rug gedraai met skaamte! So sal Moab dan vir almal wat rondom hom is, 'n belagging en 'n verskrikking word.
40 Want so sê die Here: Kyk, hy sal vlieg soos 'n arend en sal sy vleuels oor Moab uitsprei.
41 Die stede is ingeneem, en die bergvestings is verower; en die hart van die helde van Moab sal in dié dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
42 En Moab sal verdelg word, dat hy geen volk meer is nie, omdat hy hom groot gehou het teen die Here.
43 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o inwoner van Moab, spreek die Here.
44 Hy wat vlug vir die vrees, sal val in die kuil; en hy wat uit die kuil klim, sal gevang word in die net; want Ek sal oor hom, oor Moab, bring die jaar van hulle besoeking, spreek die Here.
45 In die beskutting van Hesbon staan vlugtelinge sonder krag; want 'n vuur het uitgegaan uit Hesbon en 'n vlam uit die huis van Sihon, en het die slape van die hoof van Moab en die skedel van die rumoermakers verteer.
46 Wee jou, Moab! Die volk van Kamos is verlore; want jou seuns is weggeneem as gevangenes en jou dogters in gevangenskap.
47 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die Here. Tot sover die oordeel van Moab.